Archive for May, 2017

‘N TAK MET ‘N BAIE “HOë GRAAD VAN FUNKSIONALITEIT”…!!!

Thursday, May 25th, 2017

DSCN3468CENTURIONTAK KRY WEER ‘N TOEKENNING TYDENS VANJAAR SE ALGEMENE JAARVERGADERING (AJV).

Sakkie Kotze die voorsitter het die tak vanjaar vir die twintigste agtereenvolgende jaar by ‘n AJV verteenwoordig. Hy was gedurende diè tydperk ook vir vele jare ‘n lid van die Direksie van ATKV SA.
Die Algemene Jaarvergadering het vanjaar op 23 en 24 Mei by ATKV Buffelspoort plaasgevind.
Centurion het vanjaar twee toekennings ontvang – as tak met ‘n baie hoë graad van funksionaliteit en vir ‘n projek van hoë gehalte met as fokus: Onderwys.
Sakkie is ook deur die Direksie versoek om tydens die AJV ‘n “Groeteboodskap” namens die ATKV se 70,000 lede en 316 takke aan mnr. Japie Gouws die uittredende Besturende Direkteur te rig.
Me. Deidre Le Hanie is vanaf 1 Junie 2017 as die nuwe Besturende Direkteur van die ATKV aangestel.DSCN3460

DSCN3466

Sunday, May 21st, 2017

DSCN3457ONS GEE APPLOUS AAN DIE APPLOUS-SPAN VAN PRETORIA.

Die ATKV se jaarlikse Applous Koorkompetisie is weer in volle swang en vind tans bywyse van dertien Steekfeeste oral in Suid-Afrika plaas.
Die Pretoria Streekfees het op 18, 19 en 20 Mei by die Afrikaanse Hoër Meisieskool plaasgevind. ‘n Rekordaantal van 50 hoër- en laerskoolkore (Afrikaans- en Nie-Afrikaansmedium) het in verskillende kategorieë deelgeneem nl. minder ervare en meer ervare seuns-, meisie- en gemengde kore.

Die ATKV Centuriontak het Johan Esterhuizen die nasionale projekleier, gelukgewens met die puik verloop van vanjaar se Streekfeeste. ATKV Centurion ondersteun elke jaar die Pretoria Streekfees en het die projekspan bedank en gelukgewens met die puik reëlings. Die span sorg al vir baie jare vir kwaliteitaanbieding, -beoordeling en -kommentaar. “Applous vir die Applous-span…!!!”

Die projeklede is aldrie al vir baie jare by die Pretoria Streekfees betrokke. Marina Mentz is al sedert die eerste jaar toe daar in 1978 met Applous as ‘n nasionale ATKV-projek begin is, beoordelaar. Andre en Bessie Keun is vanjaar al vir die negentiende jaar met die reëlings gemoeid. Bessie is ook al die jare steeds beoordelaar.
Johan Esterhuizen is al sedert 2006 die voltydse Projekorganiseerder by die ATKV Hoofkantoor.

Al die kore wat in die kategorie “meer ervare kore” deelgeneem het, is met ‘n goud-toekenning beloon.              Laerskole: Constantiapark en Lynnwood.                                                                                                                                Hoërskole: Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Menlopark en Wonderboom.

Die Finaal van vanjaar se landwye Applous vind vanaf 2 tot 5 Augustus by UNISA plaas.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Marina Mentz en Bessie Keun.                                                                                               Agter: Johan Esterhuizen, Andre Keun en Sakkie Kotze (ATKV Centurion).

 

ONS PRAAT JOU TAAL.

Friday, May 19th, 2017

ATKV CENTURION ONDERSTEUN HOOFKANTOOR SE MEERTALIGHEIDSPROJEK.

