Archive for November, 2015

Liriek: Gedenklied vir Anneke Mostert deur Thea de Kock (Centurion Musiekforum)

Sunday, November 29th, 2015

20151104_073935

Baie dankie aan lede van ons Musiekforum

Sunday, November 29th, 2015

Baie dankie aan die lede van ons Musiekforum wat vanoggend by die Gedenkdiens vir Anneke Mostert opgetree het.
Baie dankie Thea vir die liriek wat jy geskryf het. Baie dankie Marlene Bezuidenhout en Martin Lane vir jul gevoelvolle vertolking van die lied.
Baie dankie aan Rommel en Tristan vir jul puik instrumentspel.
Baie dankie Coert Grobbelaar vir jou puik sang met die “Onse Vader”
Ek glo dat ons het reg laat geskied aan die eer vir ‘n jong meisie wat haar lewe op so ‘n jeugdige ouderdom geneem het.
Ons bid haar ouers krag en genade toe. Ons ondersteun hulle ook met die Anneke-depressie voorkomingsveldtog.

ANNEKE MOSTERT GEDENKDIENS

NG QUELLERINA 29 NOVEMBER 2015

Prediker: dr. Henk Gous

SANG EN MUSIEK TER HERDENKING AAN HAAR.
(deur ATKV Centurion Sangersforum)

“Gebed”.

“Genade onbeskryflik groot”.

Deur musikante: Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie) en Tristan Kapp (viool)

“Anneke Mostert” – Gedenklied (Liriek deur Thea de Kock)

“Halleluja”

Albei liedere gesing deur Marlene Bezuidenhout met klavierbegeleiding deur Martin Lane.

Oorhandiging van Gedenklied as muurbehangsel aan mnr. en mev. Mostert. Deur Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion

“Onse Vader”
Gesing deur Coert Grobbelaar met orrelbegeleiding deur Martin Lane.

Ons ondersteun die Mostertgesin se depressieveldtog.

Sunday, November 29th, 2015

ANNEKE MOSTERT GEDENKDIENS

NG QUELLERINA 29 NOVEMBER 2015

Prediker: dr. Henk Gous

SANG EN MUSIEK TER HERDENKING AAN HAAR.
(deur ATKV Centurion Musiekforum)
Anneke het ‘n paar weke gelede selfdood gepleeg a.g.v. spottery by die skool en depressie.
DSCN1630
DSCN1627
20151129_111454
DSCN1624
“Gebed”.
“Genade onbeskryflik groot”.
Deur musikante: Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie) en Tristan Kapp (viool)

“Anneke Mostert” – Gedenklied (Liriek deur Thea de Kock)
“Halleluja”
Albei liedere gesing deur Marlene Bezuidenhout met klavierbegeleiding deur Martin Lane.

Oorhandiging van Gedenklied as muurbehangsel aan mnr. en mev. Mostert. Deur Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion

“Onse Vader”
Gesing deur Coert Grobbelaar met orrelbegeleiding deur Martin Lane.

Op die eerste foto verskyn die Mostertgesin saam met Thea de Kock (liriekskrywer) en Sakkie Kotze (albei van ATKV Centurion. Voor sit die kinders Jacques, Tanisha en JP. Agter hou Margha en Daan die aandenking met die liriek daarop met Thea de Kock links en Sakkie Kotze regs.
Op die volgende foto verskyn die ATKV Centurionsangers en musikante wat tydens die diens opgetree het vlnr.: Tristan Kapp (viool), Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie), Marlene Bezuidenhout (sopraan), Coert Grobbelaar (tenoor) en Martin Lane (orrel en klavier.

Sakkie het ook aangekondig dat hulle die Mostertgesin se depressieveldtog ten volle gaan ondersteun. Op die laaste foto vertoon van die Mostertfamilie die T-hempies wat hulle in die veldtog gebruik.

Ons herdenk Cora Marie se sang.

Friday, November 27th, 2015

ONS OORHANDIG AANDENKINGS AAN BOBBY NELL, BROER VAN CORA MARIE.

Cora Marie en haar sangmaat Kupido het in die sewentigerjare, baie Desembermaande by Hartenbos opgetree. Hulle het die lied “Hartenbos O Hartenbos” geskryf en gekomponeer toe hulle een keer van Hartenbos na Pretoria oppad was.
Thea de Kock van ATKV Centurion Sangersforum het ‘n liriek “Cora Marie” geskryf wat onlangs in die Centurionteater tydens ‘n Huldigingsaand deur van ons sangers en musikante aan Cora Marie opgedra is. Sy het vir twintig jaar met kwaliteitliedjies en -sang dwarsoor ons land opgetree en verskeie toekennings ontvang. Sy is aan kanker oorlede.
Op die foto oorhandig Sakkie Kotze aandenkings met die woorde van albei liedjies daarop aan haar broer Bobby. ‘n Foto van haar met haar twee seuns Anton en Corrie, wat toe nog baie klein was, verskyn ook op die foto.
20151125_120533

20151125_120407

PUIK MENTOR SPOG MET PUIK SANGSTUDENT

Saturday, November 14th, 2015

CHRIS COETZER SPOG MET NOG ‘N PUIK STUDENT GREUNEN.

