Die skrywer Bep du Toit ontvang ‘n ATKV-toekenning vir Afrikaanse Taal en Kultuurbevordering.

Bep is in Nederland gebore en verhuis in 1954 saam met haar ouers na Suid-Afrika waar sy matrikuleer en ‘n diploma in Kleuteropvoeding aan UP en ‘n BA-graad aan Unisa behaal.
Sy het as skrywer oor ‘n tydperk van 30 jaar o.a. 14 kortverhale geskryf wat in die Brandwag, Huisgenoot, Sarie en die ATKV-tydskrif Die Taalgenoot gepubliseer is. Agt van die verhale is later ook in ‘n grootdrukbundel uitgegee.
Sy het ook ‘n Kleuterboek “Die geheim van die posbus” ‘n Jeugverhaal ” ‘n Lang pad huistoe” (HAUM) en ‘n biografiese roman oor “Die verhaal van Johanna Brand” (Protea) die lig laat sien. ‘n Artikel “Die eintlike Kappiekommando” oor Johanna Brand, het reeds in 1986 in De Kat verskyn.
21 romans is die afgelope 12 jaar deur haar geskryf en deur LAPA uitgegee.
Twee romans in haar nuwe reeks “Romanza” het pas by LAPA verskyn nl. “Ridder op ‘n vosperd” en “Kinkels van die hart”
Bep is lid van die redaksie van die Christelike vrou in die Hervormde Kerk se kerkblad Konteks.

Op die foto ontvang sy die oorkonde van Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Comments are closed.