Archive for July, 2016

ONS JONGSTE ATKV CENTURIONLID

Sunday, July 31st, 2016

Keila Havenga ons jongste ATKV Centurionlid.
Baie geluk aan Hardus en Cornelia met hul eersteling.
DSCN2479Hardus en Cornelia dien ook op die ATKV Centurionbestuur. Hardus is ondervoorsitter. Beatrice Kotze, ook ‘n Bestuurslid staan links en Sakkie Kotze die takvoorsitter staan regs.

KOM GENIET DIE LAGTERAPIE.

Wednesday, July 20th, 2016

DAA’ GAAT DIE BRUID…!!!
BAIE GELUK AAN LEFRA PRODUKSIES MET JUL SKITTERENDE LAGTERAPIE VIR PRETORIANERS.

Frans Swart, baie dankie en baie geluk met ‘n verhoogproduksie vol humor, genot en noodsaaklike lagterapie. Hy het die Londonse suksesvolle West End Klug vertaal en verwerk en vir die eerste keer in Afrikaans op die planke gebring.

Drie legendes is ook deel van die akteurspan. Lieb Bester en Marga van Rooy is die oupa en ouma van die bruid en Gert van Tonder is haar skoonpa .

Hulle is ook aldrie jarelange ATKV-vriende.
DSCN2460Gert (van Groep 2-faam) en Lieb (trekklavierspeler) tree ook gereeld as ATKV Centurion Musiekforumlede by feeste en musiekprogramme by o.a. die Voortrekkermonument, Willem Prinsloo Landboumuseum ens. op.

Op die foto staan vlnr.: Lieb Bester, Gert van Tonder, Marga van Rooy, Frans Swart en Sakkie Kotze (ATKV Centurion).

Die skitterproduksie is hierdie week elke aand om 20:00 in die Staatsteater in Pretoria te sien. Daar is veilige parkering binne die gebou. Kaartjies by Computicket.

Kom lag ‘n slag met oorgawe en genot. Verdryf so die koue en die stadspanning.

WEWERY ‘N EEU OUE KULTUUR

Tuesday, July 12th, 2016

DIE SPINWIELKULTUUR HET DIE TOETS VAN DIE TYD DEURSTAAN.

Lede van die Wewersgilde is bekende gesigte tydens vieringe by die Sammy Marksmuseum in Pretoria.

Corrie Gouws is baie trots op die baie produkte wat sy al in haar lewe geweef het. Sy doen dit al vir 60 jaar.

“Dit is kultuurwerk op sy beste te midde van al die moderne tegnologie” het Sakkie opgemerk en haar gelukgewens met ‘n uitsonderlike prestasie om dit al vir so baie jare met trots, grasie en kultuurgenot te doen.

Op die foto bekyk Beatrice en Sakkie Kotze van ATKV Centurion van haar werk. Sakkie spog met ‘n serp van haar om sy nek.
DSCN2450

KULTUURERFENIS BY SAMMY MARKSMUSEUM GEVIER.

Sunday, July 10th, 2016

KDSCN2447ULTUURHISTORIESE PROGRAM BY SAMMY MARKSMUSEUM.

Die kultuurfeesprogram by Sammy Marksmuseum het Saterdag 9 Julie nie net op Sammy se verjaarsdagherdenking gefokus nie, maar ook die kultuurhistoriese nalatenskap van sy koms na Suid-Afrika jare gelede. Zwartkoppies is in 1989 as ‘n nasionale monument en kultuurhistoriese museum verklaar.

Danksy die Ditsong Museums van Suid-Afrika, het die Viktoriaanse boustyl van die woning en die ameublement van daardie jare pragtig behoue gebly.

Die kurator me. Annemarie Carelsen, het ook Suid-Afrikaanse skrywers genooi om hul boeke daar bekend te stel en so op die Viktoriaanse kultuur en Suid-Afrikaanse kultuur en leefwyse gefokus.

Die Marksgesin het ook in hul viktoriaanse kleredrag op ‘n verhoog “verskyn” waar Martin Jansen met hulle interessante onderhoude oor die verlede en hul koms na SA gevoer het.

Drie Afrikaanse skrywers van die ATKV se LAPA-Uitgewers was ook daar en het ook onderhoude aan Martin Jansen toegestaan oor hul Afrikaanse boeke wat al die lig gesien het.

Op die eerste foto verskyn voor vlnr.: Nerina Walters (Adj. Direkteur Sammy Marksmuseum), mev. Bertha Marks (rol gespeel deur Louise van den Berg), mnr. Sammy Marks (rol gespeel deur Theo van Niekerk), Agter vlnr.: Sakkie Kotze, Martin Jansen, Phil Marks (kind -rol gespeel deur Adrivan Shaw), Dolly Marks (kind -rol gespeel deur Bianca van Dyk) en Butler McLaren (rol gespeel deur Daniël Viljoen.

