Archive for May, 2016

Applous vir APPLOUS se Veertigste bestaansjaar.

Monday, May 30th, 2016

ATKV APPLOUS KOORKOMPETISIE VANJAAR VIR DIE VEERTIGSTE JAAR AANGEBIED.

Eenhonderd-vyf-en-tagtig skole in Suid-Afrika het vanjaar vir die Applous Koorkompetisie ingeskryf.

Agt-en-veertig skole het 28 Mei in Pretoria deelgeneem. Vrywillige kultuurwerkers soos Marina Mentz is al vanaf 1992 by Applous betrokke. Bessie Keun is die afgelope drie jaar Streekorganiseerder en sedert 1999 organiseerder van Applous. Marina en Bessie is self ook uitmuntende koorleiers en musiekkenners.

Prof. Petru Grabe is al van die ontstaan van Applous as hoofbeoordelaar betrokke. Hy is by al die kompetisies in die land teenwoordig en maak oral van beoordelaars gebruik wat al vir baie jare kwaliteitbeoordeling doen.

Johan Esterhuizen is al vir die afgelope tien jaar die voltydse projekorganiseerder van Applous vanuit die ATKV Hoofkantoor in Randburg. Attie Rossouw is al van die beginjare by Applous betrokke en rig elke jaar kore van verskeie hoër- en laerskole af. Vanjaar het hy agt kore wat deelneem.

Marina Mentz en Sakkie Kotze is ook voorsitters van onderskeidelik die Tonteldoostak en Centuriontak van die ATKV. Sakkie was voorheen as ATKV Direksielid ook die takvoog van Tonteldoos.

Kore wat na die lanwye Finaal van Applous op 4 Augustus in Stellenbosch genooi word, word binnekort bekend gemaak sodra al die streekkompetisies afgehandel is.
DSCN2206

Herdenkingsdiens en kranslegging vir Militêre veterane

Sunday, May 29th, 2016

Brig-genl. Marius Cornelissen, afgetrede Kapelaan Generaal van die SAW het die opening waargeneem. Hy het tydens teetyd met trots gepraat van hul gesin se aangename jaarlikse seevakansie by ATKV Hartenbos. Dr. Wouter van Wyk Direksievoorsitter van die VTM en Erfenisstigting verskyn saam met Genl. Gert Opperman en Sakkie Kotze op die foto.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool en Laerskool Rooihuiskraal het ook aan die kranslegging deelgeneem. Voor staan Estiaan Nawn en Anouque Hefer. Agter vlnr.: Mnr. Ferdi Maree (Hoof L/s Rooihuiskraal), Henk Pretorius, en Daan vd Walt saam met hul hoof Dr. Pierre Edwards.
DSCN2229
DSCN2235
DSCN2222

Kranslegging vir Militêre Veterane

Sunday, May 29th, 2016

Jaarlikse Herdenkingsdiens van die Raad van Militêre Veterane-Organisasies (RMVO) by die SAW Muur van Herinnering. Voortrekkermonument. 29 Mei 2016
Sakkie Kotze het namens die ATKV ‘n krans gelê.
Op die foto verskyn verteenwoordigers van Afrikaanse Kultuurorganisasies saam met Maj. Genl Gert Opperman en mnr. Makopa van Vryheidspark. Vlnr.: R. Makoba (Vryheidspark), Z. van Huyssteen (FAK), L.Barnard (Dames Aktueel), Gert Opperman, L.Schnetler (Transvaalse Voortrekkers), L.Schultze (Rapportryers) en Sakkie Kotze ATKV. Mnr. K. Tredoux van die Afrikanerbond staan agter.
DSCN2213
DSCN2220

Takvoorsitters al vir baie jare by ATKV se jaarlikse Algemene Jaarvergadering (AJV) teenwoordig.

