Archive for May, 2015

“Ons eer ons Bejaardes”. Cd aan oudste afgevaardigde by AJA geskenk.

Saturday, May 30th, 2015

Oom Roy Riley kry ‘n kopie van ATKV Centurion se Omgee-Cd “Ons eer ons Bejaardes”.

Oom Roy is net so oud soos die ATKV. Hy is in 1930 in Carnarvon gebore.
Hy was die afgelope week namens die Carnarvontak die oudste afgevaardigde (85) by die ATKV se Algemene Jaarvergadering by Klein Kariba.

Sakkie Kotze voorsitter van die Centuriontak het ‘n kopie van hul Omgee-Cd “Ons eer ons Bejaardes” aan oom Roy geskenk.
Vyftienjarige Carla O’Connell, van die Plofstoftak aan die Hoërskool Piketberg was weer een van die jongste afgevaardigdes by die AJV.
Sy het ook ‘n kopie van die Cd ontvang om vir die inwoners van die A.J. Liebenberg Tehuis vir Bejaardes op Piketberg, as deel van hul takprojekte te gaan voorspeel.

Die Centuriontak het die Cd saamgestel en uitgereik as ‘n omgeegebaar aan ons senior burgers. Die Cd is nie in die handel te kry nie, maar word aan ouetehuise en aftreeoorde in Suid-Afrika beskikbaar gestel sodat inwoners in die sentrale sitkamer daarna kan gaan luister. Dit bevat o.a. musiek van ons bekendste senior sangers en musikante soos bv. Jurie Ferreira, Rudi Neitz, Lance James, Gert van Tonder (Groep 2), Jannie du Toit, die “Kalfiewals” deur Nico en sy pa Nelie van Rensburg met die konsertina, en ook van ons jonger sangers soos Nadine en Jody-Ann. (Al die temas van hul liedjies en musiek gaan oor “oudwees”)
Die twee wenliedjies van ons landwye Liedjieskryfkompetisie met “oudword” as tema is ook op die Cd. Innes en Franna Benade en Koos van der Merwe sing die een wenlied “My pa het gesê”. Anneli van Rooyen en die koor van Laerskool Fleur sing die ander wenliedjie “Span jou seil in die wind”. Wenners (liedjieskrywer en komponis se name word op die Cd aangedui).
Die Cd bevat verder ook boodskappe aan ons bejaardes deur lede van ons Jeugleiersforum en die voorsitter van Gryskrag SA asook die voorlesing van die twee wenopstelle in ons landwye Opstelkompetisie vir hoër- en laerskole met “oupas en oumas” as tema.
Trevor Nasser speel die agtergrondmusiek tydens al die voordragsnitte.

Op die foto oorhandig Sakkie Kotze kopieë van die Cd aan oom Roy Riley en Carla O’Connell.

Nog nuus i.v.m. ons Talentkompetisie vir senior burgers op ons webwerf: ATKV Centurion.
Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488

20150527_140615-1 (2)

Centuriontak kry weer twee ATKV-toekennings vir suksesvolle projekte

Friday, May 29th, 2015

Ons tak het weer soos vorige jare, twee ATKV-toekennings vir dinamiese projekte wat tydens 2014 aangebied is ontvang.
Die Algemene Jaarvergadering (AJV) van die ATKV het op 27 en 28 Mei by die Klein Kariba ATKV-oord plaasgevind.
Die toekennings is gemaak vir twee suksesvolle projekte met onderwys en nasiebou as tema.
Op die foto ontvang Sakkie Kotze gelukwense van Eben Potgieter.
Hulle was albei verskeie termyne lede van die direksie van die ATKV. Albei se termyne het die afgelope jaar verstryk.
IMG-20150528-WA001

Wedersydse erkenning vir taal- en kultuurbevordering

Thursday, May 28th, 2015

Afrikaanse Taal- en Kultuurbevordering: Wedersydse erkenning.

