Archive for July, 2015

Baie mense by Dankdiens vir Jammies Jamneck

Friday, July 24th, 2015

Baie familie, vriende, sangers, musikante, kultuurleiers en -promotors het Vrydag 24 Julie die dankdiens vir Jamies Jamneck in Silverton bygewoon.
Op die eerste foto is die herinneringe aan Jamies wat in die kerk te sien was. Op die tweede foto verskyn vlnr.: Gert van Tonder, Gerrie Jamneck, Johan van Rensburg, Rina Hugo, Sonja Herholdt en Sakkie Kotze.
Op die derde foto verskyn vlnr.: Piet Botha, Thys die Bosveldklong, Jannie Moolman, Gerrie Jamneck, Jannie du Toit, Jopie Koen (Pierneefteater), Coen Aveling en Sakkie Kotze(ATKV)
Op die vierde foto verskyn vlnr.: Danie de Jager, Lydia Winchester, Salmon de Jager, Johan Esterhuizen (ATKV)

20150724_111826

20150724_112910
20150724_113729

20150724_114425

Jeugleiers kry erkenning.

Friday, July 24th, 2015

Lede van die Instituut vir leierskap by die H/s Waterkloof ontvang pennings vir hul leierskapprestasie.
Mnr. Anton Swanepoel het as gasspreker opgetree en op “vertroue skep” as een van die belangrike eienskappe van ‘n leier gefokus.
Op die eerste foto verskyn hy saam met mnre. Wouter van Deventer (Voors. v.d. Direksie van die Leierskapinstituut), Burger Lindeque (Adjunkhoof), Sakkie Kotze (Ondervoorsitter), Anton Swanepoel (gasspreker) en Daan Potgieter (skoolhoof)
Op die tweede foto verskyn die twee lede van die Instituut wat as Toppresteerders aangewys is nl. Emile Visser en Noeline Viljoen.

DSCN1425

DSCN1428

Dankseggingsdiens vir Fredi Nest

Thursday, July 9th, 2015

FREDI NEST (25/3/1959 – 3/7/2015) Verskeie sangers en musiekpromotors by sy dankseggingsdiens 9 Julie 2015.
Die dankseggingsdiens vir Fredi Nest het Donderdag 9 Julie by die NG-gemeente Valleisig in Faerie Glen in Pretoria o.l.v. ds. Johan van Rooyen plaasgevind.
Verskeie sangers, musikante en promotors het die diens bygewoon. Huldeblyke is gelewer deur Werner Beukes, Manie Jackson en Bino Boshoff. Adam Tas, Nicholis Louw en Arno Jordaan se huldeblyke was in die vorm van gepaste liedere wat hulle ter ere van Fredi gesing het.
DSCN1404
Kosie van Niekerk van Select Music het daarna bekendgemaak dat Fredi se laaste Cd met John Denver-liedjies op sy sterfdag uitgereik is.
‘n Aanhaling van Fredi self het ook op die program verskyn: “Moet nooit dat die vuur van jou geloof geblus raak nie. God het ‘n plan met jou.”
Lede van die ATKV Centurion Sangersforum het Fredi kort na sy terugkoms van die KKNK en opname in die Steve Biko Hospitaal, besoek en met sang, musiek, gebed en ‘n Bybelboodskap deur Leon Arnoud bedien.
Op die foto verskyn van die sangers en musiekpromotors wat o.a. daar teenwoordig was. Vlnr: Jacques Botes, Pieter Smith, Paul Jordaan, Lance James, Anneli van Rooyen, Marga van den Berg en Sakkie Kotze

ATKV CETURION SE TAAL- EN KULTUURAKTIWITEITE NOU OOK AAN MATIES SE EERSTEJAARS BEKEND…!!!

Wednesday, July 1st, 2015

Die Fakulteit Natuurwetenskappe van die Universiteit Stellenbosch het goedkeuring gevra dat die lesing: “Die risiko’s t.o.v. die gebruik van steroïedes deur skoliere en studente” ‘n lesing wat deur ons Gespreksforum aangebied word, deur hulle gebruik mag word.

Dit word nou deel van die kursusmateriaal vir eerstejaars wat ‘n graadkusrus volg in Wetenskap-kommunikasievaardighede (‘n akademiese lees- en skryfmodule).
Die referaat is deur die voorsitter van ons Gespreksforum, dr. Anke Brand  al by verskeie ATKV-, skool-, jeug- en kerkgeleenthede gelewer.

Sy het ‘n doktorsgraad in teologie aan die St. Clements Private Swiss University verwerf.
Die tema van haar tesis het gehandel oor die nadelige en verslawende gevolge wat sekere internasionale rekenaarspeletjies op die mens kan hê.

Op die foto is van die takbestuurslede in sitting tydens een van hul beplanningsvergaderings.
Beplanningsvergadering
Vlnr.: Beatrice Kotze, dr. Anke Brand, Sakkie Kotze (voorsitter), Hardus en Cornelia Havenga.
Navrae:  Sakkie Kotze 082 925 1488 Webwerf:    ATKV Centurion