Friday, May 27th, 2016

Jarelange ATKV-lede ook weer by vanjaar se Algemene Jaarvergadering (AJV) 25 en 26 Mei by ATKV-oord Goudini naby Worcester, teenwoordig. Takafgevaardigdes wat al vir meer as twintig jaar aan die ATKV verbonde is, was vanjaar weer by die AJV. Timon Jansonnius was oordbestuurder by Hartenbos, Klein-Kariba en Drakensville. Vanjaar het hy vir die eerste keer as ‘n vrywillige kultuurweker die Ficksburgtak by die AJV verteenwoordig. Tracey van Wyk van die Secundatak was ook vir baie jare lid van die Hoofbestuur van ATKV Dames. Al die ander takvoorsitters op die foto (Corne, Michiel, Johan en Sakkie Kotze, was ook vir baie jare direkteure op die ATKV Direksie. Vlnr.: Ben Venter (Tak Bethlehem), Timon Jansonnius (Tak Ficksburg), Tracey van Wyk (Tak Secunda), Corne de Milander (Tak Saldanhabaai), Michiel Jacobs (Tak Alberton), Johan Fourie (Tak Wyngilde Port Elizabeth), en Sakkie Kotze (Tak Centurion). Op die tweede foto verskyn Timon Jansonnius saam met Schalk Cilliers, Uitvoerende Direkteur: Sake by die ATKV Hoofkantoor.
DSCN2203
DSCN2193

Dr. Mimi Coertse steek die “Vlam vir Afrikaans” aan

Tuesday, May 24th, 2016

Dr. Mimi Coertse, internasionale verhoogkunstenaar en diva, is deur ATKV Centurion genooi om die “Vlam vir Afrikaans” aan te steek.

Die Fakkel sal voortaan saam met die talle “groeteboodskappe vir Afrikaans” wat van oraloor van kultuurorganisasies, naskoolse opvoedkundige inrigtings en skole ontvang is, in die Senotaafsaal in die Voortrekkermonument besigtig kan word.

Op die foto verskyn mnr. Japie Gouws, Besturende Direkteur van die ATKV langs haar. Marrie Theron, saagspeler van ATKV Centurion Musiekforum staan heel links saam met verteenwooordigers van skole wat groeteboodskappe langs die “Vlam vir Afrikaans” kom plaas het.
DSCN2119

“Groete aan Afrikaans”

Tuesday, May 24th, 2016

Die Groeteboodskappe wat ons ontvang het verskyn op die webwerf: ATKV Centurion. Klik op die eerste bladsy op die regterkantse kolom onder “Groete aan Afrikaans”.

Naskoolse inrigtings en skole waar Afrikaans as Huistaal en Addisionele Taal aangebied word, is genooi om groeteboodskappe te bring of te stuur. Dit sluit alle inrigtings ongeag hul geloofsoortuiging in. Ons plaas bv. drie foto’s van skole met verskillende geloofsoortuigings wat hul groeteboodskappe langs die “Vlam vir Afrikaans” kom plaas het hierby in. Hul groeteboodskappe kan ook op die skakel op ons webwerf gelees word.

Eerste foto: Holy Trinity Secondary School: Twee Gr. 12-leerders van die skool wat Afrikaans Addisionele taal neem, het hul skool se groeteboodskappe by die “Vlam vir Afrikaans kom plaas. Vlnr.: Sakkie Kotze (ATKV Centurion), Dayne Jooste en Kgomotso Mkhanda

Tweede foto: Die Hoofseun en Hoofmeisie van Laerskool Bakenkop waar Afrikaans as Huistaal (moedertaal) aangebied word. Vlnr.: Kyla Jacobs (Hoofmeisie), Sakkie Kotze (ATKV Centurion), en Daniel marais (Hoofseun).

Derde foto: Al-ASR Educational Institute: Drie Gr. 12-leerders van die skool waar Afrikaans as Addisionele Taal aangebied word, het hul skool se groeteboodskappe by die “Vlam vir Afrikaans” kom plaas. Vlnr.: Bismillah Suliman, Sakkie Kotze (ATKV Centurion), Julius Edward (Ebrahim) en Hajira Sikander.
IMG_2173
DSCN2132
IMG_2183

Lees al die interessante groeteboodskappe wat ons ontvang het.

Monday, May 23rd, 2016

“Groeteboodskappe”
Al die groeteboodskappe wat ons dusver van oraloor ontvang het, kan op www.tak.co.za gelees word. Op die openingsbladsy is daar aan die regterkant ‘n skakel: “Groeteboodskappe aan Afrikaans”. Klik daarop en lees die boodskappe wat deur kultuurorganisasies asook, universiteite, kolleges en skole waar Afrikaans as huistaal- en addisionale taal aangebied word. aan ons gestuur is. Die boodskappe wat tydens ons funksies op 8 en 18 Mei by die Voortrekkermonument gelees en langs die “Vlam vir Afrikaans” geplaas is, is ook daarby ingesluit.

BAIE DANKIE VIR AL DIE “GROETEBOODSKAPPE AAN AFRIKAANS”

Saturday, May 21st, 2016

“GROETEBOODSKAPPE AAN AFRIKAANS”

Aan al die kultuurorganisasies, opvoedkundige inrigtings en skole wat Groeteboodskappe gestuur of gebring het.

