Archive for October, 2016

“SOOS OU VRIENDE DOEN…!!!

Monday, October 31st, 2016

AFRIKAANSE TAAL- EN KULTUURVRIENDE KUIER PADLANGS…!!!

En was dit nie ‘n lekker kuier nie…!!!
Die Klipwerforkes was na ‘n optrede in Witbank oppad terug na Calvinia.
Van ons ATKV Centurionsangers en -musikante wat by die Waterfees in Lichtenburg opgetree het, was oppad terug na Pretoria.

Toe kry ons mekaar langs die pad vir ‘n lekker kultuurkuier.
Die ATKV en Klipwerforkes is al vir baie jare kultuurvrinne.

Op die een foto gesels Sakkie met Kobus Visagie en op die ander foto groet Gené van Niekerk vir Sarina Briedenhann, Ricardo Muller en Herman Meyer.

ONS LAAT DEUR ONS SANG EN MUSIEK AFRIKAANS LEEF…!!!
dscn2875
dscn2877

ONS BID SAAM VIR REEN

Monday, October 31st, 2016

ATKV Centurion Musiekforumlede bemoedig inwoners en boere van Lichtenburg tydens die “Waterfees”.

Dit was ‘n groot voorreg om die inwoners en die boere die afgelope naweek te ondersteun in hul noodroep om reën.

Van ons sangers en musikante het heeldag en -aand op die oewer van die leë dam opbeursang en -musiek gemaak.

Karin Koen, een van ons Forumlede is doof gebore. Sy het van kleinsaf ‘n liplees vertrouensverhouding met haar ma Vera.
Sakkie Kotze het nadat hy die program met gebed geopen het, vir Karin en ma Vera gevra om by hom aan te sluit en “Gebed” van Koos du Plessis met liplees te vertolk.
Vera en die gehoor kan die CD wat gespeel word hoor. Vera sit voor in die gehoor sodat Karin vanaf die verhoog haar ma se liplees kan volg, Karin praat dan die lied se woorde hardop “op die maat van die musiek”.

Die sangers Karin Ferreira, Sarina Briedenhann Ricardo Muller Shrives het van hul bekendste en gewildste liedjies gesing. Die musikante Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie) en Herman Meyer het vir (trekklavier en konsertina) kuiermusiek gesorg.

Op die eerste foto verskyn Karin (links) en haar ma Vera (regs) saam met Sakkie.
dscn2846
Op die volgende fofoto verskyn voor vlnr.: Herman Meyer en Rommel van der Riet. Agter vlnr.: Sarina Briedenhann, Karin Koen, Ricardo Muller Shrives en Sakkie Kotze
dscn2842
Op die volgende foto verskyn van ons Musiekforumlede saam met die Waterfeeskomitee. Voor vlnr.: Christell Maree (Waterfeeskomitee), Karen Ferreira (sanger), Marco van den Berg (ATKV Hoofkantoor), Sarina Briedenhann (sanger). Agter vlnr.: Chris Breedt (Waterfeeskomitee), Izak Smit (Verhoogmaestro), Ricardo Muller (sanger), Martiens du Plessis (Lichtenburgtak), Herman Meyer (sanger) en Sakkie Kotze (Centuriontak)
dscn2869
Die Centuriontak het kopieë van hul Omgee-CD “Ons eer ons Bejaardes” aan die oudste oupa en ouma in die gehoor geskenk. Op die foto verskyn vlnr.: Sakkie, mevv. Nadi Duvenage, Koekie van Deventer, Kathy Visagie en Ria Retief.
‘N liedjie van Sarina Briedenhann (sy staan heelregs) “Mammaliefling” is ook op die Cd.
dscn2867

WAGPOS NOG STEEDS ‘N AFRIKAANSE SUKSESSKOOL…!!!

Monday, October 31st, 2016

Die Hoërskool Wagpos is na 88 jaar steeds “‘N OPWINDENDE AFRIKAANSE SKOOL WAAR JY ‘N KEUSE HET…”

Die uiters bekwame hoof en personeel sorg dat die Afrikaanssprekende skolier daar steeds akademiese-, tegniese en landboustudierigtings kan volg. Dit word ondersteun deur die netjiese en doelmatige koshuis-, werkswinkel- en praktiese landboufasiliteite soos die Bonsmarastoetery, die varkboerdery en die perde wat elke leerder en besoeker daar laat welkom en tuis voel.

Die Afrikaanse karakter van die skool word verder trots met twee gedenksuile voor die skoolkantoor bevestig – die een gedenk die amptelike erkenning van Afrikaans in 1925. Wagpos Afrikaanse Skool is in 1928 gestig.
Die ander suil gedenk die eerste Bybel in Afrikaans in 1933 asook die eerste Afrikaanse Psalm- en Gesangeboek in 1936 en 1943.