Onder die skrywers wie daar was, was ook drie wie se Afrikaanse boeke deur die ATKV se LAPA BOEKE uitgegee word. Sakkie Kotze en Hans du Plessis was albei verskeie jare op die Direksie van ATKV SA. Op die foto verskyn vlnr.: Sakkie Kotze, Martin Jansen, en die skrywers: Sophia Kapp, Helena Hugo en prof. Hans du Plessis.
Nog foto’s op ons webwerf: ATKV Centurion
DSCN2438

Voortrekkerspan kry meer inligting oor die ATKV

Thursday, July 7th, 2016

ONS GESELS MET POLSSLAGKOMMANDO SE TARENTAALSPAN OOR DIE ATKV

Die Tarentaalspan bestaan al van 2006 toe die spanlede in Gr. 2 was. Vandag is hulle in matriek, besig met hul voorbereiding vir die Matriekeindeksamen.

Sakkie het hul offisier, Amanda Lotter bedank en gelukgewens dat sy volhgehou et om haar span deur al die jare bymekaar te hou met volhoubare en interessante spanvergaderings. Hy het ook die spanlede wat deur al die jare ‘n lid van die Tarentaalspan gebly het, bedank en gelukgewens dat hulle dwarsdeur hul laerskool- en hoërskooljare lojaliteit teenoor die Voortrekkers getoon het. Hy het hulle voorspoed en sukses met die eindeksamen toegewens en uitgenooi om hul jeugleierskap na skool voort te sit.

Hy het hulle met hul groeptaak oor Afrikaanse Kultuurorganisasies ondersteun en meer vertel oor die ATKV. Hy is al jarelank voorsitter van ATKV Centurion en het verskeie termyne as lid van die ATKV-direksie voltooi. Hy was ook ‘n Voortrekker, Spanleier, Kommandant, Skakeldraer van die Staatmakers en lid van die Hoofbestuur van die Voortrekkers.

Op die foto verskyn vlnr.: Sakkie Kotze, Amanda Lotter, Marie Snyman, Mariette Smith, Zander Noome, Danè Joubert en Jacques Lotter.
DSCN2436

Studente draf deur die land vir Christus.

Monday, July 4th, 2016

ONS ONDERSTEUN “ATLETE VIR CHRISTUS”

Twee bussies vol studentelidmate van die NG Moedergemeente op Stellenbosch, hardloop hierdie vakansie 1,984 km as deel van hul uitreikprojek: “Atlete vir Christus”.

Die groep hardloop, sing en gesels Christus vanaf Kosibaai (27 Junie) tot by Nature’s valley (13 Julie).

Alta van Schalkwyk en Eugene Marais is die leiers van die groep.

Alta is ook die voorsitter van die ATKV-tak op Velddrif.

Ons het hulle tussen Ficksburg en Ladybrand ontmoet en hulle seënwense en voorspoed toegewens.

Op die foto wens Sakkie Kotze (ATKV Centurion) vir Alta en haar span geluk met hul uitreikmissie.

Hulle het gister die erediens op Ladybrand bygewoon en vanoggend vandaar via Hobhouse na Dewetsdorp vertrek.

Volg hulle op www.kruiskerk.com/avc Sel. 073 648 0860
Hulle slaap vanaand op Dewetsdorp, dan Smithfield, Colesberg, Cradock, Fort Beaufort, Paterson, Port Elizabeth, Humansdorp en Nature’s Valley.
DSCN2411

AFRIKAANS AS TAALERFENIS

Monday, July 4th, 2016

ATKV se Taalerfenissimposium fokus op Afrikaans as taalerfenis.

Taalkenners, akademici en die media is as gaste genooi om die simposium op 30 Junie in Muldersdrift by te woon. Die sprekers het op verskeie aspekte van Afrikaans as taalerfenis gefokus (taalvariëteie, onderwystaal, brugbouer, radio- en tv-taal ens.: Proff. Wannie Carstens (NWU), en Frank Hendricks (UWK), Drs. Donovan Lawrence (UJ) en Willa Boezak (Khoisan-navorser), Cecilia Kruger (Erfenisstigting), Ruan Coetzer (UP), Jacqueline Setai (Media24) en Pieter du Toit (Netwerk24)

Op die eerste foto verskyn twee oud-Direksielede van die ATKV, prof. Hans du Plesiss (links) en Sakkie Kotze saam met een van die sprekers dr. Willa Boezak ‘n Khoisan-navorser.
Op die tweede foto verskyn mnr. Japie Gouws (BD van die ATKV) dr. Danny Titus (Uitvoerende Direkteur: Kultuur) saam met mnre. Jan Bosman (Afrikanerbond) en Sakkie Kotze (ATKV Centurion).
Op die derde foto verskyn nog twee sprekers nl. prof. Wannie Carstens (NWU) en Magdaleen Kruger (RSG) saam met Evelyn Ferreira (ATKV taallessenaar) en Sakkie Kotze
Op die laaste foto verskyn nog ‘n spreker, Pieter du Toit (nasionale nuushoof van Netwerk24) saam met Karien Brits (ATKV HK) en Sakkie Kotze.
DSCN2375

DSCN2388

DSCN2392