Archive for April, 2016

Kom Vier Afrikaans en Moedersdag 8 Mei by die Voortrekkermonument.

Thursday, April 28th, 2016

Afrikaans verjaar op Moedersdag…!!!! Sondag 8 Mei.
Ja dis reg, want ons het “Afrikaans van Moedersknie” af geleer.
Kom vier saam Afrikaans en Moedersdag Sondag 8 Mei vanaf 14:00 in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.
Dr. Mimi Coertse gaan ‘n “Vlam vir Afrikaans” aansteek. Rouel Beukes, Coert Grobbelaar, Chris Coetzer, Martin Lane en Theo Erasmus en Tiro Moshosho tree as gaskunstenaars op. Asook die Cantare Kinderkoor, Spreekkoor van L/s Nantes, orkes van H/s Waterkloof, ATKV Centurionsangers en -musikante.
Bespreek u plek vir hierdie historiese gebeurtenis by vtm.org.za (Ons Vier Afrikaans).en kry u kaartjies dan by u aankoms by die ingangshek.
Navrae: Sakkie Kotze iakotze@mweb.co.za 082 925 1488

Centurionmusikante bevorder verhoudinge met ander kultuurgroepe in Suid-Afrika

Wednesday, April 27th, 2016

ATKV Centurionmusikante verteenwoordig Afrikaanse Kultuurgroep in Kultuuroptog op Vryheidsdag in Pretoria. Die optog het by die Paleis van Justisie op Kerkplein begin en by ie Uniegebou geëindig.

Van die Musiekforumlede het saam met Zulu-, Ndebele- en Setswana kultuurvennote deelgeneem.
Elke groep het met sy eie sang, musiek, en danse die duisende toeskouers allangs die roete vermaak.

Die Centurionmusikante het tradisionele Afrikaanse musiek verskaf met hul tradisionele musiekinstrumente: ‘n konsertina, mondfluitjie, trekklavier en saag.

Kobus Paulsen (konsertina) Herman Steyn (mondfluitjie en kitaar), Willie Jooste (trekklavier), en Herman Lamprecht (saag).

Op navraag van die media wat wou weet waarom die groep deelneem, het Sakkie Kotze opgemerk dat musiek ‘n ideale brugbouer en versterker van goeie verhoudinge tussen al die taal- en kultuurgroepe in ons land is.
DSCN1899
DSCN1907
DSCN1918
DSCN1931
DSCN1906

AFRIKAANS VERJAAR OP 8 MEI. MIMI COERTSE STEEK ‘N “FAKKEL VIR AFRIKAANS” AAN

Friday, April 15th, 2016

MIMI COERTSE STEEK ‘N “FAKKEL VIR AFRIKAANS” AAN.
Kom luister na haar “Groeteboodskap aan Afrikaans”.
Kom vier saam die “Verjaarsdag van Afrikaans”.
Historiese Gebeure waarop u opreg trots sal wees.!
SONDAG 8 MEI vanaf 14:00 by die Voortrekkermonument Pretoria.
Koop jou kaartjies by vtm.org.za Dit sluit toegangsgeld tot die terrein in.
Kultuurorganisasies, skole en kerke stuur of bring ‘n “Groeteboodskap aan Afrikaans”.
Dit word langs die Fakkel in die Senotaafsaal geplaas sodat besoekers dit ook kan sien en lees.
Die program bestaan uit optredes van die CANTARE Kinderkoor, orkes van H/S Waterkloof, Spreekkoor van L/S Nantes, Lance James, Tiro, die Tenore Chris Coetser en Coert Grobbelaar.
Navrae: Thea Furstenburg (V/monument) en Sakkie Kotze (ATKV Centurion) 082 925 1488
Organisasies, skole, kerke en besighede wat Groeteboodskappe wil stuur of bring, moet ons eers kontak. iakotze@mweb.co.za

Groeteboodskappe aan ons taal wat verjaar.

Sunday, April 10th, 2016

STUUR U GROETEBOODSKAP AAN AFRIKAANS.
ONS NOOI SKOLE, KULTUURORGANISASIES EN KERKE OM ‘N “GROETEBOODSKAP AAN AFRIKAANS” TE STUUR.

AFRIKAANS VERJAAR OP 8 MEI. ONS TAAL IS OP 8 MEI 1925 AS AMPTELIKE TAAL IN SA ERKEN.
U boodskap kan bv. in die vorm van ‘n gedig, ‘n liriek, ‘n slagspreuk of ‘n credo wees.
Dit moet op ‘n A4 folio briefhoof met u logo daarop gedruk wees aangesien al die groeteboodskappe in ‘n leêr ingebind word. Dit word langs die “Fakkel Vir Afrikaans” geplaas ter insae vir besoekers aan die Voortrekkermonument.
U groeteboodskap moet dus nie per epos of faks gestuur word nie, maar na “Ons Vier Afrikaans” gepos word (Posbus 8773 Pretoria 0001) of per koerier by die hek van die Voortrekkermonument ingehandig word.

