Archive for December, 2016

KERSFEES 2016 EN NUWEJAAR 2017

Tuesday, December 20th, 2016

GESEëNDE CHRISTUSFEES
EN ‘N VOORSPOEDIGE 2017
AAN U EN U FAMILIE.

BAIE DANKIE DAT ONS
VENNOTE KAN WEES
IN DIE BEWARING, UITBOUING,
EN BEVORDERING VAN ONS
TAAL- EN KULTUURGOEDERE.

ONS BESTE WENSE VERGESEL U.

ATKV CENTURION 25 DESEMBER 2016

AFRIKAANS VLAM NOG STEEDS BY VOORTREKKERMONUMENT.

Friday, December 16th, 2016

“VLAM VIR AFRIKAANS” KRY VANJAAR BAIE BESOEKERS OP GELOFTEDAG.

Die “Vlam vir Afrikaans” is verlede jaar op 8 Mei 2015 deur dr. Mimi Coertse aangesteek. Dit was presies negentig jaar nadat AFRIKAANS op 8 Mei 1925 as amptelike taal in Suid-Afrika erken is.

Die duisende mense wat vandag op 16 Desember die Geloftediens by die Voortrekkermonument bygewoon het, het ook die geleentheid gekry om die “Vlam vir Afrikaans” in die Senotaafsaal van die Monument te besigtig en die Besoekersboek te teken.

Groeteboodskappe aan “Afrikaans” kan ook na boodskap@vlamvirafrikaans.org.za gestuur word.

Op die foto verskyn dr. Mimi Coertse saam met mnr. Japie Gouws, Besturende Direkteur van die ATKV toe sy verlede jaa die “Vlam vir Afrikaans” aangesteek het.
dscn2119

GELOFTEDAG: VOORTREKKERMONUMENT.

Friday, December 16th, 2016

GELOFTEDIENS BY DIE VOORTREKKERMONUMENT 16 DESEMBER 2016

Duisende besoekers het van vroegdag al by die Monument opgedaag om die Geloftediens om 09:00 by te woon.
Die diens is gelei deur ds. Hennie Botes van die Hervormde Kerk.

dscn3072
Op die foto verskyn vlnr.: Werner Beineke (Die Voortrekkers), Zieg van Huyssteen (FAK), Cecilia Kruger (Besturende Direkteur: Voortrekkermonument), dr. Hennie Botes en Sakkie Kotze (ATKV)

Baie mense het ook gewag om 12:00 die son op die senotaaf te sien skyn.

AFRIKAANS VLAM NOG STEEDS HOOG EN STERK…!!!

Wednesday, December 14th, 2016

VLAM VIR AFRIKAANS
Besoek die “Vlam vir Afrikaans” in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.
Die “Vlam vir Afrikaans” is op 8 Mei 2016 tydens ATKV Centurion se “Groeteseremonie”, deur dr. Mimi Coertse aangesteek.
Skole, kerke en kultuurorganisasies het verteenwoordigers gestuur om hul “Groeteboodskap aan Afrikaans” voor te lees en langs die “Vlam vir Afrikaans” op permanente uitstalling te plaas.
Afrikaans is op 8 Mei 1925 as amptelike taal in Suid-Afrika erken.
Ons nooi Afrikaanssprekendes en ander belangstellendes om hul “Groeteboodskap aan Afrikaans” na boodskap@vlamvirafrikaans.org.za te stuur.

ONS LAAT TAAL EN KULTUUR VOORTDUREND VLAM…!!!

ONDERWYSGEE IN AFRIKAANS WAS SY TROTS…!!!

Monday, December 12th, 2016

dscn3056
ONDERWYSMAN WYD GERESPEKTEER DEUR GEMEENSKAP, SY KOLLEGAS, LEERDERS EN HUL OUERS.
MNR. KOOS VENTER, SUKSESONDERWYSER IN CENTURION OORLEDE, NADAT HY GEVAL HET.

