Archive for August, 2015

ATKV Centurionmusikante gaskunstenaars by Jakaranda Landbouskou in Pretoria28 en 29 Aug.

Sunday, August 30th, 2015

Van die musikante het o.a. by die modeparade vir kinders opgetree. Ander het deur die skoustrate beweeg en ‘n aangename en opgewekte someratmosfeer onder die skougangers geskep.
Die sanger Armand Hofmeyr het boonop ‘n voorsmakie gekry hoe musiek ook met ‘n saag gemaak kan word.
Op die eerste foto word hy deur saagmaestro Herman Lamprecht “nootwys” met ‘n saag gemaak.
Op die ander foto luister van die skougangers na die musikante soos wat hulle deur die skoustrate beweeg.
Op nog ‘n foto luister Amanda Loftus van die skoupersoneel na die musikante.
Herman Meyer het benewens die konsertina, ook die trekklavier, banjo en saag bespeel.
DSCN1468
20150828_154111
DSCN1459
DSCN1480

Centurionsangers en -musikante ook gaskunstenaars by ATKV Streekbyeenkoms

Thursday, August 27th, 2015

ATKV Streekbyeenkoms in die Centurionteater lok baie lede. (26 Augustus 2015)

Die Centuriontak het vanjaar as fasiliteerder van die streekbyeenkoms vir ATKV-lede opgetree.
Mnr. Japie Gouws, Besturende Direkteur van die ATKV Groep, was die gasspreker en het die lede oor ATKV-projekte op nasionale vlak ingelig.

Twee finaliste van die nasionale Ligte Liedjieslypskool nl. Sumarie Uys en Jaco Smit, het die lirieke wat hul self geskryf en gekomponeer het, vir die gehoor gesing.

Huis Sonop en Huis Erika by TUKS se sergroepe het deurgedring na die Finaal van die nasionale Serkompetisie vir studente. Hulle het van hul optreeliedjies kom sing. Die Finaal vind die komende naweek in Stellenboch plaas.

Van die ATKV Centurionsangers en -musikante het ook by die geleentheid as gaskunstenaars opgetree. Die musikante het die gehoor met trekklavier-, kitaar-, banjo-, mondfluitjie- en saagbegeleiding laat saamsing. Die tenore Chris Coetzer en Coert Grobbelaar het die program met bekende areas uit operettes en operas afgesluit.

Op die eerste foto verskyn van die Centurion Musiekforumlede wat teenwoordig was vlnr.: Coert Grobbelaar, Ina Labuschagne, Chris Coetzer, Rouel Beukes en Sakkie Kotze (Voorsitter).
Op die ander foto verskyn voor vlnr.: JR Olivier (kitaar en banjo) en Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie). Agter: Coert Grobbelaar, Chris Coetzer, Ina Labuschagne, Chris Myburgh en Sakkie Kotze (voorsitter).

DSCN1447

DSCN1454

Dr. Anke Brand gasspreker op Vrouedag in Laudium

Friday, August 7th, 2015

ATKV CENTURION SE GESPREKSFORUMVOORSITTER GASSPREKER OP VROUEDAG IN LAUDIUM.
Dr. Anke Brand, voorsitter van ATKV Centurion se Gespreksforum, is genooi om op Vrouedag as gasspreker in Laudium, die Indiërwoonbuurt wes van Pretoria op te tree.
Sy het haar doktorsgraad by ‘n Universiteit in Switzerland verwerf met verslawing as die tema van haar navorsing.
Sy het met die dames oor die uitdagings van vrouwees en mawees vandag gepraat en aan hulle riglyne gegee hoe om moontlike gevaartekens van verskillende soorte verslawing uit te ken. Sy het ook gewys op die nadelige invloed wat spesifieke internasionale rekenaarspeletjies op die mens kan hê.
Op die eerste foto verskyn sy saam met me. Reena Rhagirathy, adjunkhoof van Hillside Primary wat as gasvrou van die Vrouedagbyeenkoms opgetree het. Op die ander foto’s verskyn van die vrouens wat die Vrouedagbyeenkoms bygewoon het.

20150807_120146

20150807_122358

20150807_125423

Dit was ‘n unieke kultuuruitreik met ons tradisionele eetgoed en musiek.