Die Taalafdeling se projek het Vrydag 19 Mei met TALETHON, ‘n meertalige Vasvrakompetisie vir Gr. 9-leerders, by die biblioteek van die Universiteit van Johannesburg afgeskop. Die doel is om leerders vertroud te maak met meer as een inheemse taal en by hulle ‘n liefde te kweek om mekaar se taal te praat en te verstaan soos o.a. Afrikaans, English, Isizulu, Noord-Sotho, Sepedi ens. Deelnemers moet dan vrae oor die korrekte vertaling en spelling van ‘n woord in die verskillende tale kan beantwoord.
Die Centuriontak ondersteun die projek en moedig Centurion- en Tshwaneskole aan om elke jaar deel te neem.
Ons het ook elke jaar ons Centuriontakprojek op Internasionale Moedertaaldag in Pretoria waar ons skoliere en studente uitnooi om deel te neem. ‘n Liriek van Sakkie is in Afrikaans, English, Isizulu en Setswana vertaal en op ‘n sonskerm gedruk wat aan die gehoor uitgedeel word. Die sonskerms is ook vandag aan al die deelnemers uitgedeel om daardeur ons ondersteuning aan Karien Brits, Bestuurder: Taal by Hoofkantoor te gee.
Die liriek lui” “Ek kan praat en skryf, sing en lees, hoor en leer, dink en droom, bid en glo in my eie moedertaal.”
Op die foto verskyn die Gr. 9-leerders van drie Centurionskole wat deelgeneem het. Vlnr.: Karien Brits (Projekorganiseerder), Diandra Slabbert en Almè Hugo (H/s Zwartkop), Chyane Oberholzer en Henno Liebenberg (H/s Eldoraigne) en Neena Menon en Tshepang Motau (H/s Uitsig). Sakkie Kotze (ATKV Centurion).

Wys meer

 DSCN3452DSCN3444

BYBELBOODSKAP, SANG EN MUSIEK VIR ONS MA’S OP MOEDERSDAG.

Sunday, May 14th, 2017

DANKIE MA…!!! LEKKER MOEDERSDAG MA…!!!

Die erediens op Moedersdag Sondag 14 Mei by die NG-gemeente Greymont, was ‘n besonderse belewenis.

Ds. Leon Forsman se boodskap het gefokus op sekerheid n.a.v. 1 Joh. 5:9 – 13.

Martin Lane, die orrelis het die sanger Abel Knobel aan die gemeente bekendgestel. Abel is pas terug na ses maande se verblyf in Spanje. Abel het met eie kitaarbegeleiding baie bekende en gepaste liedere vir Moedersdag gesing. Martin Lane het hom daarna op die orrel begelei met sy vertolking van “Soos ‘n herd wat smag na waterstrome…”

Op die foto verskyn vlnr. Sakkie Kotze en Beatrice Kotze (ATKV Centurion), Carike en ds. Leon Forsman, Abel Knobel, Reynhard Slabbert (aanbieder van Bravo-program op Kyknet), Martin Lane.
Voor sit van die gemeentekinders wat saam met hul ouers in die kerk was.

DSCN3438

JEUGLEIERS VAN FORMAAT…!!!

Friday, May 12th, 2017

GELUKWENSE AAN DIE NUUTVERKOSE JUNIOR BURGEMEESTER EN ONDERBURGEMEESTER VAN PRETORIA VIR 2017/18

Leah Warmenhoven van Afrikaans Hoër Meisieskool is op 11 Mei tydens ‘n glansfunksie by die stadsraadgeboue in Centurion as Junior Burgemeester verkies. Heinrich Nienaber van Hoërskool Zwartkop is as Junior Onderburgemeester verkies.

Sakkie Kotze het namens die gemeenskap, en die ATKV Centurion se Jeugleiersforum gelukwense en voorspoed aan die verkose leiers oorgedra.
Hy het ook namens die inwoners dank en waardering aan mev. Linda Oberholzer, wat al vir baie jare as voog toesien dat die Junior Stadsraad steeds suksesvol funksioneer, betuig.

Op die foto verskyn vlnr.: Me. Marna Jordaan (Hoof Afrikaans Hoër Meisies), Leah Warmenhoven (Junior Burgemeester), Heinrich Nienaber (Junior Onderburgemeester), dr. Dewald Strydom (Hoof Hoërskool Zwartkop), Me. Linda Oberholzer (Beskermheer) en Sakkie Kotze (ATKV) Centurion.