Pieter Oosthuizen het tien jaar gelede (26 Mei 2005) as matrikulant ‘n ATKV-toekenning van Sakkie Kotze vir sy puik taal- en kultuurprestasies op skool ontvang. Sy Afrikaanse toneelspel en die digbundel wat hy en twee klasmaats gepubliseer het, het wye belangstelling, gelukwense en erkenning in die media geniet. Hy het toe ‘n ATKV-prestigepenning ontvang en Sakkie het hom en sy twee maats genooi om dieselfde jaar by hul ATKV-kultuurdag in Pretoria van hul gedigte te kom voorlees. Hul kultuurprestasie as skoolseuns het groot waardering by ATKV-lede landwyd en die breë publiek ontlok.

Vandag tien jaar later, is hy tydens hul 21e Jaarvergadering, tot voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) verkies.
Pieter is dalk die jongste persoon nog ooit wat by ‘n Afrikaanse kultuurorganisasie tot voorsitter verkies is.
Pieter is 27 jaar oud en het die B Tech-graad in Filmstudies en draaiboekskryf aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie verwerf. Hy is tans BD van die maatskappy MadRobot.
ATKV sertifikaat 1 001
ATKV sertifikaat 2 001
Digbundel berig 001
Penningberig 001

Afrikaans se Negentigste bestaan is ook tydens die Jaarvergadering herdenk.
By dieselfde geleentheid het Pieter namens die GHA-direksie, ‘n GHA-toekenning aan Sakkie Kotze oorhandig vir sy jarelange bevordering van die Afrikaanse taal- en kultuur in die onderwys en georganiseerde kultuurlewe.

Sakkie Kotze se passie vir die Afrikaanse taal en kultuur het ook soos Pieter al op skool begin. Sy kultuurvlam brand vandag nog steeds netso sterk – nadat hyself Afrikaans op skool doseer het, en tydens sy lewenslange beroepsloopbaan, onder andere ook skoolhoof- en onderwysbestuurderposte in Noordwes en Gauteng beklee het.
Sakkie is al sedert 1979 voorsitter van ATKV Centurion. Die tak is sedertdien nog steeds bykans elke jaar by die ATKV se AJV as een van die aktiefste takke in die land aangewys a.g.v. hul volgehoue, dinamiese taal- en kultuurprojekte wat al vele nasionale mediadekking en TV-uitsendings geniet het.
Die webwerf ATKV Centurion is ook verdere bewys van hul dinamika en besige program. Met meer as 100,000 besoeke op die Internet is daar maar net ‘n paar van die driehonderd takke in die land wat oor ‘n webwerf beskik.
Sakkie was ook voorheen by die ACSV en Rapportryers betrokke. Hy het vroeër jare ook op die Hoofbestuur van die Voortrekkerbeweging gedien en was voorheen lid van die Nasionale Raad vir Volksang- en Volkspelebeweging. Hy het ook al ‘n FAK-toekenning ontvang.
Hy het sopas na baie jare as lid van die Direksie van die ATKV uitgetree. Maar sy jarelange vrywillige taal- en kultuurwerk gaan steeds voort…!!!

20150523_105748

Op die foto ontvang Sakkie Kotze die GHA-toekenning van Pieter Oosthuizen.
Die ander aanhangsels bevat die sertifikate en foto’s van die ATKV-toekennings wat Pieter ontvang het asook ‘n destydse koerantberig oor sy toneelwerk en digbundel.
Navrae: Sakkie Kotze 0829251488

Herman kan saag en sing…!!!

Monday, May 25th, 2015

ATKV Centurion Musiekforumlid kan saag en sing…!!!

Herman Lamprecht is nie net ‘n saagspeler nie – hy kan ook mooi sing. Hy is lid van die Reinbergerkoor.

Van die ATKV Centurion Musiekforumlede het hom Sondag 24 Mei in die Musaion gaan ondersteun toe hul koor aan Tukkies se Kamerkoorfees deelgeneem het.