Greunen Kunstenaar het Saterdagaand 14 November sy eerste Cd voor ‘n toejuigende en baie waarderende teatergehoor in Villieria Pretoria bekendgestel. Sy mentor Chris Coetzer was baie trots op hierdie prestasie van een van sy puik sangstudente.
Sakkie Kotze van die ATKV Centurion Sangersforum was ewe trots met lid Chris Coetzer en een van sy vele suksesstudente se sangprestasies.
Sakkie Kotze het Greunen gelukgewens met sy puik verhoogoptrede en sy puik sang.
Hy het ook vir Chris Coetzer bedank dat hy sy eie sangloopbaan as lid van die Drie Tenore soms nalaat ter wille van sy Sangskool en sy sangstudente se vordering.
Hy het hulle en ander lede van sy sangskool sukses en voorspoed toegewens met hul komende konserttoertoer na Swede.
“Julle doen ambassadeurswerk vir ons taal en kultuur”, het Sakkie Kotze in sy toespraak opgemerk.
Op die foto verskyn van die genooide gaste wat die Cd-bekendstelling bygewoon het. Vlnr.Coert Grobbelaar (tenoor), Theonette Vogt (sanger) Heleen Wentzel (liriekskrywer), Sakkie Kotze (ATKV Centurion Musiekforum) en Chris Coetzer. Greunen staan agter.
20151114_205408

BAIE DANKIE EN BAIE GELUK AAN GRYSKRAG,

Saturday, November 14th, 2015

GELUKWENSE AAN GRYSKRAG VIR TWINTIG JAAR SE ONDERSTEUNING AAN SENIOR BURGERS.
Gryskrag het hul twintigjarige bestaan die afgelope week met ‘n feesmaal in Pretoria gevier.
Prof. Marinus Wiechers was die gasspreker en Dewald von Solms die gaskunstenaar.
Gryskrag veskaf advies en ondersteuning aan senior burgers t.o.v. verskeie sake wat hulle raak maar maak ook gebruik van hul jarelange ervaring en kennis.
Op die foto verskyn van die uitgenooide gaste saam met mnr. Tom Moodie, Besturende Direkteur van Gryskrag. Vlnr.: Prof. Wiechers, Mnr. Moodie, dr. Elna Kruger (Direkteur van Lyttelton Dienssentrum, Lieb Bester en Sakkie Kotze
20151111_222522

‘N NUWE LIEDJIE TER ERE VAN CORA MARIE

Tuesday, November 3rd, 2015

Thea de Kock het die liedjie “Cora Marie” geskryf en getoonset.
Cora Marie en haar sangmaat Kupido, het destyds tydens hul jaarlikse optrede Desembermaande by Hartenbos die liedjie “Hartenbos O Hartenbos geskryf en gekomponeer.
Klik regs op die eerste bladsy van hierdie webwerf onder Skakels en luister na hierdie twee mooi liedjies.
Baie dankie aan ons liriekskrywer Thea de Kock, sangers Marlene Bezuidenhout en Max van Heerden, en ons musikante Hennie Strydom (klawerbord) en Rommel van der Riet (mondfluitjie en saag).

Gedenkkonsert vir Cora Marie

Sunday, November 1st, 2015

“CORA MARIE”: ‘n NUWE GEDENKLIEDJIE VIR CORA MARIE.

Thea de Kock van die ATKV Centurion Musiekforum het ‘n nuwe Gedenkliedjie vir Cora Marie geskryf.
Die debuutliedjie is Saterdagaand 31 Oktober tydens ‘n Gedenkkonsert vir Cora Marie in die Centurionteater deur van die lede van ATKV Centurion Musiekforum uitgevoer.
Musikante: Hennie Strydom (Klawerbord en kitaar) en Rommel van der Riet (mondfluitjie en saag). Sangers: Marlene Bezuidenhout en Max van Heerden van Heerden saam met Lance James. Die liedjie het groot waardering en applous van die gehoor ontlok.

Die groep het ook ‘n liedjie van Cora Marie en Kupido “Hartenbos O Hartenbos” gesing. Hulle het vir baie jare Desembermaande by die ATKV Vakansieoord op Hartenbos opgetree. Hulle het die liedjie een jaar oppad terug van Hartenbos na Pretoria in die motor geskryf en gekomponeer.

Op die eerste foto wens Sakkie Kotze vir Thea de Kock geluk met die nuwe liedjie.
Op die tweede foto verskyn die ATKV Centuriongroep saam met van die ander gaskunstenaars wat ook daar opgetree het nl. Min Shaw en Lance James. Hulle is albei ook tydgenote van Cora Marie en het vir baie jare saam met haar opgetree.
Regs voor sit Shaun Mynhardt (organiseerder van die konsert en voorsitter van die Cora Marie Bewonderaarsklub). Bobby Nell ‘n broer van Cora Marie staan heelagter in die middel. Staande vlnr.:Max van Heerden, Marlene Bezuidenhout, Min Shaw, Lance James, Rommel van der Riet en Hennie Strydom.
20151031_180026
20151031_225422