Archive for December, 2015

Kersfeesgroete

Sunday, December 20th, 2015

KERSFEESGROETE VIR 2015
Die kersliggies in Danville is baie mooi. Die publiek se geskenkies aan mense wat deur armoede geteister word is baie lofwaardig. ATKV Centurion het deur al die jare ook bygedra en al verskeie gratis musiekprogramme vir die inwoners aangebied. Mag ons almal egter ook by die liggies en geskenkies verbykyk en die ware Christusfees vier met ons oog altyd gerig en gefokus op die ware Messias en Verlosser. ‘n Baie geseende Kersfees en voorspoedige Nuwejaar aan al ons lede, vriende en familie. Op die foto vlnr.: Heinz, Kotie, Beatrice en Sakkie Kotze
20151216_203415
20151216_204243

Kultuurvennoot se Kerskonsert was ‘n belewenis.

Sunday, December 6th, 2015

Erika Volkspelelaer en Moot Kantate se Kerskonsert by hul kampus DIe Werf op 5 Desember was voorwaar ‘n kwaliteit christenbelewenis.

Die gehoor is saamgeneem op ‘n “Internasionale Kersfeestoer” met kersliedere van Duitsland, Amerika, Engeland, Frankryk en Suid-Afrika. Die program is afgesluit met “Stille Nag” en “Somerkersfees”. Die tenoor Johan Coertzen was die musiekregisseur, hoofsanger en dirigent.

Op die een foto wens Sakkie Kotze vir Sean Dippenaar die laerleier geluk met die puik produksie en met hul 74e bestaansjaar. Regs van die kersboom staan Fia Moller en Johan Beukes wat albei al vir meer as 40 jaar lede van hierdie dinamiese sukseslaer is.
Op die ander foto staan Johan Coertzen saam met van die kinders wat daar was by die kersboom.
DSCN1645
DSCN1641

Gelukwense aan Centurion Laerskole se Toppresteerders in Afrikaans

Friday, December 4th, 2015

Gelukwense aan die Toppresteerders Afrikaans van Centurionskole.
Op die foto verskyn Voor vlnr.: Nadia de Lange (L/s Fleur), Suwaibah Hajee (L/s Fleur), Sakkie Kotze (ATKV Centurion), Elani Smith (L/s Wierdapark), Thirza Jonkers (L/s Bakenkop). Agter vlnr.: Koketso Speco (L/s Paratus), Marichelle Visagie (L/s Rooihuiskraal), Jannus v d Berg (Wierda Independent School).
afrikaans

Gelukwense aan Toppresteerders van Centurionskole

Wednesday, December 2nd, 2015

Baie geluk aan Matrieks van Centurionskole wat vanjaar in Gr. 12 en in 2010 (Gr. 7) Toppresteerders by hul onderskeie skole was. Ons beste wense vergesel julle.
gr7-12 top copy

Martin Lane en Coert Grobbelaar is befaamde musici.

Tuesday, December 1st, 2015

BAIE DANKIE AAN TWEE STAATMAKERS EN ATKV-VRIENDE.

Martin Lane en Coert Grobbelaar is voorwaar musici op wie ‘n mens altyd kan staatmaak.

Hulle is albei baie suksesvol in hul onderskeie musiekloopbane omdat hul eerstens Godgegewe talent ontvang het waarmee hulle elke dag dankbaar woeker.

Hulle gebruik hul talent ook om die Afrikaanse taal en kultuur deur hul musiek en sang onbeskaamd te bevorder.

Hulle onderskei hulself ook van die meeste sangers en musikante deur hul talent, gawes en ervaring in die ateljee en op die verhoog, met ander musikante en sangers te deel.

Martin Lane is ‘n klavier- en orrelspeler van formaat. Hy het al vele Cd’s met sy groot verskeidenheid musiekgenres voltooi. Hy spog selfs met ‘n kerkorrel in sy huis waar die klawers “nooit rus kry nie”. Hy was sy hele beroepsloopbaan musiekregisseur by die SAUK en het saam met Fanus Rautenbach en Esme Everard in die uitsaaiateljee begin. Daar is baie min musikante wat soos Martin enige melodie, uit enige musiekgenre impronto op die verhog kan uitvoer sonder enige bladmusiek.

Coert Grobbelaar is ‘n befaamde tenoor wat sy sangopleiding oorsee gekry het. Sy repertorium bestaan ook uit ‘n verskeidenheid van christen-, opera-, kamer-, en tradisionele Afrikaanse musiek. Hy bedryf voltyds ‘n sangskool met kampusse op verskeie plekke in Gauteng. Sy nuutste Cd ” ‘n Oulap se eiegoed” is ‘n pronkstuk en ‘n erfstuk met sy vertolking van o.a. “Heimwee”, “Kersliedjie”, “Voshaarnooi” ens. Mimi Coertse se mooi kommentaar in haar eie handskrif, verskyn ook op die titelblad van die Cd.

Van die ATKV Centurion Musiekforumlede het die afgelope Sondagoggend o.l.v. Martin en Coert tydens die Gedenkdiens vir Anneke Mostert by die NG-gemeente Quellerina opgetree.

Ons beste wense vergesel julle. Julle voeg oneindige waarde toe tot kwaliteitsang- en musiek.
RSCN1621

Centurion Vrywillige Werker van die Jaar 2015

Tuesday, December 1st, 2015

PIETER FRANKEN CENTURION VRYWILLIGE WERKER VAN DIE JAAR 2015

Mnr. Pieter Franken is die afgelope week, tydens die ATKV se Toppresteerderfunksie, as Centurion se Vrywillige Werker vir 2015 aangewys.

Hy doen al vir baie jare welsynswerk in Centurion en het veral ‘n sagte plek in sy hart vir persone met Downsindroom.
Hy onthaal elke jaar bykans tweehonderd van hulle en hul families met ‘n kersfeesete en kersgeskenke.

Die ATKV Centurion vra elke jaar namens die inwoners en in samewerking met die media, skole, kerke, welsyns- en ander gemeenskapsorganisasies nominasies vir Centurion Vrywillige Werker van die Jaar.

Die nominant moet in Centurion woon, sy vrywillige werk in Centurion verrig en mag nie vergoeding of betaling daarvoor ontvang nie.

Sakkie Kotze voorsitter van ATKV Centurion, het tydens die gelukwense aan mnr. Franken namens die inwoners van Centurion, daarop gewys dat vrywillige werkers in ons gemeenskap a.g.v. ons land se ekonomie al hoe minder word. Hy het onder andere ook gesê:
“Daarom waardeer ons dit al hoe meer as daar nog inwoners soos Pieter Franken is wat bereid is om nog steeds tyd af te staan en welsynswerk in ons gemeenskap te doen”

Op die foto wens Sakkie hom geluk met die toekenning.
Op die ander foto verskyn hulle saam met Magda Lourens, voorsitter van die Downsindroomvereniging in Pretoria, Cornel Lourens (links) en Daleen van Wyk (regs).
DSCN1639
vrywillige werker 1