Archive for September, 2017

ONS VIER ONS ERFENIS.

Thursday, September 21st, 2017

ONS NOOI ALLE SUID-AFRIKANERS: KOM SAAM VORENTOE VIR SUID-AFRIKA…!!!

ATKV Centurion verteenwoordig die Afrikaner en die Afrikaanse taalgroep op Erfenisdag by die Uniegebou.

Musikante met tradisionele musiekinstrumente soos ‘n boerekonsertina, trekklavier, mondfluitjie en ‘n saag maak musiek op ‘n 100%-replika van die Marthinus Laas Voortrekkerwa wat in die Slag van Bloedrivier gebruik is.
OP DIE WATENT STAAN GESKRYWE: (IN AL DIE LANDSTALE) “KOM SAAM VORENTOE…!!!

Die wa en die musikante vorm ook deel van ‘n straatoptog saam met verteenwoordigers van al die taalgroepe vanaf Pilditch na die Uniegebou.

Die ATKV Centurionmusikante gaan ook by die verhoog by die Uniegebou optree waneer die optog daar eindig.

Hulle is ook saam met die Klipwerforkes en die tenore Chris Coetzer en Dewald von Solms, gaskunstenaars by die Afrikaner Erfenisfees by die Voortrekkermonument wat al 09:00 die oggend begin.

Wys meer

Sakkie Kotze se foto.
Sakkie Kotze se foto.

ONS VIER FEES…!!!

Sunday, September 3rd, 2017
 
ATKV CENTURION BESTAAN VANJAAR AL VIR 25 JAAR EN DIE LEGENDARIESE GERT VAN TONDER VIER VANJAAR SY 50e JAAR IN DIE MUSIEKBEDRYF.
Gert van Tonder en sy sangmaat Sias Reynecke het in 1967 as Groep 2 begin saam sing.
Daardie dae was sanggroepe baie skaars en het hul unieke duetsang en nuwe liedjies vining groot aftrek gekry. Van hul bekendste liedjies is vandag nog steeds lekkker saamsing- en neurieliedjies soos o.a.: die “Oukraalliedjie”, Die Padda wou gaan opsit…” “Dink jy darem nog aan my?” ens.
Nadat Sias in 1967 oorlede is, het Gert met sy eie sangloopbaan voortgegaan. Vandag sing hy nog steeds.
Gert is ook lid van ons Sangersfrorum en tree gereeld saam met ons op. Hy het al meer as 160 lirieke geskryf soos o.a. die musiek en liriek van “Haas Das se Nuuskas.” Hy het ook sopas ‘n Cd “Musiek uit die Hart” vrygestel.
Gert het ook al ‘n ATKV-toekenning gekry vir sy jarelange bevordering van ons taal en kultuur deur sy lirieke en sang.
 
