Archive for August, 2016

Onderwys in Afrikaans…

Wednesday, August 31st, 2016

ONDERWYS: TOEKOMSBERAAD DEUR SOLIDARITEIT BEWEGING LOK WYE BELANGSTELLING.

Die Beraad het op Woensdag 31 Augustus in Centurion plaasgevind.

Verskeie Afrikaanse onderwysleiers, akademici, skoolhoofde, sangers en verteenwoordigers van kultuurorganisasies het dit bygewoon. Vier temas is bespreek nl.:
‘n Oorsig oor Afrikaanse Onderwys en die noodsaaklikleid van Moedertaalonderrig;

Die Lesufi-uitspraak – Wat kan ouers en skole doen;?

Strategie oor die selfstandigheid van openbare skole;

Rol van Onafhanklike skole en die toekoms van Afrikaans as skoolvak.

Op die foto verskyn vlnr.: Evelyn Ferreira (Taallessenaar ATKV HK), Flip Buys (Hoof: Solidariteit), Seymour Bothman (Onderwyslessenaar ATKV HK), Chris Chameleon (sanger) Paul Colditz (BD FEDSAS) en Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Webwerf: ATKV Centurion DSCN2548

ATKV WEER VANJAAR BY JAKARANDASKOU BETROKKE.

Sunday, August 28th, 2016

Die Jakarandaskou in Pretoria het vanjaar weer die geleentheid gebied om die ATKV se taal- en kultuurprojekte asook die vakansie-oorde, aan skougangers bekend te stel.ATKV Klein Kariba het vanjaar ook die Mnr. en Mej. Jakarandaskou-kompetisie geborg.

Sangers en musikante van ATKV Centurion het weer soos in die verlede, by die Skou opgetree. Hulle was bv. van die gaskunstenaars by die Oop Gesprek oor Genealogie. Op die eerste foto verskyn hulle saam met die aanbieders van die bespreking oor Genealogie. Voor vlnr.: Isabel Groesbeek (Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika), Tom Moodie (Gryskrag) en Lily Bickerton van die PLUS 50 tydskrif. Agter: Sakkie Kotze (seremoniemeester), Sarina Briedenhann (sanger) en Rommel van der Riet (saag- en mondfluitjiespeler).

Op die ander foto sit Sarina Briedenhann en Rommel van der Riet by Klein Kariba se bemarkingstalletjie.
DSCN2537
DSCN2539

GEDENKDIENS VIR ROSIE ERASMUS BY DIE VOORTREKKERMONUMENT.

Sunday, August 28th, 2016

MUSIKANTE ONDERSTEUN THEO ERASMUS MET DIE AFSTERWE VAN SY VROU ROSIE.

Rosie is op 19 Augustus aan terminale longkanker oorlede.

Die Gedenkdiens het op Saterdag 27 Augustus by die Kapel by die Voortrekkermonument plaasgevind.

Martin Lane het die orrel bespeel en ‘n huldeblyk namens boeremusiekmusikante gelewer. Sakkie Kotze het namens die ATKV Centurion Sangers en Musiekforum gepraat. Hy het o.a. verwys na die mooi gebruik van ons Afrikaanse sangers en musikante om mekaar in lief en leed te ondersteun.

Die asplasing het daarna in die Gedenktuin plaasgevind.

Rosie word oorleef deur haar man Theo en hul drie kinders Theo, Henry, Tina en hul gesinne.

Op die foto verskyn van die musikante asook gades van musikante wat al oorlede is. Op die ander foto verskyn Theo Erasmus saam met sy seun Theo by die asplasing
DSCN2526
DSCN2530

CENTURION PRESTEER INTERNASIONAAL

Thursday, August 25th, 2016

ATKV CENTURION VEREER ‘N CENTURION VIR HAAR INTERNASIONALE PRESTASIE.

Janie Erasmus is op 16 Julie in Praag as Mej. Dowe Wêreld 2016 aangewys. Sy was in 2015 Mej. Dowe Suid-Afrika.

Janie is al 24 jaar in Centurion woonagtig. Sy is ‘n oud-leerling van Hoërskool Eldoraigne.

ATKV Centurion vereer haar as trotse Centurion en trotse Suid-Afrikaner.

Sakkie Kotze die voorsitter, het gemeld dat daar ‘n behoefte bestaan vir beter begrip, respek en verstaan tussen gestremdes en ander mense.

Op die foto ontvang sy ‘n ruiker van Beatrice Kotze (sekretaresse) en gelukwense van Sakkie Kotze (voorsitter). s.

Navrae: Sakkie Kote 082 925 1488

DSCN2514_a

VLAM VIR AFRIKAANS

Wednesday, August 17th, 2016

KYK GOU NA ONS ANDER WEBWERF: VLAM VIR AFRIKAANS – EN STUUR JOU GROETEBOODSKAP AAN “AFRIKAANS”

ONS SANGERSFORUM NOG ‘N KWALITEITSANGER RYKER

Sunday, August 14th, 2016

MARIUS STRAUSS STEL SY EERSTE CD BEKEND.

Marius het Saterdagaand sy eerste Cd by die Hoërskool Eldoraigne bekendgestel.

Hy is ook daar in matriek en het sy sangafronding by die bekende tenoor Chris Coetzer gekry.

Chris het ook die Cd-produksie behartig.

Marius is ook deel van Chris se sanggroep CROC – Vyf manne met puik stemme wat puik harmonieer.

Sakkie Kotze van die ATKV Centurion Sangersforum het Marius gelukgewens met sy puik verhoogoptrede en sy vertolking van bekende liedjies.

