Archive for June, 2015

Vadersdag word Kuierdag.

Sunday, June 21st, 2015

DSCN1375ATKV CENTURION KUIER OP VADERSDAG BY DUCKS COUNTRY HOUSE IN HENLEY-ON-KLIP MET POTJIEKOS, SANG EN MUSIEK. (21 JUNIE 2015)
Gesinne het in ‘n rustige landelike atmosfeer teen die Kliprivier met potjiekos, sang en musiek gekuier.
ATKV-sanger en kitaarspeler JR Olivier het met sy kitaarspel en samesang al die aanwesiges gou saamgesnoer in ‘n partytjiestemming saam met hul pa’s. Die oudste getroude paartjie daar teenwoordig, Mev. Dorothy en Mnr. Scott Kay, het die CD van ATKV Centurion met die tema: “Opgedra aan ons Senior Burgers” ontvang. Op die eerste foto sit hulle voor, met kinders Gary Kay en Thea Gates agter. Raulph Badenhorst staan links en Sakkie Kotze regs op die foto.
Terwyl almal lekker aan die beesvleis- en hoenderpotjiekos gesmul het het, het die bekende Trevor Nasser met sy kitaar- en banjospel verdere luister aan die aangename byeenkoms gegee. Hy is ook deel van die ATKV Centurion Musiekforum.
Op die tweede foto sit Trevor Nasser voor. Agter staan vlnr.: Raulph Badenhorst (gasheer van Ducks Country House), JR Olivier en Sakkie Kotze (ATKV Centurion)
Op die derde foto vergas JR Olivier aanwesiges met sy sang en kitaarspel.
20150621_144010
DSCN1369

Motiveringspreker, sang en musiek roer vyfhonderd mansharte

Saturday, June 20th, 2015

ATKV Centurion Musiekforumlede gaskunstenaars by NG Wesmoot se Manne-ontbyt Saterdag 20 Junie
Bykans vyfhonderd mans het Saterdagoggend 20 Junie na die aangrypende getuienis en lewensverhaal van Willie Saunderson kom luister. Willie het vertel van die wonderwerk in sy lewe nadat hy tussen 90 en 95% brandwonde opgedoen het.
Sangers en Musikante van ATKV Centurion Musiekforum het vir gepaste musiek gesorg.
Op die groepfoto verskyn voor vlnr. Musikante Hennie Strydom (kitaar en klawerbord) en Marrie Theron (saag). Agter vlnr.: Sangers Ricardo en Jule, Willie Saunderson (gasspreker), ds. Theuns Coetzee, Thys Kotze (organiseerder namens die kerkraad) en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion).
Op die ander foto verskyn Pierre van Niekerk wat vir die samesang en musiek gesorg het voordat die gasspreker aan die woord gekom het.
Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488 Webwerf: ATKV Centurion
DSCN1355
DSCN1363
DSCN1361
DSCN1330
DSCN1335
DSCN1364

‘n Lekker Afrikaanse ervaring by Jasmyn

Sunday, June 14th, 2015

Ons kuier by Jasmyn Saterdag 13 Junie was ‘n aangename Afrikaanse ervaring.
ATKV Centurion se ATKV-dag by Jasmyn naby Meerhof en die Hartebeespoortdam was inderdaad ‘n unieke Afrikaanse Taal- en Kultuurervaring.

ATKV Centurionsangers en -musikante o.l.v. die bekende Martin Lane op die klawerbord, het die regte atmosfeer vir ‘n aangename Saterdagoggend by Jasmyn geskep. Die baie besoekers het die sang en musiek van ons Forumlede wat daar kon wees, baie geniet.
Ons twee saagspelers het weer baie aandag getrek. ‘n Besoeker het op ‘n vraag van sy seun hom geantwoord: “Nee Johan hulle saag nie hout nie, maar musieknote”. Die Boeredansers o.l.v. Lucia van Wyk het verdere kleur en genot aan die ATKV-dag verleen.

LAPA Uitgewers is deel van die ATKV en baie van hul boeke word daar in Jasmyn se boekwinkel verkoop. Twee van die LAPA-skrywers nl. Carla van der Spuy en Henk Breytenbach was daar om aan die besoekers iets oor hul boeke te vertel en gekoopte boeke daar te teken.

ATKV Buffelspoort is nie ver van die dam af nie. Van hul personeel was daar om ons sewe vakansieoorde bekend te stel.