Friday, August 7th, 2015

ATKV CENTURION SORG VIR UNIEKE BEKENDSTELLING VAN AFRIKAANSE KULTUUR BY INTERNASIONALE FIETSRYKONGRES IN SUID-AFRIKA.
ATKV Centurion is deur die SA Fietsryfederasie genooi om deel te wees van ‘n Afrikaanse Aand wat op 6 Augustus vir die afgevaardigdes na ‘n Internasionale Fietsrykongres by Alexandrapark in Pietermaritzburg aangebied is.
Suid-Afrika was vanjaar die gasheer. Die Natalse Fietsryvereniging is versoek om die Kongres te fasiliteer. Hulle het besluit om een van die aande aan die afgevaardigdes ‘n Afrikaanse Aand met tradisionele kos en musiek aan te bied. ATKV Centurion is genooi om daarmee te help.
Die afgevaardigdes is met Afrikaanse disse bedien – van krummelpap en braaiwors, tot koeksisters en melktert. Die ATKV Centurionmusikante het vir die musiek gesorg met konsertina en trekklavier, klawerbord en kitaar, en ‘n saag wat nog nooit gebruik is om hout te saag nie maar slegs musieknote…!!! Dit het groot belangstelling en applous by die afgevaardigdes ontlok.
Die Natalse Fietsryspan en plaaslike fietsryers het op die baan geoefen terwyl afgevaardigdes gesellig om die braaivleisvuur gekuier en aan die tradisionele Afrikaanse geregte gesmul het met o.a. “Sarie Marais” en boeremusiek wat deur die ATKV-musikante gespeel is.
Op die eerste foto verskyn van die Topleiers in Internasionale Fietsry saam met die musikante. Voor vlnr.: William Newman (President van Fietsry Suid-Afrika), dr. Wagih Azzam (Vise-president van UCI – Internasionale Fietsryfederasie), Brian Cookson (President van UCI), David Lappartient (Vise-president van UCI). Agter vlnr.: Herman Meyer (trekklavier), Herman Lamprecht (saag) en Hennie Strydom (kitaar).
Op die tweede foto smul van die afgevaardigdes uit Ghana en Nigerie saam met Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion) aan die koeksisters en melktertjies. Agter vlnr.: Retsepile Tauhali (Vise-sekretaris van Lesotho), Shaabau Mohammed (Tegniese Direkteur van Ghana), Mohammed Bashir (Tegniese Direkteur van Nigerie), Mohammed Nur Sheriff (President van Nigerie Fietsryfederasie). Voor sit die ATKV Centurionmusikante vlnr. Herman Meyer (banjo) Hennie Strydom (kitaar) en Herman Lamprecht (saag).
Sakkie Kotze, jarelange vrywillige kultuurwerker, voorsitter van ATKV Centurion en voormalige ATKV Direksielid, het die Afrikaanse Aand as ‘n unieke geleentheid om die Afrikaanse kultuur aan soveel afgevaardigdes van Afrikalande, Engeland en Frankryk bekend te stel, beskryf. Hy het aan die gehoor gese dat die ATKV nie net die Afrikaanse taal en kultuur bevorder nie, maar ook respek en waardering vir al die ander taal- en kultuurgroepe nasionaal in Suid-Afrika, maar ook internasionaal ondersteun.
Ek dink nie daar was al ooit so ‘n groot bekendstellingsgeleentheid van ons kultuurgoedere aan soveel ander taal- en kultuurgroepe nie. Ons het die geleentheid om wedersydse respek vir, en aanvaarding van mekaar se taal en kultuur ten volle benut.
Die terugvoering wat ons van afgevaardigdes ontvang het was vol lof, dank en waardering vir ons tradisionele kos (veral die “cake sisters en “milk tart”) en musiek maar ook vir ons bevordering van interkulturele verhoudinge.
Navrae: Brad Glasspoole S.A. Fietsryfederasie 083 501 0202
Sakkie Kotze ATKV Centurion 082 925 1488

DSCN1436
20150805_195354
20150805_175032

Unieke koopkaart vir Senior Burgers

Tuesday, August 4th, 2015

GRYSKRAG SA EN KOOPKRAG SA SPAN KRAGTE SAAM TOT VOORDEEL VAN SUID-AFRIKA SE SENIOR BURGERS.

Gryskrag SA is ‘n Nasionale Diens- en Welsynsorganisasie wat omsien na die belange van ons senior burgers. Hulle het sopas verdere dimensie aan hul doelwit gegee deur op Woensdag 3 Augustus ‘n “eerste van sy soort” Seniors Koopkaart in Pretoria bekend te stel en in gebruik te neem. Die gebruik van die kaart hou aansienlike voordele vir senior burgers in.

Verskeie ander rolspelers en kultuurvennote soos Koopkrag, PLUS 50 Tydskrif, die Akademie vir Wetenskap en Kuns, El-pida Dienssentrums, en ATKV Centurion Senior Burgerprojekte, was ook by die Bekendstellingsgeleentheid verteenwoordig.

‘n Spesiale pakket vir senior burgers is ook deur AVBOB bekendgestel.

Op die foto verskyn van die aanwesiges vlnr.: Ben Ferreira (El-pida Dienssentrums, Tom Moodie (BD van Gryskrag), dr. Karel Prinsloo (Redakteur van PLUS 50 Tydskrif), dr. Flip Loots (RSG programaanbieder), Sakkie Kotze (ATKV Centurion).

Op die ander foto oorhandig Sakkie Kotze ‘n kopie van hul Omgee Cd “Ons eer ons Senior Burgers aan mnr. Moodie. ‘n Kopie van die Cd word aan Ouetehuise en Aftreeoorde geskenk sodat inwoners in die sentrale sitkamer daarna kan gaan luister. (webwerf: ATKV Centurion)

20150803_164919

20150803_170038

UNIEKE UITREIK EN BEKENDSTELLING VAN ONS KULTUUR.

Monday, August 3rd, 2015

Afrikaanse Aand tydens Internasionale Fietsry Kongres in Suid-Afrika.

ATKV CENTURIONSANGERS EN -MUSIKANTE GASKUNSTENAARS BY DIE CAC CONFEDERATION AFRICAINE DE CYCLISME FORUM.
(AFRICAN CYCLING CONFEDERATION)

‘n Afrikaanse aand tydens ‘n Internasionale Fietsry Kongres…!!!
Met tradisionele Afrikaanse kos o.a. braaivleis, potjiekos, melktert en koeksisters saam met Afrikaanse sang en boeremusiek met ‘n konsertina, trekklavier, mondfluitjie en ‘n saag.

Suid-Afrika se Fietsryfederasie tree vanjaar op as die gasheer van die CAC Kongres wat van 4 – 6 Augustus by Alexanderpark in Pietermaritzburg. Wat ‘n verrassing dat hulle besluit het dat een van die aande (5 Augustus) ‘n Afrikaanse aand moet wees en ATKV Centurion Musiekforum genooi het om die program aan te bied.

Brian Cookson (president van die Internasionale Fietsry Wêreldliggaam (UCI), Dr. Mohamed Wagih Azzam (president van Afrika Fietsry) en Gideon Sam (president van SASCOC SA Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee) woon ook die verrigtinge by.