Archive for July, 2017

“VEELS GELUK LIEWE MIMI”

Thursday, July 20th, 2017

20170718_204803 20170718_203850ONS VERJAARSDAGKOEK VIR MIMI WAS ‘N TREFFER IN SMAAK EN VOORKOMS…!!!

Die herdenkingskonsert vir Mimi Coertse op 18 Julie in die Lemon Jackteater was ‘n groot sukses. Baie dankie aan John Roos asook Cristel van Heerden en haar professionele teaterspan.

Baie dankie aan die kunstenaars wat gratis ter ere van Mimi opgetree het: Chris Mostert, Coert Grobbelaar, Dewald von Solms, Goitsemang Lehobye, Martin Lane (pianis), Michelle Veenemans, Rudolf Geldenhuis (klavierbegeleiding).
Die meeste van hulle het al verskeie kere in die verlede aan die Centuriontak se musiekprogramme deelgeneem.

Mimi is baie dankbaar vir die herinneringe en nostalgie wat al die bekende uittreksels uit operas, operettes en ons Afrikaanse liedereskat weer by haar opgeroep het.
Van haar Afrikaanse treffers soos “Heimwee” en “O Boereplaas” is meesterlik deur onderskeidelik Coert Grobbelaar en Dewald von Solms vertolk. Martin Lane se “Mimi Coertse-keurspel” op die klavier was puik.

Op die foto sny sy die Verjaarsdagkoek terwyl Deidre le Hanie, Besturende Direkteur van die ATKV en Sakkie Kotze toekyk. Sy vier vanjaar haar vyf-en-tagtigste lewensbestaan.

Die Centuriontak het ‘n besonderse verbintenis met Mimi Coertse. Sy het ons “Vlam vir Afrikaans” wat nou permanent by die Voortrekkermonument vlam, op 8 Mei 2016 aangesteek. Dit was ter herdenking van die amptelike erkenning van Afrikaans as taal eenhonderd jaar gelede op 8 Mei 1925. Ons nooi toppresteerders in Afrikaans by ons universiteite en skole om hul “Groeteboodskappe aan Afrikaans” langs die “Vlam” te kom plaas vir permanente uitstalling en besigtiging deur die derduisende besoekers en toeriste aan die Voortrekkermonument

Saturday, July 8th, 2017
SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

SAMSUNG CAMERA PICTURES

ONS MONUMENTE OOR BERGE EN DALE

Saturday, July 8th, 2017

“MNR. MONUMENT” SKRYF NOG ‘N BOEK OOR ONS KULTUURERFENIS.

Dr. Jackie Grobler se nuutste boek “Oor berge en dale” is Saterdag onder blyke van groot belangstelling in Pretoria bekendgestel.

Sy liefde vir ons kultuurgeskiedenis en monumente het al op vyfjarige ouderdom begin toe hy saam met sy ouers die Vrouemonument in Bloemfontein besoek het. In 2002 het hy en sy vrou Elize Suid-Afrika van hoek tot kant plat gery en al wat ‘n monument besoek.

Hy het verlede jaar, nadat hy 39 jaar aan die Departement Geskiedenis, Historiese en Erfenisstudies by Tukkies verbonde was, uit diens getree.

Hy het deur die jare al dertien boeke geskryf, onder andere oor die Voortrekkermonument, Jan Smuts, Danie Theron, Koos de la Rey, Danie Theron en Nelson Mandela. Jackie was die eerste Afrikaner wie ‘n boek geskryf het oor die swart politiek in Suid-Afrika. “Short history of black protest in SA.(1988) Die boek is ondermeer ‘n voorgeskrewe werk by die Universiteit van Zoeloeland, UP, VISTA en die Militêre Akademie.
Hy is tans besig met ‘n boek oor die Eerste Vryheidsoorlog wat aan die einde van die jaar verskyn.

Op die foto wens Sakkie Kotze van die ATKV se Centuriontak hom geluk met hierdie belangrike publikasie. “Dit is ‘n belangrike trotsmaker op ons monumente en kultuurgeskiedenis”, het Sakkie onder andere gesê.

Rommel van der Riet, een van die Centuriontak se Musiekforumlede het as gaskunstenaar opgetree. Hy het die waarderende gehoor sy unieke saag- en mondfluitjiespel van bekende Afrikaanse liedjies laat hoor.

Op die foto verskyn hy saam met vlnr.: Johan Mostert (gespreksleier), Sakkie Kotze en Jackie Grobler.