Jasmyn verkoop net Afrikaanse boeke en Afrikaanse Cd’s. Hulle varsprodukte word uitgestal met tipiese Afrikaanse name.

Besoekers kon Saterdag ook interessante ATKV-, LAPA- en Jasmynpryse wen. Dit het o.a. boekpryse van LAPA en ‘n midweekvakansie by Buffelspoort ingesluit. Vrae het besoekers na die LAPA-tafel, Buffelspoorttafel en na Jasmyn se varsproduktemark laat gaan om die regte antwoord te kry. Die Jasmyn-vraag het gelui: “Hierbinne word “kaktuspere” op ‘n pakkie aangedui. Wat is ‘n ander Afrikaanse naam vir hierdie vrug?

Op die foto verskyn van die ATKV Centurionsangers en -musikante, Buffelspoort- en LAPA-verteenwoordigers asook die twee skrywers wat daar was. Voor vlnr.: Herman Lamprecht, Martin Lane en Marrie Theron. Agter vlnr.: Henlo Lindeque (Buffelspoort), Sangers Chris Myburg, Max van Heerden en Ina Labuschagne, Thea Bruwer (LAPA) en skrywers Carla van der Spuy en Henk Breytenbach. Sakkie Kotze (ATKV Centurion).
Op die ander foto verskyn voor vlnr.: Raymond en Derrick Erasmus van Jasmyn, musikant Martin Lane en Coen Aveling. Coen was voorheen Oordbestuurder by Natalia (10jr) en KLein Kariba (5jr.). Agter vlnr.: Sakkie Kotze, Max van Heerden, Ina Labuschagne, Chris Myburg, Henlo Lindeque (Buffelspoort)

Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488 Webwerf: ATKV Centurion
20150613_113313
20150613_132542
20150613_125132

Die “Onse Vader” word met saagbegeleiding gesing.

Sunday, June 14th, 2015

Jaarvergadering van die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument op 13 Junie 2015 met saagspel geopen.

Die Jaarvergadering van die Erfenisstigting is vanjaar op ongewone wyse met saagmusiek geopen.
Herman Lamprecht van die ATKV Centurion Musiekforum het vooraf, met die aankoms van lede en terwyl hulle koffie drink, vrolike Afrikaanse musiek met sy saag gespeel.

Nadat ds. Wilhelm Steyn met Skriflesing en gebed geopen het, het lede spontaan opgestaan en die “Onse Vader” gesing terwyl Herman dit gevoelvoel op die saag vertolk het.

“Dis die eerste keer dat ons verrigtinge op so ‘n unieke wyse geopen word” was dr. van Wyk, voorsitter van die direksie van die Erfenisstigting, se opmerking.

Op die foto verskyn van die lede van die Erfenisstigting wat die Jaarvergadering bygewoon het saam met Herman Lamprecht (voor)
Agter vlnr.: Sonja Lombard (BD van die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument), dr. Wouter van Wyk (Voorsitter van die Erfenisstigting), Japie Gouws (BD van die ATKV Groep) en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion)
20150613_082342

“Kultuurstokers”

Wednesday, June 10th, 2015

ONS “STOOK” ALMAL KULTUUR OP EEN OF ANDER WYSE…!!!

Die Mampoerfees by die Willem Prinsloo Landboumuseum op Saterdag 6 Junie was weer ‘n Kultuurfees uit die boonste rakke met mampoerproe, sang, musiek, pretkompetisies, plaaslewe belewenis en al die lekker eetgoed.

Op die foto verskyn van die “kultuurstokers” wat daar betrokke was in volgorde vlnr.:
Boet Schoeman is die nasionale kampioen mampoerstoker. Hy het die meeste punte in alle klasse behaal. Sy appel-, peer- en pruimmampoer was bobaas. Hy is ook die Voorsitter van die Kultuurstokersgilde van Suid-Afrika. Lofty Ellis van Stellenboch is die hoofbeoordelaar.
Dr. Johan van der Wat is ‘n ginekoloog van Johannesburg. Hy het die meeste punte vir likeur behaal. Sy boegoebrandewyn is as die beste tradisionele medisyne aangewys. (Hy en Sakkie Kotze was skoolmaats op Helpmekaar).
Stompie Rautenbach “stook” mampoer EN boeremusiek. Hy is die voorsitter van die Boeremusiekklub van Suid-Afrika, vennoot en deel van ATKV Centurion Musiekforum. Hy het ook van sy mampoerprodukte ingeskryf en goud verower vir sy appelmampoer, brons vir sy lemoen en litchie, en ook brons vir sy druiwe witblits.
Sakkie Kotze “stook” kultuur in al sy ander kunsvorme. Hy is die voorsitter van ATKV Centurion en pasuitgetrede lid van die direksie van ATKV SA. Die Centuriontak is al vir baie jare by die Mampoerfees betrokke met van hul sangers en musikante. Hul jaarlikse aanbieding van die twee pretkompetisies nl. die aartappelskil en rissie-eet, het weer vanjaar wye belangstelling getrek en vir die pret en humor gesorg.

