“VEELS GELUK LIEWE MIMI”

20170718_204803 20170718_203850ONS VERJAARSDAGKOEK VIR MIMI WAS ‘N TREFFER IN SMAAK EN VOORKOMS…!!!

Die herdenkingskonsert vir Mimi Coertse op 18 Julie in die Lemon Jackteater was ‘n groot sukses. Baie dankie aan John Roos asook Cristel van Heerden en haar professionele teaterspan.

Baie dankie aan die kunstenaars wat gratis ter ere van Mimi opgetree het: Chris Mostert, Coert Grobbelaar, Dewald von Solms, Goitsemang Lehobye, Martin Lane (pianis), Michelle Veenemans, Rudolf Geldenhuis (klavierbegeleiding).
Die meeste van hulle het al verskeie kere in die verlede aan die Centuriontak se musiekprogramme deelgeneem.

Mimi is baie dankbaar vir die herinneringe en nostalgie wat al die bekende uittreksels uit operas, operettes en ons Afrikaanse liedereskat weer by haar opgeroep het.
Van haar Afrikaanse treffers soos “Heimwee” en “O Boereplaas” is meesterlik deur onderskeidelik Coert Grobbelaar en Dewald von Solms vertolk. Martin Lane se “Mimi Coertse-keurspel” op die klavier was puik.

Op die foto sny sy die Verjaarsdagkoek terwyl Deidre le Hanie, Besturende Direkteur van die ATKV en Sakkie Kotze toekyk. Sy vier vanjaar haar vyf-en-tagtigste lewensbestaan.

Die Centuriontak het ‘n besonderse verbintenis met Mimi Coertse. Sy het ons “Vlam vir Afrikaans” wat nou permanent by die Voortrekkermonument vlam, op 8 Mei 2016 aangesteek. Dit was ter herdenking van die amptelike erkenning van Afrikaans as taal eenhonderd jaar gelede op 8 Mei 1925. Ons nooi toppresteerders in Afrikaans by ons universiteite en skole om hul “Groeteboodskappe aan Afrikaans” langs die “Vlam” te kom plaas vir permanente uitstalling en besigtiging deur die derduisende besoekers en toeriste aan die Voortrekkermonument

Comments are closed.