Archive for October, 2015

Vier pretorianers haal die eindrondte van Spelathon Gr. 9 en 10

Monday, October 26th, 2015

Spelkompetisie vir Afrikaans moedertaalsprekers op skool het baie praktiese waarde.

Die Finaal van die ATKV se Nasionale Spelathon vir Afrikaans moedertaalsprekers, het die afgelope naweek by Leeuwenhof Akademie in Germiston plaasgevind.
Sestien Gr. 9-, en sestien Gr. 10-finaliste vanuit agt provinsies het teen mekaar meegeding.
Miche Nel van H/s Sentraal in Bloemfontein is as die algehele Gr. 9-nasionale wenner en Madenique van Wyk van H/s Priska is as die algehele Gr. 10-nasionale wenner aangewys.

Op die foto verskyn van die finaliste uit Pretoria wat Gauteng by die Spelathon verteenwoordig het.
Voor vnlr.: Megan Cloete (Gr. 10 H/s Wonderboom), Carike Goede (Gr. 9 Gereformeerde Skool Dirk Postma),
Agter vlnr.: Maronè van Heerden (Gr. 10 Afrikaanse Hoër Meisieskool), Me. Minette Mentz (Vakadviseur: Afrikaans Gautengse Onderwysdepartement), Anja Labuschagne (HTS John Vorster) en Sakkie Kotze (ATKV Centurion)
20151024_102330

Rose vir Cora Marie

Sunday, October 25th, 2015

ROSE VIR CORA MARIE 31 OKTOBER BY DIE CENTURIONTEATER.

Van ons land se bekendste en suksesvolse Afrikaanse sangers bring Saterdagaand 31 Oktober 2015 om 19h00 hulde aan ‘n legende en ‘n tydgenoot by die Centurionteater in Pretoria.
Lance James, Min Shaw, Tommy Dell en Vicki Du Preez gaan saam met die Mynhardt-broers optree om hulde te bring aan hierdie country-ikoon Cora Marie. Sy was ons eerste Afrikaanse countrysanger.

Cora Marie het vanaf 1974 tot 1994 landwyd opgetree. Sy het 22 langspelers die lig laat sien waarvan 14 goue status bereik het. Sy is in 1994 aan kanker oorlede.
Shaun Mynhardt het haar biografie “Gee haar ‘n Roos” in 2012 vrygestel. Hy hou ook haar Ondersteuningsklub asook haar graf in Pretoria-Oos in stand.

Lede van die ATKV Centurion Musiekforum gaan ook die liedjie “Hartenbos o Hartenbos” wat Cora Marie en Kupido oor die ATKV-oord op Hartenbos geskryf en gekomponeer het, vir die gehoor sing. Hulle het die liriek geskryf en die musiek gekomponeer terwyl hulle in die motor oppad terug Pretoria toe was na hul eerste optrede by Hartenbos.
Hulle het sedert 1983 vir baie jare gedurende Desember op Hartenbos opgetree. Die liedjie is op haar Cd “Ek is ‘n countrymeisie” wat in 1984 verskyn het, ingesluit.

‘n Nuwe liedjie “Cora Marie”, wat deur die Forumlede geskryf is, word die aand vir die eerste keer aan Cora Marie opgedra. ‘n Plaket met die lirieke van “Hartenbos O Hartenbos” en “Cora Marie” word die aand as aandenking aan haar familie oorhandig.

Kaartjies by Computicket.
Foto 17 Die pragtige Cora Marie besig om haar gehoor te bekoor met haar Country stem (2)

ONS TAAL- EN KULTUURAKTIWITEITE IN DIE KOLLIG

Wednesday, October 21st, 2015

VERKENNERS VAN SUIDERKRUISKOMMANDO FOKUS OP ATKV CENTURION SE JARELANGE TAAL- EN KULTUURPROJEKTE.

Van die lede van die Suiderkruis Voortrekkerkommando het besluit om op die jarelange aktiwiteite van ATKV Centurion te fokus.
Dit vorm deel van hul voorbereiding om in aanmerking te kom vir die Presidentsverkenner-toekenning.

Die kandidate moet o.a. navorsingstake oor die volgende portefeuljes indien nl. Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap, Gemeenskapsontwikkeling en Leierskap.