Op die foto wens Sakkie Kotze vir Daan Neethling trotse hoof geluk met sy puik personeel, puik uitslae, puik fasiliteite, en puik Afrikaans wees…!!!

Sakkie Kotze was self sy hele beroepslewe in die onderwys: Afrikaanse taalonderwyser, later self skoolhoof en toe Inspekteur van Onderwys. Die Hoërskool Wagpos was ook een van die skole onder hom. Daarom het hy weer met trots by die skool gaan inloer en mnr. Daan Neethling steeds perdfris in die saal gevind.
Baie geluk Meneer en Afrikaanse groete aan jou personeel, leerders en ouers…!!!
Op die foto staan mnre. Neethling (links) en Kotze (regs) by die twee Gedenksuile.

Besoek ook die “Vlam vir Afrikaans” in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument. Dit is ‘n projek van ATKV Centurion wat ook die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925 gedenk. Besoek die webwerf: Vlam vir Afrikaans. Stuur u groeteboodskap aan Afrikaans na: boodskap@vlamvirafrikaans.co.za
dscn2805

dscn2807

HELPMEKAAR NA 90 JAAR NOG STEEDS VOLUIT AFRIKAANS…!!!

Sunday, October 23rd, 2016

dscn2760

MATRIEKS VAN 1976 NA 4O JAAR WEER DAAR…!!!
WAT ‘N LEKKER SAAMWEES, SAAMKUIER EN TERUGDINK…!!!

Oud-Helpies en oud-onderwysers het Saterdag 22 Oktober heeldag by die skool gekuier en die bekende terrein, swembad en koshuis weer verken. Die steeds goedversorgde geboue en geriewe getuig steeds van kwaliteitonderrig en -opvoeding wat daar plaasvind – net in Afrikaans…!!! Dit is nou ‘n Privaatskool vir seuns en meisies.

“Hier was die Afrikaanse klas van Louis Malan en Sakkie Kotze,” “Hier het ek by Piet Britz Wiskunde gekry”,
“Hier was my koshuiskamer”,
“Hier is die venster waar ons Baie kere uit die koshuis geslip het om “slap chips” en pannekoek by mnr. Peter Lynsky se “Pancake Bar in Hillbrow te gaan koop.”

Dit was maar enkele van die baie terugdinkherinneringe en humor wat gehoor is.

Die destydse Hoof Mnr. Bok de Lange (oorlede) se vrou Magriet en haar een dogter Ronel was daar, Oud-onderwysers mnre. Piet Britz, Giel Meyer, Jannie Venter, Johan Scholtz en Sakkie Kotze. Sakkie en Jannie was ook daar op skool.

Daar is ook hulde gebring aan mnr. de Lange, onderwysers en oud-Helpies wat oorlede is.

STUUR JOU KINDERS EN KLEINKINDERS NA HELPMEKAAR.

ONS KUIER WEER IN 2021 OM HELPIES SE 100e BESTAAN TE VIER.

dscn2780
dscn2784
dscn2783

n

NUWE AFRIKAANSE FLIEK: “EINTLIK NOGAL BAIE”

Friday, October 21st, 2016

“EINTLIK NOGAL BAIE” NOG ‘N AFRIKAANSE FLIEKTREFFER…!!!

Die primière van die film het Donderdagaand 20 Oktober by Emperor Palace plaasgevind.
Dit was ‘n glansryke geleentheid met al die akteurs en produksiespanlede ook teenwoordig.
Van ons land se bekendste Afrikaanse film-, televisie- en verhoogakteurs was ook daar.

Die ATKV SA het ook as borg van die fliek bygedra.
ATKV Centurion kom ook ‘n lang pad saam met Pieter Oosthuizen, medeskrywer van die fliekstorie. Pieter is as voorsitter van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) ook ‘n kultuurleier en ondersteun ons mekaar se kultuurprojekte al vir baie jare.

Op die eerste foto verskyn vlnr.: Jarred de Jong (medeskrywer), Gerrie Lemmer (ATKV), Koos en Susan Oosthuizen (Pieter se ouers), Annekie du Plesiss, Pieter Oosthuizen en Sakkie Kotze (ATKV Centurion).
Foto 2: Zak Hendrikz (in die rol van Dewald van der Walt), Marisa Drummond (in die rol van Ally Swartz), Andre Lotter (in die rol van Jay van Niekerk) saam met Sakkie Kotze.
Foto 3: Nadia Beukes (links) het ook die première as uitgenooide gas bygewoon. Sy en Marisa Drummond woon albei in Centurion en was ook daar op skool. Hulle is tans albei suksesvolle film-, TV- en teaterakteurs.
Foto 4: Beatrice en Sakkie Kotze
dscn2757
dscn2752
dscn2755
dscn2748

BLINDE SANGMEESTER SAAM MET BLINDE SANGSTUDENT OP DIE VERHOOG.

