Archive for June, 2017

BAIE DANKIE AAN DIE REKORD VIR PLASING VAN DIE CENTURIONTAK SE FOTO’S VAN GEBEURE DIE AFGELOPE 25 JAAR.

Friday, June 30th, 2017

foto01

foto02

foto03

foto04

KOOT BRITS WAS LIEF VIR ONS TAAL EN ONS KULTUUR.

Monday, June 26th, 2017
KOOT BRITS
16 Sept 1946 – 20 Junie 2017
Bevorder die Afrikaanse taal en kultuur as:
musikant, komponis, en die herstel en herbou van konsertinas.
Hy het dusver bekend, die enigste ronde konsertina in die wêreld gebou.
Koot was lief vir ons taal en kultuur.
Ons eer sy nagedagtenis.
Sy musiek leef voort…!!!

JEUGMUSIKANTE.

Saturday, June 17th, 2017

ONS IS TROTS OP ONS JEUG MET HUL MUSIEKTALENT.
Lede van Die Kunstefabriek Musiekateljee het vandag by Kragdag vir die musiek gesorg.
Hulle is deur Sakkie Kotze genooi om vennote van ATKV Centurion se Musiekforum te word. Hy sit op die foto voor langs Lois Boshoff mentor van die groep.
Agter hulle staan Hendrik Verwoerd (trom), Herman van Heerden (tjello). Agter hulle staan die blokfluitspelers Hennie Steyn, AB Smit, Frens Steyn, Helena verwoerd. Nicola Smit bespeel die klawerbord.DSCN3547

ONDERWYSSTUDENTE MET ‘N PASSIE VIR DIE KIND.

Saturday, June 17th, 2017

DSCN3554ONS JEUG ONS TOEKOMS
Onderwysstudente met ‘n passie vir ons jeug, studeer by AROS. (Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies)
Die Akademie bestaan reeds sedert 2012 en bied graad- en diplomakususse aan. Onderwysstudente kan daar ‘n Diploma in Gr. R-onderwys verwerf asook nagraadse B.Ed-grade in die Grondslagfase en Intermediêre Fase.
AROS is tans die grootste Afrikaanse privaat Universiteit in ons land en spog vanjaar met meer as ‘n duisend studente.
Vier van hul studente het Saterdag 17 Junie tydens Kragdag oos van Pretoria, AROS se kursusse aan die publiek bekendgestel.
Hulle het met hul mimiek en liggaamsbeheer baie aandag getrek. Sakkie, as oud-skoolhoof en inspekteur van onderwys was baie trots op hul uiterste emosiebeheer terwyl die publiek toekyk en
probeer om hul aandag af te trek. Maar daar was telkens groot applous as hul van posisie verander.
Sakkie het hulle gelukgewens en gesê ouers kan maar hul kinders na AROS stuur want hierdie vier studente vertoon vandag hier van die vernaamste eienskappe waaroor ‘n onderwyser moet beskik: selfdissipline, deursettingsvermoë, ‘n passie en toewyding om met kinders te werk.
Op die foto verskyn vlnr.: Maruchqe van Dyk (Grondslagfase 2e jr.), Corine Nel (Grondslagfase 3e jr.), Lidia Kunneke (Intermediêre Fase 1e jr.), Natasja Nienaber (Grondslagfase 2e jr.), en Li-Ane Grobler (Grondslagfase 2e jr.)
Twee van die AROS-personeel staan vlnr. Me. Talitha Lofthause en Me. Fransie Dryfhout.

GEDENKDIENS VIR JOHANN BOTHA

Thursday, June 15th, 2017

ONS EER SY NAGEDAGTENIS.
‘n Gedenkdiens o.l.v. ds. Frikkie Viljoen, die gemeentepredikant is vanmiddag, onder blyke van baie groot belangstelling vir Johann Botha gehou. Dit het in die Hervormde Kerk in Lyttelton Centurion plaasgevind. Johann en sy suster en twee broers het as gemeentekinders daar opgegroei. Hul ouers, prof. Hansie en mev. Mollie Botha is nog steeds lidmate van die gemeente.
Johann is wyd gerespekteer vir sy musiek- en omgewingsbewaringsprogramme op televisie en radio.
Hy het voorheen soos sy pa, ook ‘n ATKV-toekenning vir die bevordering van ons taal en kultuur ontvang.
ATKV Centurion loop al ‘n lang pad met die Bothas. Prof. Hansie was professor in Afrikaans by UNISA. Johan weer het benewens al sy velerlei belangstellings en bekwaamhede, ook ‘n liefde vir die Afrikaanse prosa en poësie gehad. Dit het al as leerling van Laerskool Louis Leipoldt en Hoërskool Verwoerdburg/Centurion ontwikkel.
Ons huldig Johann Botha as ‘n rolmodel vir ons kinders en ons jongmense.
Hy was lief vir sy taal en kultuur en het nie geskroom om die grootsheid van die Skepping te besing nie.

JOHANN BOTHA

Monday, June 12th, 2017

GEDENKDIENS VIR JOHANN BOTHA.
Donderdagmiddag 15 Junie om 14:00 by die Hervormde gemeente Verwoerdburg in Lyttelton Centurion.
Neem vanaf die Fonteinesirkel die pad na Centurion (Bothalaan) en draai regs in Cantonments.
Neem vanaf die N1 die Bothalaanafrit. Ry rigting Pretoria middestad allangs die treinspoor. Draai by die 3e robot links in Cantonments. By 2e robot regs in Cradock. By 2e straat regs by Poskantoor tot by die kerk.

BEKENDE MUSIEK- EN NATUURKENNER OORLEDE.

Thursday, June 8th, 2017

Johann Botha.
Ons is hartseer oor die heengaan van Johann.                                                                                                                                Ons betuig meegevoel met sy familie, sy ouers prof. en mev. Botha.                                                                                        Hulle is almal jarelange ATKV taal- en kultuurvriende.                                                                                                          Johann was ‘n oud-leerling van Laerskool Louis Leipoldt en Hoërskool Verwoerdburg (Centurion).                                     Ons eer sy nagedagtenis – ‘n groot musiekkenner en natuurliefhebber.

Tuesday, June 6th, 2017

aartappelskil 2017 Niekie vd Berg geblinddoek

Tuesday, June 6th, 2017

Aartappelskilkompetisie 2017 Van die deelnemers

Tuesday, June 6th, 2017

20170603_120928_001