Sakkie Kotze het hulle m.b.v. die webwerf: ATKV Centurion gewys op die vele nuanses en variasies van hul Afrikaanse taal- en kultuuraktiwiteite.
“Sport is ook deel van kultuur, tewens volgens die Kultuuropdrag in Genesis, is kultuur alles wat die mens op aarde doen om by sy omgewing aan te pas.”
Hy het aan hulle van die T-hempies wat hulle al in die verlede gebruik het om ‘n bepaalde projek te aksentueer, vertoon:

Dis weer Wêreldbekerrugby. Die T-hempie met die rugbybal in landsvlagkleure is tydens die vorige Wêreldbeker en nou weer in gebruik om ons steun vir die Springbokke te vertoon.

Die Centurionsangers en -musikante het weer vanjaar op Erfenisdag aan die kultuuraktiwiteite by die Voortrekkermonument deelgeneem.
Daarna het hulle op ‘n 100%-replika van die Marthinus Laas-wa wat in die Slag van Bloedrivier gebruik is, aan ‘n regeringsoptog deur die strate van Pretoria tot by die Uniegebou deelgeneem. Die banier op die watent het die woorde “Kom Saam Vorentoe” in al die landstale bevat.

ATKV Centurionsangers het met die vorige Wêreldbekersokker in Suid-Afrika, ‘n Afrikaanse sokkerliedjie op die wysie van “Sarie Marais” geskryf en in die FNB-stadion gaan sing. Dusver nogsteeds die enigste Afrikaanse sokkerliedjie indie wêreld…!!!

Een van die talle uitreikprojekte het o.a. gefokus op die drankprobleem onder plaaswerkers en die dwelmprobleem onder hul kinders in die Ceres-omgewing. Menige plaaswerkers, vrou en kinders dra vandag nog die hempies oral op die plase en dorp-toe.

ATKV Centurion fokus ook op respek en trots vir al die moedertale in Suid-Afrika . ‘n Sonpet met die woorde “Ek kan praat en skryf, sing en lees, hoor en leer, dink en droom, bid en glo in my eie moedertaal verskyn in al die landstale op die sonpet. Dit word wyd versprei.

Op die foto verskyn van die verkenners vlnr.: Liza-Marie Scheepers, Corneli Coetzee, Clarissa Meyer, Corene Coetzee (spanoffisier) en Sakkie Kotze.
20151021_160745-1

Ons onthou Cora Marie as eerste Afrikaanse Countrysangeres.

Tuesday, October 20th, 2015

HULDE AAN CORA MARIE

Van ons land se bekendste en suksesvolse Afrikaanse sangers bring Saterdag 31 Oktober 2015 om 19h30 hulde aan ‘n legende by die Centurionteater in Pretoria.
Lance James, Tommy Dell, Min Shaw, Vicki Du Preez en Shaun en Philip Mynhardt sal saam op een verhoog optree om hulde te bring aan hierdie country-ikoon Cora Marie. Elke kunstenaar sal sy/haar grootste treffers sing.

Min Shaw wat eintlik al “afgetree” het, maak ‘n spesiale verskyning en sal haar van groot treffers soos o.a. “Ek is baie lief vir jou” sing. Lance James gaan die gehoor betower met “Dankie”, terwyl Tommy Dell sy “Teddybear” sing. Vicki du Preez gaan “Totsiens Alwederzein” sing en die Mynhardtbroers stel hul nuwe CD “Twee in Een” vry.

Dit is ook ‘n unieke geleentheid om Min Shaw en Lance James weer saam op die verhoog te sien, waar hulle ‘n paar van hule ou duette soos “Bymekaar” en “Bloedrooi die rose” gaan sing.

Lede van die ATKV Centurion Musiekforum gaan ook die liedjie “Hartenbos o Hartenbos” wat Cora Marie en Kupido oor die ATKV-oord op Hartenbos geskryf en gekomponeer het, vir die gehoor sing.
Hulle het sedert 1983 vir baie jare gedurende Desember vir die vakansiegangers op Hartenbos gaan sing. Die liedjie is op haar Cd “Ek is ‘n countrymeisie” wat in 1984 verskyn het, ingesluit.
‘n Plaket met die woorde daarop word die aand as ‘n aandenking aan haar familie oorhandig.
‘n Nuwe liedjie “Cora Marie”, wat deur die Forumlede geskryf is, word die aand vir die eerste keer aan Cora Marie opgedra.

