TOPPRESTEERDERS AFRIKAANS VAN FRED MAGARDIE PRIMêR

November 9th, 2017

Toppresteerders Afrikaans van Fred Magardie Primêr met ons PPS “Prestige Prestasie Skouerband vereer.
Voor vlnr.: Berryl Badenhorst, Montenique Johnson, Zenobia Jacobs, Cassidy Nefdt.
Agter: Dr. Bart de Graaff (Gasspreker van Nederland), Melvin Thomas (ATKV HK) en Sakkie Kotze (ATKV Centuriontak)

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

ONS VEREER TOPPRESTEERDERS IN AFRIKAANS

November 9th, 2017

Toppresteerders Afrikaans van Nantes Primêr met ons PPS “Prestige Prestasie Skouerbande”” vereer.
Voor vlnr.: Laverne Bentley, Turshnè Jonas, Jillian Boultman, Lucretia Modise en Termika Martin.
Agter: Dr. Bart de Graaff (gasspreker), Sakkie Kotze (Centuriontak) en Melvin Thomas (ATKV HK)

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

ONS VIER “AFRIKAANS” SAAM MET RSG EN SABC2

November 1st, 2017

Ons viering van Afrikaans as Radiotaal en Televisietaal by ons “Vlam vir Afrikaans” kry wye mediadekking op tv, radio en koerante. Sondag 29 Oktober by die Voortrekkermonument.
Op die eerste foto verskyn Sakkie Kotze (projekleier van ATKV Centurion) saam met twee van die gaskunstenaars Trevor Nasser en dowe Karin Koen. Sy het twee Afrikaanse liedjies m.b.v. haar ma Vera se lipplees met gebaretaal vertolk.  IMG_8213IMG_8205IMG_8201IMG_8203 IMG_8210Op die vyfde foto verskyn voor mnr. Justus Tshungu (35jr by Afrikaanse radio betrokke), Agter vlnr.: Me. Magdaleen Kruger (Bestuurder RSG), Sakkie Kotze en Heinrich Marnitz (hy het in 1976 die eerste woorde in Afrikaans gespreek met die koms van Afrikaanse televisie.

Op die tweede foto verskyn me. Deidre le Hanie (BD van ATKV SA) saam met dr. Mimi Coertse. Dr. Coertse het op 8 Mei 2016 ons “Vlam vir Afrikaans” aangesteek ter herdenking aan die erkenning van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 1925.

Op die derde foto verskyn Heinrich (links) en Magdaleen Kruger nadat hulle die Gedenkplate onthul het.

Op die vierde foto verskyn van die Toppresteerders in Afrikaans wat by die glansfunksie teenwoordig was. Hulle is huidige toppresteerders in Afrikaans moedertaal en addisionele taal by hul skole. Hulle dra ons Prestige Prestasie Skouerbande: “Mnr. Afrikaans” en “Mej. Afrikaans”.

ONS VIER AFRIKAANS MET TROTS.

October 17th, 2017

KOM VIER SAAM MET ONS “UITSAAI – AFRIKAANS” BY ONS “VLAM VIR AFRIKAANS” BY DIE VOORTREKKERMONUMENT.
29 OKTOBER 2017

• AFRIKAANS IS 80 JAAR GELEDE OP 27 OKTOBER 1937 VIR DIE EERSTE KEER OOR DIE RAADIO GEHOOR…!!!
• AFRIKAANS IS 41 JAAR GELEDE OP 5 JANUARIE 1976 VIR DIE EERSTE KEER OP TELEVISIE GEBRUIK…!!!
• ONS GAAN GEDENKPLATE ONTHUL EN DIT OOK BY ONS ‘VLAM VIR AFRIKAANS’ AANBRING.

ONS NOOI AL DIE GEBRUIKERS VAN AFRIKAANS AS MOEDERTAAL EN ADDISIONELE TAAL OM HIERDIE UNIEKE HISTORIESE GELEENTHEID BY TE WOON.

• TOPPRESTEERDERS IN AFRIKAANS BY ONS UNIVERSITEITE EN SKOLE WORD GENOOI OM  ‘N                   GROETEBOODSKAP AAN AFRIKAANS’ OP HUL KAMPUS SE BRIEFHOOF, IN DIE UITSTAL-LêER LANGS DIE VLAMSTAANDER TE KOM PLAAS SODAT BESOEKERS AAN DIE MONUMENT DIT OOK VOORTAAN KAN LEES.
• SKOOLHOOFDE EN PERSONEEL, AFRIKAANSE TAALONDERWYSERS EN –DOSENTE/LEKTORE, OUERS EN FAMILIE VAN TOPPRESTEERDERS WORD OOK GENOOI.
• ONS NOOI VERTEENWOORDIGERS VAN KOERANTE, TYDSKRIFTE, RADIO- EN TV-STASIES OM OOK HUL ‘GROETEBOODSKAP AAN AFRIKAANS’ DAAR TE KOM PLAAS.
• AFRIKAANSE KULTUURORGANISASIES EN JEUGBEWEGINGS WORD OOK GENOOI OM GROETEBOODSKAPPE TE BRING.