Mnr. Venter het sy hele beroepsloopbaan as onderwyser by net een skool begin en na 39 jaar daar afgetree as Departementshoof Praktiese Vakke. Hy was trots daarop om al die jare sy vakke in Afrikaans by ‘n Afrikaanse skool te onderrig.

Op die foto verskyn van die hoofde en personeel wat op een of ander stadium saam met hom daar skoolgehou het. Hulle was by die roudiens en begrafnis op Vrydag 9 Desember, vanuit die Gereformeerde Kerk Paul Kruger in Kerkstraat Pretoria, teenwoordig. Die huidige hoof mnr. Wouter Burger en mnr. Hennie van Huyssteen (adjunk-hoof) was ook teenwoordig.
dscn3048
Voor.: (vlnr.:) Mnr. Theo van Wyk, mev. Magriet Venter (mnr. Venter se vrou), dr. Jan van der Merwe (Hoof: 1974 – 1979), mnr. Hendrik Strydom (Hoof: 1984 – 1999), mnr. Frank Roos (Adjunk-Hoof) en mev. Annetjie Fourie.

2de ry: (vlnr.:) Mevv. Rina van Wyk, Analene Nel, Elma Rossouw, Alma Muller, Rachel le Roux, Louisa Burger, en Ina Brummer.
Agter: (vlnr.:) Mnr. J. C. Muller, mev. Bettie Schrama, mnre. Thinus Blignaut, Sakkie Kotze en Marius Voges.

Mnr. Koos Venter het as jong man in 1969 by die H/s Verwoerdburg (vandag H/s Centurion) begin skoolhou en na 39 jaar in 2008 daar afgetree. Mnr. Venter het dus sy beroepsloopbaan van 39 jaar by dieselfde skool begin en voltooi. Hy was wyd bekend en bemind in die gemeenskap. Hy was ‘n kerkman, kollega, vriend, mentor en suksesonderwyser.

Hy het met Magriet, ‘n oud-leerling van die skool getrou. Hul twee seuns Michiel en Paul het ook later hul hoërskoolloopbane van Gr. 8 tot 12 daar voltooi.

Sakkie Kotze, ‘n studentemaat van mnr. Venter, was ook ‘n paar jaar saam met hom lid van die skool se onderwyspersoneel.
Van sy ander studentemaats wat in 1966 saam met hom by die desytse Goudstadse Onderwyskollege begin studeer het, het ook laaste eer aan hom kom bewys.
Van hulle wat by die begrafnis was, was ook die volle studietydperk van drie jaar saam met hom in Majuba Manskoshuis.

Op die tweede foto verskyn hulle voor: (vnlr.): Sakkie Kotze, mev. Magriet Venter, mnre. Johann Maree, Piet de Villiers en James Fitzroy.
Agter (vlnr.): Mnre. Theuns Botha, Hans Slabbert en Willie Potgieter. Op die derde foto verskyn Paul en Machiel.
dscn3047
Mnr. Venter word oorleef deur sy vrou Magriet en hul twee seuns Paul en Michiel met sy vrou Karien en seun Jacques.
dscn3054

AFRIKAANS MAAK ONS ALMAL TROTS…!!!

Thursday, December 8th, 2016

TROTSE MA EN HAAR SEUN HET BY TROTSE ONDERWYSERS AFRIKAANS GEKRY…!!!

Mnr. Gopalsamy het 40 jaar by Laudium Secondary skoolgehou en Afrikaans Addisionele Taal aangebied.
Op die foto staan hy by een van vele ma’s en hul kinders vir wie hy Afrikaans onderrig het.

Vlnr.: Mev. Christine Naude, langs haar Muhammed Cassim wat vanjaar Gr. 12-Toppresteerder: by haar in die klas was. Langs hom staan sy ma Sumayya wat voorheen by mnr. Gopalsamy klas gekry het. Mnr. Sakkie Kotze staan regs.

dscn3041

‘N DUBBELVREUGDE EN ‘N DUBBELTROTS…!!!