Friday, October 21st, 2016

dscn2747

Jacques Holloway is lid van ATKV Centurion Musiekforum. Hy is blind en bedryf sy eie Musiekskool met groot sukses.

Hy het Woensdag 19 Oktober aan die “Ten Spyte Van”- konsert by die Pierneefteater deelgeneem. Hy het met eie klavierspel “Ek verlang na jou” gesing en daarna vir Naomi Naidoo, een van sy blinde sangstudente, op die klavier begelei met haar vertolking van “Liza se klavier”.

Erick Kapp is na ‘n ernstige fietsongeluk 1% kans op oorlewing gebied. Vandag is hy 16e op die wêreldranglys (fietsry) en is ‘n mikro-bioloog van beroep. Hy het sy lewensverhaal van geloof, hoop en sukses met die gehoor gedeel.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Naomi en haar ma Casandra Naidoo. Agter vlnr.: Erick Kapp, Jacques Holloway en Sakkie Kotze (ATKV).

ONS LEEF EN BELEEF NOG STEEDS ONS TAAL EN KULTUUR NA TWINTIG JAAR…!!!

Monday, October 17th, 2016

ATKV Centurion Vrywillige Kultuurwerkers na 20 jaar steeds voor in die koor met die bevordering van ons Afrikaanse taal en kultuur op velerlei terreine.

Besoek ons webwerf ATKV Centurion. (In totaal nou bykans 144,000 besoekers)

Daar is foto’s en beriggewing van al ons aktiwiteite.

Op die eerste bladsy is ‘n kolom aan die regterkant waar al ons vorige aktiwiteite in maandverslae gelys is. Klik ook op ons sportliedjies en DVD.

Baie baie hoogtepunte o.a.: Ons Omgee-Cd “Ons Eer Ons Bejaardes”. Dit is ‘n geskenk aan ouetehuise en aftree-oorde.
“Ons Bokke Hakka” Springbokrugby Ondersteuningsliedjie.
Die eerste en dusver enigste Afrikaanse Sokker Ondersteuningsliedjie: “Viva Bafana Viva” ook gesing deur van ons Sangersforumlede tydens die opening van die Wêreldbekersokker in Johannesburg.
Ons Fakkel “Die Vlam vir Afrikaans” wat nou ook permanent “Vlam” in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument saam met die ander Vlam wat al daar brand sedert die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949.
Besoek ons webwerf: Vlam vir Afrkaans en stuur u groeteboodskap aan “Afrikaans” na boodskap@vlamvirafrikaans.co.za

ONS LEEF EN BELEEF ONS TAAL IN AFRIKAANS…!!!

ONS ONDERSTEUN DIE “TEN SPYTE VAN”-KONSERT IN DIE PIERNEEFTEATER.

Sunday, October 16th, 2016

Die “Ten Spyte Van” jaarlikse konsert vind al vir die afgelope dertien jaar by die Pierneefteater plaas. Dit is deur Fanie Marais in samewerking met Jopie Koen van die Pierneefteater begin.

Die program bestaan uit gestremdes wat sang en musiekitems lewer. Organisasies wat ondersteuning aan gestremdes bied, word ook aan die gehoor bekendgestel soos bv. Brainlife en die Beroerte Steungroep wat die gehoor van hul aktiwiteite vertel het.

Jody-Ann, lid van ons ATKV Centurion Musiekforum het ook deelgeneem. Sy is blind gebore en het die gehoor vermaak met haar puik sang en musiek. Sy was ook lid van ons musiektoergroep wat ‘n paar jaar gelede deur die land gereis het. Haar lied “God het ‘n Plan” is ook deel van ons Omgee-Cd “Ons eer ons Bejaardes” wat landwyd aan besture van ouetehuise en Aftreeoorde geskenk word. Inwoners kan dan in die sentrale sitkamer daarna gaan luister.

Die twee bo-tagtigers in die gehoor by die Pierneefteater het elkeen ‘n kopie van die Cd ontvang nl. mevv. Else Peters en Annette McKeachie.

Op die foto verskyn vlnr.: Else Peters, Jopie Koen (Pierneefteater), Jody-Ann, Annette McKeachie en Sakkie Kotze (ATKV Centurion).