DIE ‘VLAM VIR AFRIKAANS” BRAND NOU PERMANENT BY DIE VOORTREKKERMONUMENT.
DIT IS TER HERDENKING VAN DIE ERKENNING VAN AFRIKAANS AS AMPTELIKE TAAL IN SUID-AFRIKA OP 8 MEI 1925. DIE ‘VLAM’ IS DEUR DR. MIMI COERTSE AANGESTEEK. (KYK NA WEBWERF vlamvirafrikaans)

DATUM:
Sondagmiddag 29 Oktober 2017
TYD:
Vanaf 15:00 tot 14:30
WAAR:
Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.

NB. BESOEK OOK ONS WEBWERWE: vlamvirafrikaans.org.za EN atkv centurion
DIE FINALE PROGRAM SAL BINNEKORT SLEGS OP www.tak.co.za GEPLAAS WORD.

ONS VIER AFRIKAANS AS RADIOTAAL EN TV-TAAL

October 14th, 2017

KOM VIER SAAM met ons AFRIKAANS by ons VLAM VIR AFRIKAANS by die VOORTREKKERMONUMENT.

Ons vier Afrikaans as RADIOTAAL (80jr.) en as TV-TAAL 41jr.

Wanneer: Sondagmiddag 29 Oktober
Waar:        Voortrekkermonument
Tyd:           3nm.

BESOEK ONS WEBWERF:  vlamvirafrikaans.org.za

Wys meer

VLAM VIR AFRIKAANS BRAND NOG STERK…!!!

October 6th, 2017

“Vlam vir Afrikaans” brand nog sterk by die Voortrekkermonument.

Dit is daar geplaas ter herdenking van die amptelike erkenning van Afrikaans as taal op 8 Mei 1925.

Besoek ons webwerf: vlamvirafrikaans.org.za

ONS VIER ONS ERFENIS.

September 21st, 2017

ONS NOOI ALLE SUID-AFRIKANERS: KOM SAAM VORENTOE VIR SUID-AFRIKA…!!!

ATKV Centurion verteenwoordig die Afrikaner en die Afrikaanse taalgroep op Erfenisdag by die Uniegebou.

Musikante met tradisionele musiekinstrumente soos ‘n boerekonsertina, trekklavier, mondfluitjie en ‘n saag maak musiek op ‘n 100%-replika van die Marthinus Laas Voortrekkerwa wat in die Slag van Bloedrivier gebruik is.
OP DIE WATENT STAAN GESKRYWE: (IN AL DIE LANDSTALE) “KOM SAAM VORENTOE…!!!

Die wa en die musikante vorm ook deel van ‘n straatoptog saam met verteenwoordigers van al die taalgroepe vanaf Pilditch na die Uniegebou.

Die ATKV Centurionmusikante gaan ook by die verhoog by die Uniegebou optree waneer die optog daar eindig.

Hulle is ook saam met die Klipwerforkes en die tenore Chris Coetzer en Dewald von Solms, gaskunstenaars by die Afrikaner Erfenisfees by die Voortrekkermonument wat al 09:00 die oggend begin.

Wys meer

Sakkie Kotze se foto.
Sakkie Kotze se foto.

ONS VIER FEES…!!!

September 3rd, 2017
 
ATKV CENTURION BESTAAN VANJAAR AL VIR 25 JAAR EN DIE LEGENDARIESE GERT VAN TONDER VIER VANJAAR SY 50e JAAR IN DIE MUSIEKBEDRYF.
Gert van Tonder en sy sangmaat Sias Reynecke het in 1967 as Groep 2 begin saam sing.
Daardie dae was sanggroepe baie skaars en het hul unieke duetsang en nuwe liedjies vining groot aftrek gekry. Van hul bekendste liedjies is vandag nog steeds lekkker saamsing- en neurieliedjies soos o.a.: die “Oukraalliedjie”, Die Padda wou gaan opsit…” “Dink jy darem nog aan my?” ens.
Nadat Sias in 1967 oorlede is, het Gert met sy eie sangloopbaan voortgegaan. Vandag sing hy nog steeds.
Gert is ook lid van ons Sangersfrorum en tree gereeld saam met ons op. Hy het al meer as 160 lirieke geskryf soos o.a. die musiek en liriek van “Haas Das se Nuuskas.” Hy het ook sopas ‘n Cd “Musiek uit die Hart” vrygestel.
Gert het ook al ‘n ATKV-toekenning gekry vir sy jarelange bevordering van ons taal en kultuur deur sy lirieke en sang.
 