Die UP Cameratakoor o.l.v. Michael Barrett het die Akustikakoor o.l.v. Christo Burger, die F# Kamerkoor o.l.v. Attie Rossouw en die Rheinbergerkoor o.l.v. Gert Pottas genooi om aan die Kamerkoorfees deel te neem.

Op die foto verskyn vlnr.: Joey en Herman Lamprecht, Beatrice en Sakkie Kotze (voorsitter van ATKV Centurion).
20150524_173007

Applousspan is staatmakers.

Monday, May 25th, 2015

APPLOUS-SPAN KOM AL ‘N LANG PAD.

Prof. Pertu Grabe is al sedert die eerste Nasionale Applous Koorkompetisie in 1977 deel van die span
beoordelaars.
Hy was vir baie jare die koorleier van die UP-koor. Hy het onlangs as prof. In Wiskunde by Tukkies
afgetree.

Bessie en Andre Keun is ook van Pretoria en is al sedert 1977 deel van die Applous Ondersteuningspan wat die organisasie, logistiek en programverloop hanteer.
Hulle was albei voorheen in die onderwys. Bessie was ‘n musiekonderwyseres.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Prof Petru Grabe (Hoofbeoordelaar) en Bessie Keun.
Agter: Andre Keun, Johan Esterhuizen (Applous Projekleier) en Sakkie Kotze (ATKV)
20150523_223944

Gaste by Applous Koorfees in Pretoria

Monday, May 25th, 2015

ONDERWYS- EN KULTUURLEIERS GASTE VAN DIE ATKV APPLOUS STREEKFEES
SATERDAG 23 MEI IN DIE MUSAION OP DIE UP-KAMPUS.

Verskeie onderwys- en kultuurleiers van Pretoria was gaste van die ATKV tydens die beoordeling van
meer ervare Hoërskoolkore Saterdag 23 Mei in die Musaion.

Andre Alkema is voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA). Lucia van Wyk
is Uitvoerende Hoof van die BCVO (Beweging vir Christelik Volkseie Skole).

Op die foto verskyn van die gaste voor vlnr.: Beatrice Kotze en Sanet Alkema.
Agter: Johan Esterhuizen (Applous Projekleier), Lucia en Marius van Wyk, Andre Alkema en Sakkie Kotze.(ATKV)
20150523_225350

Applous Koorfees in Pretoria

Monday, May 25th, 2015

AGT-EN-DERTIGSTE APPLOUS KOORKOMPETISIE.
VIER-EN-VEERTIG SKOOLKORE BY ATKV STREEKFEES IN PRETORIA 21-23 MEI 2015

‘N Rekord aantal van 44 hoër- en laerskoolkore in Pretoria is vanjaar genooi om aan die ATKV Applous koorkompetisie deel te neem. Die beoordeling het van 21 tot 23 Mei in die Musaion by die Tukkiekampus plaasgevind.
Kore wat na die Finaal van die kompetisie gedurende Augustus in Port Elizabeth genooi gaan word, word later bekend gemaak sodra al die Streekfeeste landwyd afgehandel is.

Op die foto verskyn van die koorleiers en begeleiers van die meer ervare Hoërskoolkore wat
Saterdag 23 Mei deelgeneem het:
Voor sit vlnr.: Gisela Scriba (begeleier van Affies Seuns en Affies Meisies se kore), Renette Bouwer (koorleier van Affies Meisies -goud), Jeanmari van Papendorp (koorleier van Hoërskool Menlopark -goud).
Agter: Stephan Gericke (koorleier Pta H/s for Girls – goud), Ferdi Liebenberg (koorleier van Affies Seuns – goud), Attie Rossouw (koorleier van H/s Noordheuwel -silwer), Willem Luitingh (begeleier van H/s Menlopark), Stefan Els (koorleier van H/s Waterkloof -goud). Sakkie Kotze (ATKV)

Hoërskool Garsfontein het ook aan die Streekfees deelgeneem en het silwer verwerf.
nsmail-53

Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans vier Afrikaanse se 90e bestaan.