Hy het Marius ook genooi om lid te wees van die Sangersforum.

Sakkie het vir die gehoor gesê dat net sangers wat deur Sangskole (soos Chris se CC-studio) verwys word, lid van die Forum kan word.

Op die foto wens Sakkie vir Marius geluk met sy eerste Cd en verwelkom hy hom as lid van die Forum. Vlnr.: Harold Waltberg, Charl Marcus, Chris Coetzer, Marius Strauss, Sakkie Kotze en Greunen.

WEBWERF: ATKV CENTURION
DSCN2513

FOKUS OP ONS ERFENISBEWARING

Friday, August 12th, 2016

ERFENISSTIGTING: DIE BEWARING VAN AFRIKAANS SE TASBARE ERFENIS.

Die Erfenisstigting se kongres het op Vrydag 11 en Saterdag 12 Augustus 2016 by die Voortrekkermonument plaasgevind.

Die bewaring van Afrikaans se tasbare erfenis is deur verskeie sprekers van allekante belig. Daar is ook op al die genres van Afrikaanse woorderfenis gefokus soos o.a. letterkunde, musiek, toneel-, drama-, liriek- en teksbewaring,

Verteenwoordigers van Taal- en kultuurorganisasies soos die ATKV, die DBAT Digitale Taalkundemuseum, Eugene Marais Stigting, Genealogiese Vereniging, Kaapstadse Argief, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navrsingsentrum (NALN), en die SP Engelbrechtmuseum het o.a. as sprekers opgetree.

Dr. Danny Titus, Uitvoerende Direkteur: Kultuur van die ATKV, en mnr. Evelyn Ferreira, Senior Bestuurder: Taal by die ATKV was o.a. van die sprekers terwyl lede van die Sangers en Musiekforum van ATKV Centurion tussendeur die toesprake en besprekings, vir die sang- en musiekerfenis gesorg het.

Dr. Titus het in sy toespraak aspekte van die ATKV se erfenisfokus belig terwyl mnr. Ferreira oor die ATKV as bron van bewaring en bewusmaking van tasbare Afrikaanse taalerfenis gepraat het.

Die Centuriontak het vanjaar op 8 Mei die “Vlam vir Afrikaans”-projek in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument van stapel gestuur. Dr. Mimi Coertse het die “Vlam” aangesteek ter herdenking van Afrikaans wat op 8 Mei 1925 as amptelike taal in Suid-Afrika erken is. Besoekers aan die Monument kan voortaan daar die Besoekersboek teken en hul “Groeteboodskap aan Afrikaans” na boodskap@vlamvirafrikaans.org.za epos.

Op die eerste foto verskyn voor Rommel van der Riet (Saag en mondfluitjie) Agter vlnr.: Evelyn Ferreira, dr. Danny Titus, Venetia (sanger), Hennie Strydom (klawerbord en kitaar) en Sakkie Kotze (takvoorsitter)

Op die tweede foto verskyn Sakkie Kotze, dr. Danny Titus en Evelin Ferreira by die “Vlam vir Afrikaans” in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.

Op die derde foto verskyn vlnr. Rouel Beukes (sanger) en sy vrou Eureke, Cecilia Kruger (Besturende Direkteur van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument), Beatrice en Sakkie Kotze
DSCN2501
DSCN2506
DSCN2510

OPERA IN DIE BROOKLYNTEATER IS ‘N “MOETSIEN”-PRODUKSIE

Thursday, August 4th, 2016

BYWONING VAN “THE BARBER OF SEVILLE” IN DIE BROOKLYNTEATER IS ‘N BELEWENIS.

Lede van die ATKV Centurion Musiekforum het van die vertonings bygewoon en praat met groot lof van die kwaliteitspel, -sang en -musiekvertolking.

Die regisseur, Sandra Wolmarans slaag daarin om die gehoor se volgehoue aandag te behou – ook met fyn humor wat in die karakterspel en dialoog ingebou is.

Rouel Beukes is lid van die Musiekforum en het die rol van Don Basilio vertolk.

Ons is bly dat Rouel weer op die operaverhoë in SA verskyn na sy suksesdeelname in “The Phantom of the Opera”. Diè produksie is in ‘n rekordaantal produksies in verskeie lande aangebied.

Vrydag 5 Augustus om 19:00 en Sondag 7 Augustus om 15:00 aangebied. Kaartjies kan by die teater bepspreek word. (012) 460-6033

Op die foto verskyn Sandra en Rouel saam met Martin Lane (lid van die Forum) en Sakkie Kotze (voorsitter van die Forum).

Vlnr.: Martin Lane, Rouel Beukes, Sandra Wolmarans, Sakkie Kotze

Webwerf: ATKV Centurion

DSCN2485.JPGDSCN2485

BAIE GELUK AAN DIE ATKV-TAK VAN H/S OOSMOOT MET ‘N PUIK TALENTAAND.

Monday, August 1st, 2016

ATKV Centurion ondersteun die ATKV-tak van H/s Oosmoot met hul Talentaand.
Baie geluk aan takvoorsitter Chane Agenbach en haar bestuur van Oosmoot met ‘n baie geslaagde Talentaand.
Jacques Holloway, lid van die Centurion Sangersforum was ‘n gaskunstenaar. Sakkie Kotze takvoorsitter van Centurion was een van die beoordelaars.
Marthinus Breitenbach het puik sang gelewer en is as algehele wenner aangewys.
Op die foto verskyn vlnr.: Chane Agenbach, Marthinus Breitenbach, Jacques Holloway en Sakkie Kotze.
Oos-Moot Talentaandwenner