Nog meer foto’s en berigte op die webwerf: ATKV Centurion.
Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488

20150606_122546

Kom kuier saam by Jasmyn.

Tuesday, June 9th, 2015

KOM KUIER SAAM VIR ‘N UNIEKE AFRIKAANSE TAAL- EN KULTUURERVARING BY JASMYN 13 JUNIE VANAF 11:00 – 13:00.

ATKV Centurion nooi die publiek hiermee hartlik uit na ‘n unieke Afrikaanse Taal- en Kultuurervaring by Jasmyn by Meerhof, langs die R511 Jhb/Pta/Brits-pad naby Hartebeespoortdam.

ATKV Centurionsangers en -musikante saam met die bekende Martin Lane, skep die atmosfeer vir ‘n aangename Saterdagoggend by Jasmyn. Martin en van ons ander sangers en musikante se Cd’s sal ook daar te koop wees.

LAPA Uitgewers is deel van die ATKV. Baie van hul boeke word daar verkoop. Ten minste twee van die LAPA-skrywers nl. Carla van der Spuy en Henk Breytenbach gaan daar wees om aan die besoekers iets oor hul boeke te vertel en gekoopte boeke daar te teken.

ATKV Buffelspoort is nie ver van die dam af nie. Van hul personeel gaan ook daar wees om ons sewe vakansieoorde bekend te stel.

Jasmyn verkoop net Afrikaanse boeke en Afrikaanse Cd’s. Hulle varsprodukte word uitgestal met tipiese Afrikaanse name.

Besoekers kan Saterdag ook interessante ATKV-, LAPA- en Jasmynpryse wen.

SIEN JOU DAAR…!!!
Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488 Webwerf: ATKV Centurion

Ons was daar…!!!

Saturday, June 6th, 2015

ATKV-Centurionsangers en -dansers saam met Christel Erasmus van Klein Kariba by Willem Prinsloo Landboumuseum.

Daar is weer gesing en gedans, aartappels geskil en rissies geëet tydens die Mampoerfees by die Willem Prinsloo Landboumuseum.

Op die foto verskyn van die Centurion Muskiekforumlede saam met Christel Erasmus van Klein Kariba.

Vlnr.: Sarel Viljoen en Mientjie Erasmus (danspaar), Luzanne en Greunen (sangers), Christel Erasmus (Klein Kariba) en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion).20150606_090833

Aartappelskil en rissie-eet is ook kultuur…!!!

Saturday, June 6th, 2015

ATKV Centurion se aartappelsklil en rissie-eet weer groot pret tydens die Mampoerfees by die Willem Prinsloo Landboumuseum. 6 Junie 2015

Brendon Phetan was vanjaar die wenner van die aartappelskilkompetisie met ‘n skillengte van 1,02m
Niekie van den Berg is die huidige kampioen met ‘n skillengte van 2,72m uit EEN AARTAPPEL…!!!

Wouter Coetzee het vanjaar die meeste rissies gekou en gesluk nl. twintig.
Die huidige rekordhouer is Sue Rapp met agt-en-twintig rissies gekou en gesluk in dertig sekondes…!!!

Die wenners het vanjaar elk ‘n midweek by ATKV-oord Klein Kariba as wenprys ontvang.

Op die eerste foto ontvang Brendon Phetan (links met donkerbril en bles) sy prys van Christel Erasmus van Klein Kariba en gelukwense van Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Op die tweede foto ontvang Wouter Coetzee (links) sy prys van Christel Erasmus en gelukwense van Sakkie Kotze.

Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488 Webwerf: ATKV Centurion
20150606_131716
20150606_125332
20150606_132511
20150606_132431