Monday, May 25th, 2015

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het die afgelope naweek
(21 – 23 Mei 2015) tydens hul een-en-twintigste Jaarvergadering in Pretoria,
op die stand van Afrikaans by naskoolse inrigtings gefokus.

Prof. Koos Adendorff van die Afrikaanse Protestantse Akademie was die gasspreker
met as tema: “DIE STAND VAN AFRIKAANS BY UNIVERSITEITE EN KOLLEGES.”

GHA-toekennings vir die bevordering van Afrikaans is by dieselfde geleentheid aan
die volgende persone oorhandig.:
Dr. Christiaan Herbst vir sy Afrikaanse digkuns;
Martin Jansen vir sy Afrikaanse radiowerk as omroeper en regisseur;
Sakkie Kotze vir sy jarelange bevordering van die Afrikaanse taal- en kultuur by die ATKV en in die onderwys;
Lucia van Wyk vir die bevordering van Afrikaans by BCVO-skole en d.m.v.gemeenskapsorganisasies;
Malinda Venter vir die bevordering van Afrikaans d.m.v. haar vele opvoeding- en gemeenskapsprojekte.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Malinda Venter, Lucia van Wyk en Sakkie Kotze
Agter vlnr.: Andre Alkema (GHA-voorsitter), Martin Jansen, dr. Christiaan Herbst en Pieter Oosthuizen(GHA-ondervoorsitter)
20150523_105113

Afrikaans-, Sesotho- en Isizulupraters kuier saam.

Saturday, May 23rd, 2015

Verskeie Afrilkaans-, Sesotho- en Isizulusprekendes het die ATKV se Meertaligheidsnaweek 22 – 23 Mei by die Universiteit van Johannesburg bygewoon.

Die program het o.a. uit ‘n meertalige Vasvra vir gr. 9-leerders bestaan.

Afrikaanspraters van oral, van Wonderboom tot Soweto, was ook daar om deel te neem.

Oud-springbok, Gerrie Germishuys het kom kyk hoe vaar ‘n vorige huishulp van hul gesin se kind met die vasvra.
Thami Mogomotsi is Afrikaanssprekend. Sy was op Laerskool Uniefees en is tans ‘n Gr. 9-leerder by Hoërskool Wonderboom. Haar huidige Afrikaanse taalonderwyser was ook daar.

Op die foto verskyn vlnr.: Renè Engelbrecht (Departementshoof Afrikaans H/s Wonderboom) en Thami Mogomotsi, een van haar leeders, Gerrie Germishuys, en Sakkie Kotze (ATKV).

Victor Khambule onderrig Afrikaans (Gr. 10-12) al sedert 1996 by die Kwa-Mahlobo Secondary School in Soweto.
Op die foto verskyn hy voor saam met Karien Brits (Bestuurder: Taalaangeleenthede).
Agter staan vlnr.: Gerrie Germishuys, Thami Mogomotsi, Evelyn Ferreira (Senior Bestuurder: Tale) en Sakkie Kotze.

20150522_111155
20150522_110635

Kamerkoormusiek bekoor die oor…!!!

Tuesday, May 19th, 2015

KAMERKOOR. PRAGMUSIEK UIT DIE BOONSTE NOTE…!!!
Vier Kamerkore nooi jou uit om na hulle pragtige sang te kom luister.
Akustikakoor o.l.v. Christo Burger
F-kruiskoor o.l.v. Attie Rossouw
Rheinbergekoor o.l.v. Gert Pottas
Tuks Camerata o.l.v. Michael
Wanneer: Sondag 24 Mei om 15:00
Waar: Musaion UP-kampus Pretoria
Koste: Kaartjies by Computicket.