Archive for February, 2017

KULTUURVENNOTE KUIER SAAM BY BEELD SE VAKANSIESKOU.

Saturday, February 25th, 2017

Die voorsitter van ATKV Centurion en van hul jarelange taal- en kultuurvennote, het die naweek heerlik saamgekuier by Beeld se Vakansieskou wat by Gallagher Estate plaasvind.

San Bronkhorst werk al vir baie jare nou saam met ATKV Centurion t.o.v. ons musiek- en pretprogramme by die Pretoriaskou. Sy het die afgelope week ‘n stalletjie by die Vakansieskou gehad waar sy van haar eie handgemaakte sakke en ander interessante unieke Afrikaanse humorartikels verkoop. Dit is uniek want dit bevat humoropskrifte op haar wynbottel- houers en toiletpapierhouers soos o.a.: “Hou my Dop”, “Ons gaan nou braai”, Briek man briek”, “My maag is my baas”, “Knyp en Hol” ens. ens.
DSCN3240
Boet Schoeman stook mampoer al van kleins af. Hy gebruik vandag nog dieselfde stookketel wat sy oupagrootjie, oupa en sy pa gebruik het. “Dit is een van ons oudste en lekkerste “drinkbare” kultuurgoedere, spog hy”.

ATKV Centurion se Musiekforum tree al vir baie jare by die Mampoerfees by die Willem Prinsloo Landboumuseum op. Die sangers “moet/kan/wil” voor hul begin sing ‘n mampoerdop by Boet se stalletjie gaan drink. Hulle getuig self altyd hoe lekker hulle toe al die “hoë note gevat het”.

Op die foto verskyn Babsie Venter saam met ons om ‘n mampoertjie te klink op die kwarteeubestaan van ATKV Centurion.

Babsie is ‘n mampoerstoker van Kosteromgewing. Haar ma is haar mentor wat steeds op 81-jarige ouderdom hierdie “lekker” kultuurskat van ons bevorder en veredel.
DSCN3236

LEIERONTWIKKELING KRY NUWE DINAMIKA

Friday, February 24th, 2017

DSCN3220
LEIERSFORUM BY HOëRSKOOL GARSFONTEIN BEGIN OP ‘N HOë NOOT.
Leierpotensiaal by leerders word op dinamiese wyse by die skool geïdentifiseer, ontgin en ontwikkel.
Leerders wat reeds geïdentifiseer is, is na vanjaar se eerste Leiersforumbyeenkoms by die skool op die 23e Februarie genooi.
Mnr. Bantjies, hoof van die skool en mnr. Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion Leiersforum, het as gassprekers opgetree.
Mnr. Bantjes het die leerders gewys op die belangrike rol wat leiers daagliks by die skool vervul t.o.v. al die skoolaktiwiteite – in die klas, op die terrein, en tydens al die buitemuurse aktiwiteite. Hy het onder andere ook gewys op die snelgroeiende ontwikkelinge wat op wetenskaplike en tegnologiese gebied plaasvind. Nuwe uitdagings verg nuwe leiers vir die toekoms wat ook aan hierdie verwagtinge moet voldoen, het hy ondermeer gesê.
DSCN3219
Mnr. Kotze het die leerders aangemoedig om hulself ook voortdurend met nuwe denke en nuwe dinamika toe te rus. Dit moet egter ook deur basiese beginsels soos geloof, vertroue, dankbaarheid teenoor God, respek vir al die mense om jou ens. gerugsteun word. Hy het ook die belangrikheid van die gesin waar kinders respek, menseverhoudinge, goeie maniere aan tafel, op straat en in die publiek aanleer, as grondleggers vir suksesleierskap beklemtoon. Hy het afgesluit met: “Wees trots op wie jy is. Wees trots op jou Afrikanerskap, jou taal en kultuur. Dank die Here vir die talente wat jy ontvang het en woeker daarmee.” Hy het die leerders uitgenooi om “Groeteboodskappe aan Afrikaans” by die “Vlam vir Afrikaans” by die Voortrekkermonument te gaan plaas.
Mnr. Burger Lindeque die dissiplinehoof van die skool en inisieerder van die Leiersforum, het die leerders behoorlik lus gemaak vir al die watertand-lekkeraktiwiteite wat vanjaar voorlê. Dit sluit ook vele toerustingkursusse oor die veld, die omgewing, noodhulp, waterwerk ens.in.
Op die foto verskyn van die leerders wat teenwoordig was vnlr.: Brendon Swart, Wihan Oosthuysen, Mnr. Burger Lindeque, Nicola Bosch, Estian Swart en Mnr. Sakkie Kotze.
DSCN3234

ONS VIER MOEDERTAALDAG 21 FEBRUARIE BY ONS “VLAM VIR AFRIKAANS”

Tuesday, February 21st, 2017

DSCN3132
ONS NOOI TOPPRESTEERDERS IN AFRIKAANS BY TUKKIES EN TSHWANE UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE (TUT) AS ONS GASTE SOWEL AS EEN VAN DIE DRIE TOPPRESTEERDERS AFRIKAANS IN VERLEDE JAAR SE MATRIEKEKSAMEN.

Die “Vlam vir Afrikaans” is verlede jaar op 8 Mei 2016 onder blyke van groot belangstelling en mediadekking deur dr. Mimi Coertse aangesteek. Dit brand nou permanent daar sodat besoekers aan die Monument dit kan besigting, die besoekersboek kan teken en ‘n “Groeteboodskap aan Afrikaans” daar langs die “Vlam” kan kom plaas.

Ons het vandag op Moedertaaldag 21 Februarie die toppresteerders Afrikaans van Tukkies en TUT asook een van laasjaar se topdrie-matrieks in Afrikaans genooi.

Die Toppresteerders het elkeen ‘n Prestige Prestasie Skouerband ontvang en is onderskeidelik as “Mnr Afrikaans” en “Mej. Afrikaans” aangewys. Hulle het ook elkeen prestasiesertifikate ontvang.

Op die foto verskyn hulle by die “Vlam vir Afrikaans”.
Tukkies se topstudent Shawna-leze Meiring (linksagter) het ‘n BA Honneurs in Afrikaans behaal. Francois Erasmus (regsagter) van Hoërskool Kemptonpark was laasjaar een van die nasionale topdrie in Afrikaans Gr.12. Lebogang Tlhapi (regsvoor langs die “Vlam”) was TUT se topstudent met haar Afrikaans 111.
DSCN3196