Thursday, December 8th, 2016

VERJAARSDAGKOEK….!!! (1966 – 2016)
ONS VIER LAUDIUM SECONDARY SE 50 JAAR VAN BESTAAN EN 50 JAAR VAN ONDERRIG VAN AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL.

Op die foto verskyn mnre. Daya Chetty (skoolhoof), en Sakkie Kotze van ATKV Centurion by die verjaarsdagkoek. Sakkie was ook voorheen die skool se Inspekteur van Onderwys.

Dit was ‘n dubbele vreugde, ‘n dubbele gelukwensing en ‘n dubbele viering…!!!

dscn3043

‘N TAALBRUG WORD SO VIR TAALVERHOUDINGE IN SUID-AFRIKA GEBOU EN BEHOU.

Thursday, December 8th, 2016

LAUDIUM SECONDARY GR. 12 TOPPRESTEERDERS AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL.

ATKV-GELUKWENSE AAN ONDERWYSERS EN TOPPRESTEERDERS.

Mnre. S. Gopalsamy, B. Rampersadh, B. Singh en J. Yousuf het alvier vir 40 jaar en meer by Laudium Secondary skoolgehou en vir die hele tydperk daar Afrikaans Addisionele Taal onderrig. – dit moet ‘n SA-rekord wees?

Op die foto:
Voor vlnr: Mev. Christine Naude (Gr. 12-onderwyser), mnr. S. Gapalsamy (40 jaar daar Afrikaans as vak aangebied), mnr. Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Agter vlnr.: Gr. 12 Toppresteerders Afrikaans Addisionele Taal.
Ethan Candasamy
Kiyasha Naidoo
Ruqayya Fortune
Juwayriyah Bassier
Taskeen Adam
Anastacia Padayachee
Muhammed Cassim

dscn3037dscn3037

NS. Mev. Christine Naude het ook by ander skole Afrikaans Addisionele Taal onderrig (in totaal 38 jaar).

Ons beste wense vergesel die personeel en al die leerders. Baie voorspoed aan die matrieks.

Laat Afrikaans altyd lekker op die lippe wees…!!!

Sakkie Kotze

“JY KAN MAAR BEGIN. DIE KLANK IS REG…!!!

Saturday, December 3rd, 2016

dsc_7044“MNR. KLANKKWALITEIT” DEUR DIE ATKV, VELE SANGERS EN MUSIKANTE VEREER.

Andre van Dyk het ‘n huishoudelike naam in die ATKV maar ook by menige van ons bekendste en suksesvolste sangers en musikante geword.

Hy lewer al vir die afgelope 20 jaar van tyd tot tyd ‘n kwaliteitdiens by ATKV-vakansieoorde soos o.a. Hartenbos, nasionale ATKV-projekte soos o.a. Crescendo, Applous, kompetisies, optredes by Feeste soos die KKNK, Aardklop en vele ander. Hy is ook al sedert die stigting van ATKV Centurion Musiekforum 20 jaar gelede, gereeld betrokke by hul musiekprogramme.

Anneli van Rooyen en Ilse Schurmann was saam met Andre Vrydag 2 Desember gaste by ons Toppresteerderfunksie in Centurion.

Anneli het hom bedank vir die baie jare wat hy altyd beskikbaar was waar sy ookal in Suid-Afrika opgetree het.
“Jy was vele kere my inspirasie en onderskrager voor ek op die verhoog gaan”.
Sy het hom ook namens vele ander kunstenaars bedank soos o.a. Hennie Smit, Jannie Moolman, Rina Hugo, Sonja Heroldt, Steve Hofmeyr ens. ens.

Ilse Schurmann is al vir baie jare voltyds met die ATKV-projekte op provinsiale en nasionalevlak besig. Sy het Andre as ‘n jarelange ATKV- en akteursvriend bedank vir sy passie vir Afrikaans op die verhoog. “Ek kon altyd op jou knoppie druk, selfs onder die moeilkste omstandighede of as produksiereëlings op kort kennisgewing verander het, kon ek op jou staatmaak”.

