Archive for June 5th, 2017

NOG MEER PRET EN KULTUURPLESIER BY DIE WILLEM PRINSLOO LANDBOUMUSEUM

Monday, June 5th, 2017

ATKV CENTURION SE AARTAPPELSKILKOMPETISIE KRY NOG ‘N REKORDHOUER BY…!!!

“EK HET ‘N AARTAPPELTJIE MET JOU TE SKIL….”

Die Aartappelskilkompetisie het jare gelede al tydens die jaarlikse Aartappelfees op Bethal begin.
Toe die Aartappelfees nie meer op Bethal plaasvind nie, het ons die kompetisie na die Willem Prinsloo Landboumuseum oorgeskuif.

Die kompetisie vind ook nou al vir ‘n paar jaar daar tydens die Mampoerfees plaas.
Dit is nog steeds groot pret en kultuurplesier…!!!
Ons kyk wie kan die langste skil uit een aartappel sny.

Die rekord aartappelskillengte staan tans op 3,003m…!!!
Ons nooi toe vanjaar die rekordhouer Niekie van den Berg, om ook ‘n ander rekord op te stel – om ‘n aartappel geblinddoek te skil.
Sy rekordlengte tydens die Mampoerfees Saterdag 3 Junie, was 2m uit een aartappel…!!!

Ons gee ook elke jaar die aartappels wat oorbly aan honger magies by skole.

Van ons musikante het vir die musiek gesorg: Johan en Marie Laurens (banjo en kitaar) en op die foto saam met Louis Buys (ATKV Centurion):: vlnr.: Herman Steyn (saag, kitaar en mondfluitjie) en Willie Jooste (trekklavier).

Op die ander foto verskyn van die deelnemers aan ons pretkompetisie saam met me. Marianne (Kurator van die museum)
Voor vlnr.: Will-Mari Geyer, Wilma Pieterse, Niekie Van den Berg, Sakkie Kotze (ATKV Centurion) en Waldomar Marais.
Agter: Issie Kroetze, Me. Mariaan (kurator), Dietmar Wiese, Terry Maree en Elize van den Berg.

“ONS BELEEF ONS TAAL EN KULTUUR VOLUIT MET PRET EN PLESIER”