DSCN3435

LILLY KRUGEL BEVORDER ONS TAAL EN KULTUUR ENDUIT…!!!

Friday, May 12th, 2017

ONS EER TANT LILLY KRUGEL.
Tant Lilly Krugel is op 25 April in die ouderdom van 85 jaar in die Twee Riviere Aftreeoord oorlede.
Sy was lid van ATKV Centurion en het steeds op hoë ouderdom ‘n baie waardevolle bydrae tot die bevordering van ons taal en kultuur gelewer.

As skryfster is haar “Goggatjie”-kinderboekreeks baie suksesvol en nog steeds baie gewild.
Sy het ook bekendheid verwerf as skilder. Sy was baie lief vir natuurtonele en karaktersketse wat sy ook in haar kinderboeke gebruik het.

Tant Lilly was verstandelik en liggaamlik steeds fiks en kreatief. Sy het verlede jaar aan haar 20e Centurion padwedloop deelgeneem, het al 300 km deur Namakwaland gestap en in ses dae die 100 km deur Baviaanspoort afgelê.

In 2000 het sy vir drie maande in Parys Fankryk gaan woon om te skilder en te stap. Sy het Frankryk te voet verken en meer as 1000 km afgelê.
Wat ‘n merkwaardige vrou…!!! Ons is so bly dat ons haar al in 2010 met ‘n ATKV-toekenning kon vereer vir haar taal- en kultuurwerk. Ja sy het stap, draf en hardloop ook as taal en kultuur bedryf want sy het al hardlopende haar kinderstories en skilderwerk in haar geheue vasgelê om later by die huis te gaan skryf en skilder.lilly krugel

KOM ONS LAAT AFRIKAANS VANDAG LEKKER VERJAAR…!!!

Monday, May 8th, 2017

LEKKER VERJAAR AFRIKAANS, LEKKER VERJAAR…!!!

ATKV Centurion se “VLAM VIR AFRIKAANS” is verlede jaar op 8 Mei deur dr. Mimi Coertse by die Voortrekkermonument aangesteek. Dit brand nou permanent daar.

Kom skryf jou “Groeteboodskap aan Afrikaans” in die besoekersboek by ons “Vlam vir Afrikaans” by die Voortrekkermonument.

“Ek kan lees en skryf, bid en glo, dink en droom, sing en dans…in Afrikaans” Sakkie Kotze

AFRIKAANS LEKKER OP DIE LIPPE…!!!

ONS GROET ‘N JARELANGE KULTUURVRIEND.

Wednesday, May 3rd, 2017

THYS KOTZè, JARELANGE KULTUURVRIEND EN SKOOLFOTOGRAAF IN EUGENE MARAIS HOSPITAAL OORLEDE.DSCN3411

DSCN3416Thys en Sakkie ken mekaar al vir meer as 25 jaar. Sakkie het met sy ATKV- en skoolhoofhoed op, vir Thys na menige ATKV- en skoolfunksies genooi om foto’s te neem. Sy foto’s pryk in menige ATKV Taalgenoot-tydskrif, op die webwerf van ATKV CENTURION en as kultuurnuus van die ATKV in Beeld, Die Centurion en ander media.
Thys is baie bekend in die onderwys met baie klasfoto’s, sport-, kultuur- en leierskapfoto’s. Menige toppresteerder se foto’s teen hul kamermure het ook al gelei tot versoeke vir gesinsfoto’s, troufoto’s ens. ens.
Thys was ‘n diepgelowige mens wat lief was vir sy God, sy taal en kultuur. Hy het fotografie as ‘n professionele kultuurdiens bedryf.
Sy fotografie-besigheid gaan steeds voort danksy sy vrou Lana, Seuns Hannes en Frederik wat dit onverpoosd voortsit.
Rommel van der Riet, een van die ATKV Centurion Musiekorumlede, Rommel van der Riet, het met sy saag en mondfluitjie ‘n musikale huldeblyk namens die Forum ter ere van Thys gelewer. Hy het afgesluit met “Aan U o God my dankgesange” en “Genade onbeskryflik Groot”.
Op die foto verskyn vlnr.: Frederik, Lana, Hannes en Sakkie Kotze