Daar word ook ‘n DVD-opname van hierdie spesiale geleentheid gemaak.
Kaartjies is by Computicket te koop. Cora Marie

ATKV-lid bewys laaste eer aan sy vrou met ‘n gedig.

Tuesday, October 20th, 2015

Oud-genl Jan Louwrens se vyf-en-vyftigduisend, eenhonderd agt- en sewentigste gedig in Afrikaans “sy beste ooit”…!!! Dit was sy laaste eer aan sy siek vrou.

oom Jan van ATKV Centurion skryf sedert sy aftrede uit die SAPD tien jaar gelede Afrikaanse gedigte vir ‘n vale. Hy geniet dit maar hy sê dat hy dit ook doen om sy rumatiek onder beheer te hou.

Sy vrou Rehilah is laasweek na ‘n kort siekbed aan kanker oorlede. Hulle was 42jr lank getroud en is jarelange inwoners van Valhalla.
Sewe van sy oud-kollegas en mede-generaals uit die ou SAP het ook by die begrafnis hulde kom betoon
Die gedig “My dierbare ikoniese vrou” is deur sy kleindogter tydens die roudiens voorgedra.

ATKV Centurion se verjaarsdaggroete wat tydens afsondelike funksies o.a. aan Mimi Coertse (met haar tagtigste verjaarsdag), en aan Riaan Cruywagen (met sy sewentigste verjaarsdag) in die vorm van ‘n gedig op ‘n plaket aan hulle oorhandig is, is deur genl. Louwrens geskryf.
Genl. Lourens & Rehilah

Woordspel in Afrikaans belangrik vir taalbevordering.

Monday, October 19th, 2015

CENTURIONLEERDERS DEUR NA NASIONALE FINAAL VAN ATKV-SPELATHON 2015.

Ses leerders uit Gauteng het deurgedring na die Nasionale Finaal van ATKV-Spelathon vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Altesaam agtien Gr. 9-finaliste en agtien Gr. 10-finaliste vanuit al nege provinsies in die land het deurgedring na die Finaal en Saterdag 17 Oktober by Leeuwenhof Akademie in Germiston saamgetrek om ‘n nasionale Gr. 9- en Gr. 10-wenner te bepaal.

Die kompetisie vind op ‘n uitklopbasis plaas. As ‘n finalis ‘n woord verkeerd spel, verlaat hy/sy die verhoog. Die oorblywendes word dan verder beurtelings gevra om sekere woorde te spel.
Riaan Cruywagen het met sy raakvat-Afrikaans en humorkwinkslae, die deelnemers heeltyd op hul gemak gehou om elke woord korrek te spel.
Joshua Sadie van The Equestrian Academy of Cape Town, was die algehele Gr. 9-wenner en Diandra du Preez van Germiston High School die algehele Gr. 10-wenner.

Op die foto verskyn die Gr. 9-finaliste uit Gauteng saam met me. Grobler, me. Mentz en Sakkie Kotze.
Vlnr.: Me. Iolanthe Grobler (Afrikaanse onderwyser Lyttelton Manor High) , Mia Storbeck (Midstream College), Chevonne Plaatjies (Lyttelton Manor High), Nerina Pillay (Shree Bharat Sharda Mandir School), me. Minette Mentz Vakadviseur: Afrikaans (Gautengse Onderwysdepartement) en Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Op die tweede foto verskyn mnre. Evelyn Ferreira (ATKV Senior Bestuurder: Tale), Riaan Cruywagen (Seremoniemeester) en Sakkie Kotze (ATKV Centurion)
20151017_121713
20151017_102041

Voormalige kurator van ATKV-museum in Ficksburg ter ruste gelê.