Die Centuriontak bestaan uit vrywillige kultuurwerkers wat deur al die jare die Afrikaanse taal en kultuur op baie verskillende wyses bevorder. Hulle het ook drie
forums wat gereeld  op verskillende aspekte fokus soos bv. die:
  • Sangers- en Musiekforum wat gereeld by o.a. skole, kerke, skoue, feeste, aftree-oorde en ouetehuise optree.
  • Leiersforum wat gereeld skool- en studenteleiers saamtrek met besprekings en fokusse op effektiewe leierskap;
  • Gespreksforum wat gereeld jongmense inlig en voorlig oor die hantering van stress en trauma, tendense t.o.v. jeugmisdaad, gevare van vigs ens.
Die tak spog ook met permanente projekte:
  • Ons PPS Prestige Prestasie Skouerbande “Mnr. Afrikaans en Mej. Afrikaans”. Die skouerbande word aan hoër- en laerskole asook UP, UNISA en TUT se Departemente Afrikaans geskenk. Dit word dan na elke eksamen deur die Toppresteerders in Afrikaans by die skool en op die kampus gedra tot en met die volgende eksamen. Die toppresteerders word dan ook gereeld gevra om hul groeteboodskappe aan Afrikaans by ons “Vlam vir Afrikaans” by die Voortrekkermonument te kom plaas sodat besoekers dit ook kan lees.
  • Ons “Vlam vir Afrikaans” is by die Voortrekkermonument opgerig ter herdenking van die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925. Dr. Mimi Coertse het op 8 Mei 2015 die Vlam aangesteek. Ons nooi nou ook die publiek en enige belangstellende uit om ons webwerf: Vlam vir Afrikaans te besoek en ‘n groeteboodskap aan Afrikaans te stuur. Diè nuwe webwerf het ook nou al meer as 14,000 besoekers.
  • Ons webwerf: ATKV Centurion spog met al meer as 169,000 besoekers. Al ons aktiwiteite van al die jare verskyn met foto’s op die webwerf.
  • Ons Cd: “Opgedra aan ons Senior Burgers”. ‘n Kopie word aan ouetehuise en aftree-oorde geskenk sodat inwoners in die sentrale sitkamer daarna kan luister. Dit bevat musiek uit vergange se dae en sluit o.a. ook liedjies van Min Shaw, Jurie Ferreira, Lance James en Gert van Tonder in.
  • Ons “Bokke Hakke”– rugbyliedjie ter ondersteuning van die Springbokke.
  • Ons “Viva Bafana Viva”– sokkerliedjie ter ondersteuning van ons sokkerspan tydens die Wêreldbekertoernooi in die FNB-stadion. Van ons sangers het die liedjie tydens die amptelike opening in die stadion voor die openingswedstryd gesing. Kyk na die video. Kyk op die openingsbladsy van ons webwerf en soek vir sokkerliedjie DVD in die regterkantste kolom.
  • Ons liedjie ter ere van Cora Marie.
  • LW. Ons Cd “Opgedra aan ons Senior Burgers” sowel as die rugby-, sokker- en ereliedjie vir Cora Marie is op dieselfde openinsbladsy van ons webwerf te kry. Luister gerus daarna.
20170901_205254ATKV CENTURION VIER FEES SAAM MET GERT VAN TONDER VAN GROEP 2.
Op die foto verskyn van ons sangers en musikante wat saam met Gert van Tonder sy nuwe Cd en sy 50 jaar as sanger gevier het.:
Voor vlnr.: Willie Jooste (trekklavier), Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie), Jan Venter (mandolien en banjo).
Agter vlnr.: Sangers Venetia Rose, Gert van Tonder en Marlene Bezuidenhout. Sakkie Kotze (Voorsitter).

VLAM VIR AFRIKAANS

September 2nd, 2017

Besoek ons webwerf: VLAM VIR AFRIKAANS.

Stuur u groeteboodskap aan Afrikaans.

Besoek die Vlam vir Afrikaans by die Voortrekkermonument.

VIVA AFRIKAANS VIVA…!!!

ONS SANGERS EN MUSIEKFORUM SE OPTREDE BY NG WIERDAPARK SUID WAS PUIK

September 1st, 2017

DRIE VAN ONS SANGERS EN DRIE VAN ONS MUSIKANTE BY KERK SE KERMIS.

Van ons Musiekforumlede het deur hul sang en musiek die regte atmosfeer geskep vir ‘n sukseskermis by die NG-gemeente Wierdapark-Suid.

Willie Jooste (trekklavier), Jan Viljoen (mandolien) en Rommel van der Riet (saag) het met hul warmmusiek die voete laat jeuk.

Venetia Rose en Marlene Bezuidenhout het weer met hul pragtige stemme bekende Afrikaanse liedjies gesing.

Gert van Tonder van Groep 2-faam het die gehoor verstom met sy kwaliteitstem na 50 jaar in die musiekbedryf. Sy sangmaat Sias Reynecke is, nadat hul reeds vir 15 jaar saam opgetree het, in 1982 oorlede.                                         Vandag na 35 jaar, sing Gert nog steeds en het hy sopas ‘n Cd “Musiek uit die Hart” die lig laat sien.                              Gert is onlangs met ‘n ATKV-oorkonde beloon vir sy besondere bevordering van ons taal en kultuur deur sy sang.