SIEN JOU BY DIE VOORTREKKERMONUMENT 8 MEI

Thursday, April 7th, 2016

ONS VIER AFRIKAANS SE VERJAARSDAG. 8 MEI.
Bespreek u plek by vtm.org.za
VOLLEDIGE PROGRAM. KYK NA WEB: ATKV CENTURION
Advertensie

KOM VIER SAAM AFRIKAANS…!!!

Sunday, April 3rd, 2016

ONS TAAL VERJAAR OP 8 MEI…!!!
“ONS VIER AFRIKAANS MET WOORD EN LIED…!!!
MIMI COERTSE STEEK ‘N FAKKEL AAN VIR AFRIKAANS…!!!

WAAR: Senotaafsaal v.d. Voortrekkermonument.
WANNEER: Sondagmiddag 8 Mei vanaf 14:00
KAARTJIES BY TICKSA.

‘n Inisiatief v.d. ATKV Centurion Musiekforum en Bestuur v.d. Voortrekkermonument & natuurreservaat/nature reserve
Besoek die webwerwe v.d. Monument en ATKV Centurion vir meer nuus.
NAVRAE: Sakkie Kotze en Thea Furstenburg.
082 925 1488

Nadine herdenk 20 jaar se verhoogoptrede vol trots en glorie…!!!

Saturday, April 2nd, 2016

ATKV VEREER NADINE VIR HAAR BEVORDERING VAN DIE AFRIKAANSE TAAL EN KULTUUR.
Nadine het Vrydag 1 April haar 20e jaar op die verhoog met ‘n unieke Feeskonsert in die Big Top Arena by Carnival City gevier. Sy is met musiekbegeleiding ondersteun deur die CBS Brusselse Orkes van België wat spesiaal vir die geleentheid gekom het. Nadine is ook internasionaal baie bekend en word veral deur die inwoners van België, Nederland en Vlaandere vir haar sangtalent bewonder.
Nadine het van haar Afrikaanse en Engelse trefferliedjies van die afgelope 20 jaar gesing en telkens groot applous en waardering van die gehoor ontlok.
Van haar bekendste Afrikaanse liedjies sluit o.a. in: “Krappies en Krefies”, “Kaapse Draai”, “Tyd”, “Rooi Roos”, “Hout op die Vure”, en twee liedjies wat deur haar ouma Heleen geskryf en gekomponeer is nl. “Tiekie se Koffie” en “Ou Murasie”. Nadine het self ook ‘n liedjie geskryf nl. “Gaan groot of gaan huistoe”.
Sakkie Kotze het tydens die program trots vertel dat die Centurion Sangersforum van die ATKV Nadine al sedert haar sangloopbaan as dertienjarige skoolkind, met ‘n eerste debuutalbum verskyn het, ondersteun. Sy was toe in Pretoria op skool.
Dr. Danny Tiitus, Uitvoerende Direkteur: Kultuur van ATKV SA, het haar daarna ook gelukgewens en aan haar ‘n oorkonde oorhandig met die bewoording: “Vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur as sanger, akteur en TV-aanbieder.”
Nadine het as akteur o.a. in die verhoogproduksie “Lied van my Hart” die hoofrol teenoor Steve Hofmeyr vertolk. Sy vertolk volgende maand die hoofrol in “Sneeuwitjie”. Sy is tans die aanbieder van die TV-program “Musiek Roulette”.
Op die foto verskyn o.a. lede van die Centurion Musiekforum wat by die konsert teenwoordig was nl. Voor vlnr.: Chris Coetzer (sanger), Melvin Thomas (ATKV HK), Heleen Wentzel (sanger), dr. Danny Titus (Dir. Kultuur ATKV), Martin Lane (musikant), Dominique Paris (ATKV HK) Agter: Greunen (sanger), Eben Potgieter en Sakkie Kotze (albei uitgetrede lede van die ATKV Direksie) en Herman Lamprecht (musikant). Op ‘n ander foto verskyn Nadine ook saam met van hulle. Nog ‘n foto: Sy het verskeie ander sangers genooi om op te tree soos o.a. Willem Botha wat saam met haar ‘n duet gesing het.

Nadine Edit 1
DSCN1889
DSCN1873
DSCN1879
Sakkie Kotze 082 925 1488 Webwerf: ATKV Centurion

KOM VIER SAAM MET ONS AFRIKAANS…!!!

Friday, April 1st, 2016

ONS TAAL VERJAAR OP 8 MEI…!!!
“ONS VIER AFRIKAANS MET WOORD EN LIED…!!!
MIMI COERTSE STEEK ‘N FAKKEL AAN VIR AFRIKAANS…!!!

WAAR: Senotaafsaal v.d. Voortrekkermonument.
WANNEER: Sondagmiddag 8 Mei vanaf 14:00
KAARTJIES BY TICKSA.

‘n Inisiatief v.d. ATKV Centurion Musiekforum en Bestuur v.d. Voortrekkermonument & natuurreservaat/nature reserve
Besoek die webwerwe v.d. Monument en ATKV Centurion vir meer nuus.
NAVRAE: Sakkie Kotze en Thea Furstenburg.