Op die ander foto verskyn vlnr.: Ingrid Vorwerk-Marren en Jonelia Theron van Brainlife, Jopie Koen, Fanie Marais en Sakkie Kotze.
dscn2742
dscn2744

ATKV MOEDERTAALFEES IN CENTURION AANGEBIED

Saturday, October 15th, 2016

ATKV MOEDERTAALFEES IN CENTURION AANGEBIED.
Die Taalafdeling van die ATKV het Saterdag 15 Oktober ‘n baie geslaagde Moedertaalfees in Centurion kom aanbied.
Drie lede van ATKV Centurion se Musiekforum het die program begin met hul vertolking van “Gebed” deur Koos du Plessis. Sarina Briedenhann en Pierre Vigoureux is met saag- en mondfluitjiespel deur Rommel van der Riet begelei.
Vier sprekers het die begrip “Moedertaal” vanuit verskillende perspektiewe belig. Ivor Price het gepraat oor Moedertaalonderrig en erfenis asook loopbaanvoordele. Dr. Theuns Eloff het gefokus op Moedertaalonderrig en die toekoms van ons land. Christien Neser het die invloed van moedertaalonderrig op die ontwikkeling van kinders bespreek. Dumile Mateza het afgesluit met ‘n verwysing oor Moedertaalonderrig en meertaligheid asook taalregte.
Op die eerste foto verskyn die ATKV Centurion Musiekforumlede met Rommel van der Riet (voor) en Pierre Vigoureux en Sarina Briedenhann.
Op die tweede foto verskyn ons Centurions saam met die Topbestuur van ATKV SA. Voor vlnr.: Evelyn Ferreira (Senior Bestuurder: Taal), dr. Danny Titus (Uitvoerende Direkteur: Kultuur), Japie Gouws (BD ATKV Groep), Dominic Paris (Bestuurder Takke) en Karlien Brits (Bestuurder Taalaangeleenthede). Agter vlnr.: ATKV Centurionmusikant Rommel van der Riet, ATKV Centurionsangers Sarina Briedenhann en Pierre Vigoureux. Sakkie Kotze (oud-direksielid en Centurion takvoorsitter.
Foto 3: Van die kinders wat daar was se leeslus is met interessante boeke by LAPA Uitgewers se uitstalling geprikkel. Heelvoor sit Renda. Vlnr.: Rommel van der Riet, Cara Botes en Mikayla Klein, Sakkie Kotze. Agter vlnr.: Pierre Vigoureux, Tyron Lamprecht en Nasstasja Henning (LAPA Uitgewers), Sarina Briedenhann.
Foto 4: Die voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (Pieter Oosthuizen Gha) het ook die Moedertaalfees bygewoon. Op die foto staan hy regs saam met vlnr.: Evelyn, Japie en Sakkie Kotze
dscn2716
dscn2715
dscn2727
dscn2738

ATKV-LEDE KUIER IN TSHWANE

Saturday, October 15th, 2016

ATKV-LEDE KUIER IN TSHWANE 14 OKTOBER.
Die ledebyeenkoms by NG Faerie Glen is goed bygewoon.
Japie Gouws, Besturende Direkteur van die ATKV was die gasspreker.
Hy het met lede gesels oor die suksesvolste taal- en kultuurprojekte deur Hoofkantoorpersoneel maar ook die suksesprojekte van takke dwarsoor ons land. Japie het ook na die ATKV-ooorde verwys en gemeld dat dit steeds baie goed gaan met die bedbesetting by al ons oorde.
Op die eerste foto verskyn takvoorsitters saam met HK-personeel: Sakkie Kotze (Centurion), Japie Gouws (BD), Eleine Roets (tonteldoos), Melvin Thomas (Organiseerder Takke), Soekie Nel (Akasia), Cobus Esterhuizen (Jakaranda)
dscn2692
Foto 2: Vioolspelers Liezl Smith (links) en haar dogter Mila. Agter vlnr.: Allison Tribelhorn (takvoorsitter H/s Oos-Moot, Dominic Paris (Bestuurder Takke), Carmen Steyn (takvoorsitter H/s Oos-Moot), Nick Oosthuizen (Pretoriatak)
dscn2696
Foto 3: Die gehoor luister na Japie Gouws (BD)
dscn2701
Foto 4: Oupas en oumas ontvang ‘n kopie van die Centuriontak se Omgee-Cd “Ons eer ons Senior Burgers” Vlnr.: Jan en Elma Grove (2 kleinkinders en 2 agterkleinkinders), Annemarie vd Merwe (9 kleinkinders), Roelf en Yvette Campher (17 kleinkinders en 8 agterkleinkinders), Sakkie Kotze (Centurion)
dscn2712