Archive for September, 2015

Ons trakteer behoeftige kinders Kaap toe.

Tuesday, September 29th, 2015

Ons trakteer gedurende die skoolvakansie behoeftige kinders wat nog nooit in die Kaap was nie en nog nooit op ‘n trein geslaap het nie.
Ons vertrek Dinsdag 6 Oktober en is Sondag 10 Oktober weer terug.
As u kan help met kospakkies stuur ‘n SMS na 082 925 1488

GEMEENSKAPSPUBLIKASIE AL VIR 13 JAAR VOLHOUBAAR…!!!

Monday, September 28th, 2015

UNIEKE MAANDELIKSE GEMEENSKAPSTYDSKRIF BESTAAN AL VIR 13 JAAR…!!!

“Die Bronberger” is sekerlik een van ons land se suksesvolste gemeenskapstydskrifte wat die toets van die tyd – ook die internet deurstaan het. Eenhonderd-drie-en-vyftig maanduitgawes vanaf 2002 tot en met September 2015…!!!

Die tydskrif word elke maand gratis versprei in die verre ooste van Pretoria tot by Rayton en Cullinan. Dit is al die jare nog elke maand vol gemeenskapstories oor inwoners se doen en late – hul humor, blydskap, hartseer, suksesse en teleurstellings.

Angie Kleijn, redakteur van die Bronberger het nou ‘n samestelling uit die artikelreeks “Toeka se Dae” wat gereeld in die Bronberger verskyn, die afgelope naweek as ‘n spog koffietafelboek by Cullinan se geskiedkundige stasieterrein bekendgestel.

Die boek bied lekkerleesstories oor die geskiedenis van Pretoria. Die dorp se waaghalse, grootpraters, mynmagnate asook spookstories, gruverhale en skinderstories oor Pretoria se eerste inwoners kom ter sprake.
Daar is ook baie interessante stories oor die veldslae, boeregeneraals en bekende vroue se rol tydens die gebeure.
Oor bekende karakters is minderbekende feite opgediep, soos o.a. die staaltjies oor die lief en leed van Oom Paul se kleindogters; geheime oor Vincent van Gogh se broer se selfmoord;
die beeldhouer wie se verlore dekade aspris duister gehou is, en die feit dat Frans Oerder eers moes spoorwegpaaltjies verf.

Op die foto wens Sakkie Kotze van die ATKV vir Angie geluk met die jarelange volhoubare uitgawes van “Die Bronberger” en haar puik publikasie “Toeke se Dae – Die Karakters”.
Dit is voorwaar ‘n uitmuntende lekkerlees historiese oorsig van ou Pretoria.

Haar man Gerhard is mederedakteur en -uitgewer van “Die Bronberger”.

20150926_095531
20150926_105813

Ons sangers en musikante op Erfenisdag by die Voortrekkermonument en Gauteng Karnaval.

Friday, September 25th, 2015

ATKV Centurion vier Erfenisdag by die Voortrekkermonument en die Gauteng Karnaval.

ATKV Centurion is al vir baie jare by die Erfenisfees by die Voortrekkermonument betrokke deur die aanbied en beheer van die verhoogprogram. Die ATKV Centurionsangers en musikante, die Wapadrant Boeredansers en die Klipwerforkes het die heeldag ‘n aangename en vrolike feesatmosfeer vir die baie besoekers geskep.
Daar was weer ‘n verskeidenheid van kultuuraktiwiteite, uitstallings, demonstrasies, ‘n potjiekoskompetisie, ossewaritte ens. ens.
Die Centurionmusikante het later die middag met die Voortrekkerwa aan die Gauteng Karnaval vanaf Pilditch Atletiekstadion tot by die Uniegebou deelgeneem en die Afrikaner en Afrikaanse taalgroep tydens die Karnaval verteenwoordig. Op die banier staan die woorde “Kom saam vorentoe” in al die amptelike landstale van Suid-Afrika.

Op die foto verskyn die ATKV Centurionsangers en musikante saam met die Klipwerforkes.
Voor vlnr.: Herman Meyer, Venetia Klopper (sanger), Frik Swanevelder (wabouer), Sakkie Kotze (voorsitter), Damian Engelbrecht.
Agter: Herman Lamprecht, Kobus Visagie, Willie Burger, Gene van Niekerk,
Johnny Dreyer, John Fish, JR Olivier en Rommel van der Riet.

Op die ander foto verskyn die tenoor Dewald von Solms saam met die groep. Hy het ook as gaskunstenaar by die Erfenisfees by die Voortrekkermonument opgetree.

20150924_161606

DSCN1538

Ons nooi alle Suid-Afrikaners: Kom saam vorentoe…!!!

Monday, September 21st, 2015

ONS NOOI ALLE SUID-AFRIKANERS: KOM SAAM VORENTOE VIR SUID-AFRIKA…!!!

ATKV Centurion verteenwoordig die Afrikaner en die Afrikaanse taalgroep op Erfenisdag 24 September by die Uniegebou.
DSCN1523

20150921_145507

Musikante met tradisionele musiekinstrumente soos ‘n boerekonsertina, trekklavier, mondfluitjie en ‘n saag maak musiek op ‘n 100%-replika van die Marthinus Laas Voortrekkerwa wat in die Slag van Bloedrivier gebruik is.
OP DIE WATENT STAAN GESKRYWE: (IN AL DIE LANDSTALE) “KOM SAAM VORENTOE…!!!