Die Centuriontak bestaan uit vrywillige kultuurwerkers wat deur al die jare die Afrikaanse taal en kultuur op baie verskillende wyses bevorder. Hulle het ook drie
forums wat gereeld  op verskillende aspekte fokus soos bv. die:
  • Sangers- en Musiekforum wat gereeld by o.a. skole, kerke, skoue, feeste, aftree-oorde en ouetehuise optree.
  • Leiersforum wat gereeld skool- en studenteleiers saamtrek met besprekings en fokusse op effektiewe leierskap;
  • Gespreksforum wat gereeld jongmense inlig en voorlig oor die hantering van stress en trauma, tendense t.o.v. jeugmisdaad, gevare van vigs ens.
Die tak spog ook met permanente projekte:
  • Ons PPS Prestige Prestasie Skouerbande “Mnr. Afrikaans en Mej. Afrikaans”. Die skouerbande word aan hoër- en laerskole asook UP, UNISA en TUT se Departemente Afrikaans geskenk. Dit word dan na elke eksamen deur die Toppresteerders in Afrikaans by die skool en op die kampus gedra tot en met die volgende eksamen. Die toppresteerders word dan ook gereeld gevra om hul groeteboodskappe aan Afrikaans by ons “Vlam vir Afrikaans” by die Voortrekkermonument te kom plaas sodat besoekers dit ook kan lees.
  • Ons “Vlam vir Afrikaans” is by die Voortrekkermonument opgerig ter herdenking van die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925. Dr. Mimi Coertse het op 8 Mei 2015 die Vlam aangesteek. Ons nooi nou ook die publiek en enige belangstellende uit om ons webwerf: Vlam vir Afrikaans te besoek en ‘n groeteboodskap aan Afrikaans te stuur. Diè nuwe webwerf het ook nou al meer as 14,000 besoekers.
  • Ons webwerf: ATKV Centurion spog met al meer as 169,000 besoekers. Al ons aktiwiteite van al die jare verskyn met foto’s op die webwerf.
  • Ons Cd: “Opgedra aan ons Senior Burgers”. ‘n Kopie word aan ouetehuise en aftree-oorde geskenk sodat inwoners in die sentrale sitkamer daarna kan luister. Dit bevat musiek uit vergange se dae en sluit o.a. ook liedjies van Min Shaw, Jurie Ferreira, Lance James en Gert van Tonder in.
  • Ons “Bokke Hakke”– rugbyliedjie ter ondersteuning van die Springbokke.
  • Ons “Viva Bafana Viva”– sokkerliedjie ter ondersteuning van ons sokkerspan tydens die Wêreldbekertoernooi in die FNB-stadion. Van ons sangers het die liedjie tydens die amptelike opening in die stadion voor die openingswedstryd gesing. Kyk na die video. Kyk op die openingsbladsy van ons webwerf en soek vir sokkerliedjie DVD in die regterkantste kolom.
  • Ons liedjie ter ere van Cora Marie.
  • LW. Ons Cd “Opgedra aan ons Senior Burgers” sowel as die rugby-, sokker- en ereliedjie vir Cora Marie is op dieselfde openinsbladsy van ons webwerf te kry. Luister gerus daarna.
20170901_205254ATKV CENTURION VIER FEES SAAM MET GERT VAN TONDER VAN GROEP 2.
Op die foto verskyn van ons sangers en musikante wat saam met Gert van Tonder sy nuwe Cd en sy 50 jaar as sanger gevier het.:
Voor vlnr.: Willie Jooste (trekklavier), Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie), Jan Venter (mandolien en banjo).
Agter vlnr.: Sangers Venetia Rose, Gert van Tonder en Marlene Bezuidenhout. Sakkie Kotze (Voorsitter).

VLAM VIR AFRIKAANS

Saturday, September 2nd, 2017

Besoek ons webwerf: VLAM VIR AFRIKAANS.

Stuur u groeteboodskap aan Afrikaans.

Besoek die Vlam vir Afrikaans by die Voortrekkermonument.

VIVA AFRIKAANS VIVA…!!!

ONS SANGERS EN MUSIEKFORUM SE OPTREDE BY NG WIERDAPARK SUID WAS PUIK

Friday, September 1st, 2017

DRIE VAN ONS SANGERS EN DRIE VAN ONS MUSIKANTE BY KERK SE KERMIS.

Van ons Musiekforumlede het deur hul sang en musiek die regte atmosfeer geskep vir ‘n sukseskermis by die NG-gemeente Wierdapark-Suid.

Willie Jooste (trekklavier), Jan Viljoen (mandolien) en Rommel van der Riet (saag) het met hul warmmusiek die voete laat jeuk.

Venetia Rose en Marlene Bezuidenhout het weer met hul pragtige stemme bekende Afrikaanse liedjies gesing.

Gert van Tonder van Groep 2-faam het die gehoor verstom met sy kwaliteitstem na 50 jaar in die musiekbedryf. Sy sangmaat Sias Reynecke is, nadat hul reeds vir 15 jaar saam opgetree het, in 1982 oorlede.                                         Vandag na 35 jaar, sing Gert nog steeds en het hy sopas ‘n Cd “Musiek uit die Hart” die lig laat sien.                              Gert is onlangs met ‘n ATKV-oorkonde beloon vir sy besondere bevordering van ons taal en kultuur deur sy sang.