Baie dankie vir u deelname aan ons projek by die Voortrekkermonument.

U groeteboodskap is nou deel van die permanente uitstalling langs die “Vlam vir Afrikaans”.

Baie dankie vir die bevordering van Afrikaans op u kampus, by u skool en in u gemeenskap.

Ons is lief vir Afrikaans En ons respekteer en bevorder ook die ander tale in ons land.

Laat ons leuse wees: “Ons praat ook jou taal”.

Vriendelike ATKV-groete.

ATKV CENTURION
ONS LAAT TAAL EN KULTUUR LEEF…!!!

“ONS VIER NOG STEEDS AFRIKAANS..!!!

Wednesday, May 18th, 2016

ATKV Centurion vier AFRIKAANS”.
Verteenwoordigers van kampusse en skole waar Afrikaans as moedertaal en addisionele taal bestudeer word, bring “Groeteboodskappe aan Afrikaans” Woensdag 18 Mei by die Voortrekkermonument.

Prof. Elvis Saal het Unisa se Departement Afrikaans verteenwoordig, Die Universiteit van Pretoria se Departement Opvoedkunde is verteenwoordig deur Annika van Heerden en Candace Codd. Die Tshwane University of Technology (TUT) is verteenwoordig deur Zanele Sibiya. Haar huistaal is Isizulu.

Buthembe Present van Laerskool Jopie Fourie, was die gasspreker. Haar huistaal is Xhosa. Sy het die gehoor bekoor met haar pragtige uitspraak en gebruik van humoruitdrukkings in Afrikaans.
Die Transoranje Skool vir Dowes is verteenwoordig deur Shayne Benade. Hy het sy skool se groeteboodskap met die hulp van die skool se tolk me. Marelize Gouws, met gebaretaal aan die gehoor oorgedra.

Benewens die baie groeteboodskappe wat ons van oral in die land ontvang, het die volgende skole groeteboodskappe gebring en voorgelees: Al-ASR Institute, Hillside Primary, Holy Trinity Secondary Catholic School, Jacaranda Primary, Laerskool genl. Beyers, Laerskool Jopie Fourie en Lotus Gardens Secondary School.

Jacques Holloway, oud-leerling van die Prinshofskool vir Blindes het ‘n musiekitem gelewer en ten slotte sy waardering uitgespreek teenoor almal wat daar was en die interessante groeteboodskappe wat hy van huistaal- en addisionele taalgebruikers gehoor het.

Op die eerste foto verskyn me. Etta Judson, namens die Bestuur van die Voortrekkermonument saam met Sakkie Kotze van ATKV Centurion.
Op die volgende foto verskyn die verteenwoordigers van die tersiêre inrigtings saam met Sakkie. Vlnr.: Sakkie Kotze, Candace Codd (UP), Annelize Dalling (TUT), Hanlie Kaltwasser (TUT), Annika van Heerden (UP) en prof. Elvis Saal (Unisa).
IMG_2089
IMG_2216

Onderwysstudente van weleer kuier en herinner ver jare terug.

Sunday, May 15th, 2016

Oudstudente van Goudstadse Onderwyskollege kuier saam in Krugersdorp op Saterdag 14 Mei 2016. GOK is op 1 Januarie 1961 geopen en het op 31 Desember 1992 sy deure finaal gesluit.

Carolien van Niekerk (nou de Lange) was Goudstad se Joolkoningin in 1968. Sy sit hier saam met drie oud-studente wat later in hul onderwysloopbaan, topposte in die Onderwysdepartement beklee het. vlnr.: Helgaard Muller (Hoof L/s Brits en daarna Superintendent van Onderwys: Streek), Gert Bezuidenhout (Superintendent van Onderwys: Akademies) en Sakkie Kotze (Hoof L/s Zeerust en Buitelugskool Hobhouse, Superintendent van Onderwys: Streek, Direkteur van die Transvaalse Afrikaanse Ouervereniging)

Sakkie het aan sy mede oudstudente wat nou ook senior burgers is, ‘n kopie van ATKV Centurion se Cd “Ons eer ons Bejaardes” geskenk. Dit bevat o.a. terugverlangliedjies deur Jurie Ferreira, Gert van Tonder, Rudi Neitz, Lance James, Innes en Franna Benade en Nadine.
DSCN2163
DSCN2141