Sakkie Kotze het Andre as ‘n klankikoon beskryf. “Jy het ‘n fyn oor vir klank- en stemkwaliteit, Jy bring die beste in elke sanger na vore selfs al voel hy of sy op daardie oomblik nie reg vir optrede nie. Baie dankie vir jou jarelange betrokkenheid, beskikbaarheid en stylvolle hulp en ondersteuning oral waar daar klank voorsien moes word.”

Op die foto vlnr.: Ilse Schurmann (ATKV-projekte), Sakkie Kotze (ATKV Centurion), Andre van Dyk en Anneli van Rooyen.

AFRIKAANS IS GROOT EN BLY GROOT…..DANKSY O.A. TWEE PROFFIES SE PASSIE.

Saturday, December 3rd, 2016

TWEE PROFFIES MET ‘N LEWENSLANGE PASSIE VIR AFRIKAANS WORD VEREER.
Proff. Hansie Botha en Kas Landman is die afgelope naweek deur ATKV Centurion vir hul lewenslange bevordering van Afrikaans vereer.

Prof. Botha het by die Normaalkollege Pretoria (NKP) as onderwyser gekwalifiseer en in 1953 by die Laerskool Rustenburg begin skoolhou. Hy het intussen deeltyds by Unisa verder studeer met Afrikaans as hoofvak. Hy het later ‘n Doktorsgraad behaal.

Hy is na ‘n paar jaar by L/s Rustenburg, na NKP as dosent waar hy onderwysstudente in die onderrig van Afrikaans as skoolvak opgelei het.

Hy is later as lektor by UNISA se Fakulteit Afrikaans bevorder waar hy steeds Afrikaans doseer het. Hy was later ook die Dekaan van die Fakulteit.

Pof. Botha het vele handboeke vir skoliere en onderwysstudente geskryf. Baie van die Afrikaanse handboeke is nog steeds by skole en universiteite in gebruik..

Hy het die taalkundige versorging van die Psalm-, Gesange- en Liedboek asook die Bybelkonkordansie behartig.

Prof. Kas Landman het sy Onderwysersopleiding by die P.U. vir C.H.O voltooi. Hy was Voorsitter van die Studenteraad en stigterslid van ASPU (Afrikaanse Studente Persunie).

Sy onderwysloopbaan het in 1966 by Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria begin.

Hy is ook later na UNISA waar hy en prof. Hansie Botha vir baie jare kollegas sou wees.

Prof. Kas Landman was ‘n skrywer en ‘n taalnavorser by uitstek. Hy het vele van die UNISA-studiegidse vir Afrikaans geskryf, ook saam met prof. Botha.

Prof. Kas Landman het ‘n baie groot bydrae tot die beter begrip en verstaan van Afrikaanssprekendes gelewer – op nasionale en internasionale vlak. Hy was ‘n Bemarker van Afrikaans by uitstek.

Hy was lid en stigterslid van baie tersaaklike en invloedryke Afrikaanse organisasies soos o.a. bv. die Vrydaggroep, Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans, lid van die Uitvoerende Raad van die AB, Praag en die Erfenisstigting.

Hy het ‘n belangrike rol gespeel om die taalbande met ons stamlande te behou, te verskerp en nog verder uit te bou. Hy was lid van die Vlaams – Nederlandse Genootskap, voorsitter van die Genootskap Nederlands Suid-Afrika, Nederlands Zuid Afrikaanse Vereniging (NZAV) en die Vlaams – SA Kultuurstigting.

Ons beste wense vergesel U.

dsc_7043

U het albei ‘n lewenslange bydrae gelewer dat Afrikaans vandag nog vir ons almal as gebruikers daarvan, ALTYD LEKKER OP DIE LIPPE SAL WEES…!!!

Op die foto verskyn vlnr.: prof. Kas Landman, Sakkie Kotze (ATKV Centurion) en prof. Hansie Botha.