Archive for August, 2017

“VLAM VIR AFRIKAANS”

Tuesday, August 22nd, 2017

BESOEK ONS “VLAM VIR AFRIKAANS” BY DIE VOORTREKKERMONUMENT.

Dr. Mimi Coertse het die “Vlam” op 8 Mei 2016 aangesteek ter herdenking van die erkenning van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 1925.

Ons nooi toppresteerders in Afrikaans by skole en universiteite om hul “Groeteboodskappe aan Afrikaans” in die leer langs die “Vlam” te kom plaas sodat besoekers aan die Monument dit ook kan lees.

Besoek ook die webwerf: VLAM VIR AFRIKAANS.

GASTE BY APPLOUS FINAAL. ANTON EN RITA REDELINGHUIS. BEATRICE EN SAKKIE KOTZE. ANTON IS HUIDIGE VOORSITTER VAN DIE DIREKSIE VAN ATKV SA. SAKKIE HET ONLANGS NA VELE JARE AS DIREKSIELID UITGETREE.

Monday, August 7th, 2017

Sakkie Kotze se foto.

VEELS GELUK TSHWANE SKOOLKORE MET JUL DEELNAME AAN APPLOUS.

Monday, August 7th, 2017

TWAALF TSHWANE SKOOLKORE NA APPLOUS KOORKOMPETISIE GENOOI.

DIE SUKSESPROJEK VAN DIE ATKV VIND VANJAAR AL VIR DIE VEERTIGSTE JAAR PLAAS.

188 skoolkore het vanjaar vir Applous ingeskryf. Na 36 streekfeeste en landwye uitdunne, is 38 kore genooi om aan die Finaal deel te neem.

Die Finaal vind elke jaar in ‘n ander streek plaas. Vanjaar het dit vanaf 2 tot 5 Augustus by Unisa plaasgevind.

12 skoolkore in Tshwane het aan die Finaal deelgeneem. Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het ‘n Cum Laude-toekenning ontvang en al die ander Tshwanekore is met goud beloon.
Afrikaanse Laerskoolkore: Laerskole Menlopark en Elarduspark.
Nie-Afrikaanse Laerskoolkore: Loreto School Queenswood.
Meer ervare Laerskoolkore: Laerskool Lynnwood.
Nie-Afrikaanse Hoërskoolkore (gemeng): Cornwall Hill College Centurion en Hoërskool Akasia.
Nie-Afrikaanse Hoërskoolkore (seuns): Pretoria Boys High School.
Afrikaanse Hoërskoolkore (gemeng): Hoërskool Hendrik Verwoerd.
Afrikaanse Hoërskoolkore (meisies): Hoërskool Garsfontein.
Meer ervare Hoërskoolkore (meisies): Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria.
Meer ervare Hoërskoolkore (seuns): Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria.
Meer ervare Hoërskoolkore (gemeng): Hoërskool Menlopark.

Al die kore wat landwyd ingeskryf het moet o.a ‘n voorgeskrewe Afrikaanse lied en ‘n Afrikalied in enige taal sing.

Ons wens al hierdie kore baie geluk.
Dit is opmerklik watter groot bydrae hierdie koorkompetisie tot welwillendheid en beter begrip tussen al die taalgroepe in ons land maak.

ATKV-APPLOUS FINAAL VANJAAR IN PRETORIA

Thursday, August 3rd, 2017

ATKV-APPLOUS KOORKOMPETISIE BESTAAN AL 40 JAAR (1978 – 2017)

Hoër- en Laerskoolkore wat vanjaar tydens die Streekfeeste regoor Suid-Afrika die beste presteer het, word na die Finaal genooi. Die Finaal vind elke jaar in ‘n ander Streek plaas. Vanjaar is dit vanaf 2 tot 5 Augustus by Unisa in Pretoria.
38 kore is genooi om aan die Finaal deel te neem.

Maandag 2 Augustus se uitslae:
Die ses Afrikaanse laerskoolkore en vyf nie-Afrikaanse kore het almal goud gekry (tussen 80 en 90%)