Die wa en die musikante vorm ook deel van ‘n straatoptog saam met verteenwoordigers van al die taalgroepe vanaf Pilditch na die Uniegebou.

Die ATKV Centurionmusikante gaan ook by die verhoog by die Uniegebou optree waneer die optog daar eindig.

Hulle is ook saam met die Klipwerforkes en die tenore Chris Coetzer en Dewald von Solms, gaskunstenaars by die Afrikaner Erfenisfees by die Voortrekkermonument wat al 09:00 die oggend begin.

ATKV Centurionsanger Venetia Rose se eerste CD bekendgestel.

Sunday, September 20th, 2015

ATKV Centurionsanger Venetia Rose se eerste Cd is Sondagaand 20 September met groot belangstelling en toejuiging in Pretoria-Noord bekendgestel.

Venetia het van die treffers op haar Cd gesing soos o.a. “Hoor jy my stem”, “Pie Jesu”, “Halleluja” en “U is wonderbaar”.

Venetia Klopper se sangmentor is die bekende tenoor Chris Coetzer wat self ook ”n gewaardeerde lid van ons Sangersforum is. Hy het self ook die Cd-opname uiters professioneel hanteer en die hele proses voltooi.

Op die foto wens Sakkie Kotze (voorsitter) vir Venetia Klopper en Chris Coetzer geluk met hierdie kwaliteit Cd.

Op die ander foto vertolk die dowe onderwyseres Karen Koen ‘n liedjie terwyl Venetia Klopper dit sing. Sy liplees die woorde van die liedjie van haar ma wie voor in die gehoor sit. Merkwaardig…!!!
DSCN1518
DSCN1505

ATKV Centurion sterk verteenwoordig by ‘n Noot vir Noot-opname Do. 17 Sept.

Friday, September 18th, 2015

Die bywoning van ‘n programopname van “Noot vir Noot” by die SAUK in Johannesburg op 17 September, was ‘n aangename en genotvolle ervaring.

Op die eerste foto verskyn ons groep almal in ligte luim en in afwagting dat die opname begin.
20150917_124409
Op die tweede foto verskyn van ons ATKV Centurionsangers saam met Johan Stemmet en die wenner van die aand Dawie Greyling van Pretoria-Wes.
Voor wens Johan Stemmet en Sakkie Kotze vir Dawie Greyling geluk. Agter staan vlnr.: Venetia, Etresia en Hessel van der Walt, Chris Coetzer en Greunen.
20150917_172411

KOM STAP SAAM EN VERBETER VERHOUDINGE.

Wednesday, September 16th, 2015

ONS BEVORDER BETER VERHOUDINGE. KOM STAP SAAM NA DIE UNIEGEBOU OP ERFENISDAG DONDERDAG 24 SEPT.
Busse vertrek namiddag vanaf die Voortrekkermonument en keer na die stappery weer terug. SMS “stap” na 0829251488 as jy gaan saam stap en ons stuur meer besonderhede.

Voormiddag is daar vanaf 09:00 ‘n interessante Erfenisdagprogram by die Voortrekkermonument. Baie stalletjies, demonstrasies ens, Besoek ook die unieke Afrikanersentrum.
Ons bied die verhoogprogram aan met o.a. die Boeredansers, Klipwerforkes, en die tenore Chris Coetzer, Dewald von Solms en Coert Grobbelaar en ATKV Centurionmusikante.

VAN ONS MUSIKANTE GASKUNSTENAARS BY DIE LENTEFEES VAN NG SKUILKRANS

Sunday, September 6th, 2015

Saag as musiekinstrument trek baie aandag by Lentefees van NG Skuilkrans.

Van die ATKV Centurionmusikante was Vrydagaand 5 September gaskunstenaars by die Lentefees van NG Skuilkrans.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Rommelvan der Riet (saag en mondfluitjie), Damian Engelbtecht (trekklavier en klavier), Herman Lamprecht (saag).
Agter: Jan Botha (klawerbord) en Nico Malherbe (ritmekitaar)
20150905_203710
DSCN1489

Kuns en kultuurmakietie op sy beste…!!!

Wednesday, September 2nd, 2015

ATKV Centurionmusikante maak musiek by Roodeplaat Kunsgallery Saterdagaand 29 Aug.

Kameelfontein se mense het behoorlik gekuier – met kuns en kultuur op sy beste: sang, musiek, voordrag,

kunswerke, lekker eet- en drinkgoed en grondboontjiedoppe op die vloer…!!!

Sang is gelewer deur: Charl Marcuss; Shanté en Anshé; Renier en Bernice Van Der Westhuizen en Stefan.

Gedigte is voorgelees deur Abrie le Roux en Magda Beukes.

ATKV Centurionmusikante het deurentyd vir die musiek gesorg en ‘n aangename kuieraand-atmosfeer geskep.
Op die foto verskyn die ATKV Centurionmusikante vlnr.: Herman Labuschagne (saag), Herman Meyer (trekklavier)
en Jan Botha (klawerbord). Andre van Dyk was die klankregisseur.

Navrae: Sakkie Kotze webwerf: ATKV Centurion

DSCN1483
DSCN1487