Sunday, October 11th, 2015

VOORMALIGE KURATOR VAN DIE MUSEUM BY ATKV HARTENBOS, IN FICKSBURG TER RUSTE GELê. (16/11/43 – 5/10/15)

Louisa Janssonius is na ‘n lang siekbed oorlede. Sy is Vrydag 10 Oktober na die roudiens vanuit die NG-gemeente Ficksburg ter ruste gelê.
Sy was vir sewe jaar die kurator van die ATKV-museum op Hartenbos en het gedurende hierdie tydperk die historiese en dinamiese aanslag van die museum aansienlik verhoog.
Die museum bevat o.a. van die Voortrekkerwaens wat tydens die ATKV se simboliese ossewatrek in 1938 gebruik is.

Haar man Timon was nege jaar lank die oordbestuurder by Hartenbos, daarna sewe jaar by Klein-Kariba en toe vyf jaar by Drakensville.

Op die foto verskyn vlnr. Danie du Pisanie (oud-oordbestuurder Rondalia/Buffelspoort), Timon Janssonius, dr. Wim de Wet (huidige oordbestuurder van Klein-Kariba) en Sakkie Kotze (voormalige ATKV-direksielid en huidige voorsitter van ATKV Centurion).

Op die ander foto verskyn van die personeel van Klein-Kariba en Drakensville wat ook die begrafnis bygewoon het.
20151010_093740

20151009_135940

20151009_142642

Ons groot Verjaarsdagkaartjie aan Riaan Cruywagen

Thursday, October 8th, 2015

DSCN1559

Bejaardes kry waardevolle raad.

Wednesday, October 7th, 2015

BAIE WAARDEVOLLE EN PRAKTIESE WENKE AAN SENIORS TYDENS EKSPO 50 IN CENTURION.

Die Centurion Raad vir Bejaardes het op 6 en 7 Oktober ‘n baie suksesvolle Ekspo 50 met die tema “Verouder met grasie” in Centurion aangebied.

Die bejaardes het na puik voordragte geluister en bespreking gevoer oor beroerte (dr. W.Duim), kanker (dr. G.Cohen), diabetes (dr. B. Niewoudt) en alzheimers (dr. E. Duvenhage).

Tussendeur kon die baie belangstellendes hul suiker en bloeddruk laat toets, aan biokinetikus-oefeninge deelneem, die puik handewerk van bejaardes besigtig, die talle relevante inligtingstalletjies besoek en lekker eetgoed nuttig.

Die kategoriewenners van die handwerkkompetisie het benewens hul trofees en sertifikate, ook ‘n Cd van ATKV Centurion, “Opgedra aan ons Senior Burgers” ontvang.

Een van die ATKV Centurionmusikante, Rommel van der Riet, het die regte atmosfeer met ‘n positiewe uitkyk geskep met sy vrolike mondfluitjie en saagspel.

Op die foto oorhandig Sakkie Kotze ‘n Cd aan dr. Elma Kruger, direkteur van die Centurion Raad vir Bejaardes.

20151007_103915

20151007_104815
20151007_110742
20151007_110628

Gelukkige verjaarsdag Riaan…!!!

Wednesday, October 7th, 2015

RIAAN CRUYWAGEN WORD LID VAN DIE SEWENTIGKLUB.

Riaan Cruywagen het op 5 Oktober sy sewentigste verjaarsdag gevier, sowel as sy vyftigste jaar in die uitsaaiwese en sy veertigste jaar by televisie.

Riaan het voorheen ‘n ATKV-toekenning vir sy bevordering van Afrikaans tydens ‘n glansfunksie in Centurion ontvang.
Tydens ‘n soortgelyke toekenning aan Steve Hofmeyr en Hennie Smit tydens nog so ‘n glansfunksie 2011 in Centurion, het ons vir Riaan gevra om as gasspreker op te tree. Dit was ‘n voortreflike toespraak. Lees die toespraak op ons webwerf ATKV Centurion. Kyk op die eerste bladsy op die regterkantste kolom na die berigte by Maart 2011.

Op die foto oorhandig Sakkie Kotze ‘n GROOT VERJAARSDAGKAARTJIE aan Riaan. Vlnr.: Sy vrou Riana en dogter Anita.
Die gedig is geskryf deur een van ons Centurionlede, Jan Louwrens, ‘n afgetrede SAP-generaal. Ons plaas die verjaargedig ook op ons webwerf.

20151005_185052