Archive for December, 2017

BEKENDE ONDERWYSLEIER OORLEDE

Saturday, December 30th, 2017

ONDERWYSLEIER HENDRIK STRYDOM OORLEDE.
Mnr. Hendrik Strydom is Donderdag na ‘n siekbed van vele weke oorlede.
Hy het sy suksesvolle onderwysloopbaan ‘n paar jaar gelede afgesluit as Hoof van Hoërskool Verwoerdburg (H/s Centurion).
Ek het die voorreg gehad om in 1976 saam met hom skool te hou by Hoërskool Die Fakkel en later jare weer by Hoërskool Verwoerdburg.

Hendrik was bekend vir orde en dissipline omdat dit vir hom die basis van suksesvolle onderrig en prestasie gevorm het. Hy het ook ‘n hoë premie geplaas op die bevordering van die Christendom, die Afrikaanse taal en kultuur dwarsdeur sy onderwysloopbaan

Hy was ‘n onderwysleier in murg en been.
Ons eer sy nagedagtenis.
Ons betuig simpatie met sy vrou Sponnie, kinders en familie.

‘n Gedenkdiens vind Vrydag 12 Januarie om 11:00 by die Hervormde Kerk in Napierstraat Lyttelton plaas.

Monday, December 18th, 2017

ONS GEE ERKENNING AAN DS. EN MEV. LOOTS VIR HUL JARELANGE BEVORDERING VAN DIE CHRISTENDOM ASOOK DIE AFRIKAANSE TAAL EN KULTUUR.

Ds. Kosie Loots was benewens die verkeie gemeentes waar hy die Woord bedien het, ook vir 18 jaar aan Radio Kansel verbonde. Hy het deur die jare baie kere met my en van ons ATKV Centurion Musiekforumlede onderhoud gevoer oor ons optrede by skoolopeninge en kerke.
Sy vrou Christina was weer baie jare in die onderwys. Hy verjaar vandag.Hulle vier more hul 46e troudagherdenking.
Sakkie Kotze het namens ATKV Centurion aan hul erkenning gegee vir hul jarelange bevordering van die christendom en die Afrikaanse taal en kultuur. Hy het hulle ook bedank vir hul jarelange betrokkenheid in die gemeenskap d.m.v. verskeie kultuur- en welsynsorganisasies.
Drie van ATKV Centurion se Musiekforumlede het vandag, tydens die aanvaarding van sy emiritaat by NG Westdene, as gaskunstenaars opgetree nl. Martin Lane (orrel en klawerbord), Coert Grobbelaar (sanger) en Corman Olivier (panfluit).
Op die eerste foto verskyn vlnr.: Coert Grobbelaar, mev. Christine en ds. Kosie Loots, Martin Lane en Sakkie Kotze.

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

MUSIEK OP GELOFTEDAG

Sunday, December 17th, 2017

LEDE VAN ONS MUSIEKFORUM MAAK OP GELOFTEDAG MUSIEK BY ATKV CETURION SE “VLAM VIR AFRIKAANS” BY DIE VOORTREKKERMONUMENT.

Voor vlnr.: Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie) en Ben Malan (konsertina).
Agter: vlnr. Sakkie Kotze, Leon Visser (klawerbord), Jorrie Jordaan (kitaar), Juanita Van Der Walt (Forumsanger)

Besoek ook ons webwerf: vlam vir afrikaans.SAM_1211_A

TV-UITSENDING VAN “ONS VIER AFRIKAANS”

Monday, December 4th, 2017

BESOEK DIE WEBWERF VAN SAKKIE KOTZE EN KYK NA DIE TV-UITSENDING OP SABC2-NUUS

ONS VIER AFRIKAANS…!!!

Monday, December 4th, 2017

AFRIKAANS IS OP 8 MEI 1925 AS AMPTELIKE TAAL IN SUID-AFRIKA ERKEN.

Ons het dit gevier met dr. Mimi Coertse wat ons “Vlam vir Afrikaans” by die Voortrekkermonument aangesteek het en die Gedenkplaat onthul het.

Ons vier ook Afrikaans as radiotaal met Magdaleen Kruger van RSG wat die Gedenkplaat onthul het.

Ons vier ook Afrikaans as televisietaal met Heinrich Marnitz wat die Gedenkplaat onthul het.

Afrikaanse organisasies, skole en kerke word genooi om hul “Groeteboodskap aan Afrikaans” op ‘n A4-folio in die leer langs die “Vlam” te kom plaas.

BESOEK OOK ONS WEBWERF: “VLAM VIR AFRIKAANS”

 

Saturday, December 2nd, 2017

Sakkie Kotze se foto.