VEELS GELUK TSHWANE SKOOLKORE MET JUL DEELNAME AAN APPLOUS.

TWAALF TSHWANE SKOOLKORE NA APPLOUS KOORKOMPETISIE GENOOI.

DIE SUKSESPROJEK VAN DIE ATKV VIND VANJAAR AL VIR DIE VEERTIGSTE JAAR PLAAS.

188 skoolkore het vanjaar vir Applous ingeskryf. Na 36 streekfeeste en landwye uitdunne, is 38 kore genooi om aan die Finaal deel te neem.

Die Finaal vind elke jaar in ‘n ander streek plaas. Vanjaar het dit vanaf 2 tot 5 Augustus by Unisa plaasgevind.

12 skoolkore in Tshwane het aan die Finaal deelgeneem. Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het ‘n Cum Laude-toekenning ontvang en al die ander Tshwanekore is met goud beloon.
Afrikaanse Laerskoolkore: Laerskole Menlopark en Elarduspark.
Nie-Afrikaanse Laerskoolkore: Loreto School Queenswood.
Meer ervare Laerskoolkore: Laerskool Lynnwood.
Nie-Afrikaanse Hoërskoolkore (gemeng): Cornwall Hill College Centurion en Hoërskool Akasia.
Nie-Afrikaanse Hoërskoolkore (seuns): Pretoria Boys High School.
Afrikaanse Hoërskoolkore (gemeng): Hoërskool Hendrik Verwoerd.
Afrikaanse Hoërskoolkore (meisies): Hoërskool Garsfontein.
Meer ervare Hoërskoolkore (meisies): Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria.
Meer ervare Hoërskoolkore (seuns): Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria.
Meer ervare Hoërskoolkore (gemeng): Hoërskool Menlopark.

Al die kore wat landwyd ingeskryf het moet o.a ‘n voorgeskrewe Afrikaanse lied en ‘n Afrikalied in enige taal sing.

Ons wens al hierdie kore baie geluk.
Dit is opmerklik watter groot bydrae hierdie koorkompetisie tot welwillendheid en beter begrip tussen al die taalgroepe in ons land maak.

Comments are closed.