Ons sangers en musikante op Erfenisdag by die Voortrekkermonument en Gauteng Karnaval.

ATKV Centurion vier Erfenisdag by die Voortrekkermonument en die Gauteng Karnaval.

ATKV Centurion is al vir baie jare by die Erfenisfees by die Voortrekkermonument betrokke deur die aanbied en beheer van die verhoogprogram. Die ATKV Centurionsangers en musikante, die Wapadrant Boeredansers en die Klipwerforkes het die heeldag ‘n aangename en vrolike feesatmosfeer vir die baie besoekers geskep.
Daar was weer ‘n verskeidenheid van kultuuraktiwiteite, uitstallings, demonstrasies, ‘n potjiekoskompetisie, ossewaritte ens. ens.
Die Centurionmusikante het later die middag met die Voortrekkerwa aan die Gauteng Karnaval vanaf Pilditch Atletiekstadion tot by die Uniegebou deelgeneem en die Afrikaner en Afrikaanse taalgroep tydens die Karnaval verteenwoordig. Op die banier staan die woorde “Kom saam vorentoe” in al die amptelike landstale van Suid-Afrika.

Op die foto verskyn die ATKV Centurionsangers en musikante saam met die Klipwerforkes.
Voor vlnr.: Herman Meyer, Venetia Klopper (sanger), Frik Swanevelder (wabouer), Sakkie Kotze (voorsitter), Damian Engelbrecht.
Agter: Herman Lamprecht, Kobus Visagie, Willie Burger, Gene van Niekerk,
Johnny Dreyer, John Fish, JR Olivier en Rommel van der Riet.

Op die ander foto verskyn die tenoor Dewald von Solms saam met die groep. Hy het ook as gaskunstenaar by die Erfenisfees by die Voortrekkermonument opgetree.

20150924_161606

DSCN1538

Comments are closed.