Archive for March, 2015

Gelukwense aan ‘n Indiërdame wat al 30 jaar Afrikaans onderrig

Monday, March 23rd, 2015

Me. Haseena Yacoob onderrig Afrikaans al vir 30 jaar aan leerders wie se moedertaal nie Afrikans is nie.
Sy het vir 24 jaar Afrikaans gegee by Laudium Secondary en is die afgelope 6 jaar Departementshoof Afrikaans by Hoërskool Voortrekkerhoogte. Al die meer as 1,200 leerders by die skool neem Afrikans as tweede taal.
Hulle het haar luidkeels toegejuig toe Sakkie Kotze haar onlangs tydens saalopening gelukgewens het.

Die Bestuursliggaam van die skool het besluit dat die skool sy naam behou al staan die militêre gebied nou bekend as Thaba Tswane. Die skool se leuse “Ek glo” bly ook onveranderd.

Op die foto verskyn vlnr.: mnr. Venter (skoolhoof), me. Haseena Yacoob en Sakkie Kotze (ATKV)

DSCN1097

Kultuurvennote kuier saam.

Sunday, March 15th, 2015

Klipwerforkes ondersteun ons in Pretoria.
Die Klipwerforkes het hul lang afwesigheid in Pretoria verged met twee optredes twee naweke namekaar – een in Centurion en een in Pretoria-Oos.

Die orkes bestaan vanjaar alreeds vir 46 jaar met vorige en huidige orkeslede wat almal uit die Hantam kom. Hulle werk weeksdae en tree slegs naweke op.
“Ons dank die Here vir meer as tweemiljoen ongeluksvrye kilometers wat deur al hierdie jare kon aflê na optredes dwarsoor Suid-Afrika.” het Kobus Visagie die orkesleier, dankbaar opgemerk.
Sakkie Kotze het hulle bedank vir hul jarelange ondersteuning en bevordering van Afrikaanse musiek.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Johny Dreyer, Gene van Niekerk en Willie Burger. Agter: Kobus Visagie en Sakkie Kotze.DSCN1070

Baie geluk Rouel…!!!

Friday, March 6th, 2015

Rouel Beukes het met sy 60e verjaarsdag van sy GOK-studentemaats, akteurkollegas en kultuurvennote na ‘n geselligheid in Centurion genooi.
Hy en Gert van Tonder is lede van ATKV Centurion Musiekforum. Hulle is ook beoordelaars van ons landwye Talentkompetisie vir Senior Burgers.
Op die foto verskyn vlnr. in lekker partytjieluim: Gert en Unice van Tonder, Rouel Beukes, Beatrice en Sakkie Kotze.Rouel 60e verjaarsdag partytjie 008

ATKV-toekenning aan prof. Pierre Volschenk.

Friday, March 6th, 2015

ATKV Toekenning aan prof. Pierre Volschenk
22 Januarie 2015 by die Webersburg Wynlandgoed naby Stellenboch.
Op 88-jarige ouderdom is hy nog steeds besig met sy skilder- en beeldhouwerk.
Sy liefde vir die kuns het reeds as kind met klei-osse maak en beeldjies uit hout gekerf, begin. Daar het sy liefde vir klei-, waterverf-, pastel en olieverfwerk ook ontstaan.
Prof. Volschenk was in 2010 die gasspreker by ons ATKV-toekenning aan en weeklange uitstalling van sy karperdvriend Jo Roos by die Voortrekkermonument. Jo Roos was ook skilder en beeldhouer van faam met bekende skilder- en beeldhouwerk. Hy was die eerste beeldhouer in die wêreld wat ‘n borsbeeld van mnr. Mandela gemaak het. Die beeld staan vandag nog by die biblioteek in Pietersburg. (Polokwane) Hy het ‘n week voor die uitstalling in die hospitaal beland. Sakkie Kotze (ATKV) het met toestemming van die dokter en sy vrou hom daar gaan haal en op ‘n rolstoel die Monument binnegestoot. ‘n Gedenkalbum van prof. Volschenk het onlangs verskyn. Op die eerste bladsy verskyn ‘n foto van hom saam met Jo. Hy het die Gedenkalbum aan Jo Roos opgedra. Jo Roos is intussen oorlede. Albei van hulle het dusver slegs een toekenning vir hul jarelange bevordering van die Afrikaanse kultuur ontvang – van die ATKV.
Van sy ander beeldhouwerk sluit o.a. in die bekende beelde van dr. Danie Craven en sy hond Bliksem, Anna M. Louw, Anna Neethling Pohl, Uys Krige, Chris Barnard (skrywer), Chris Barnard (hartchirurg) en mnr. Nelson Mandela.
Prof. Volschenk het ‘n Doktorsgraad in die Beeldende Kunste aan UP verwerf. Hy was onder andere onderwyser, kunsinspekteur by die destydse Departement van Kleurlingsake en hoof van die Kunsdepartement by die Universiteit van Durban-Westville.
Op die foto verskyn vlnr.: prof. Volschenk, mnre. Herman Baily en Sakkie Kotze van die ATKV.
Op ‘n volgende foto verskyn voor vlnr. Dricky Simpson, prof. Volschenk en dr. Conrad Theys (gasspreker), Agter: dr. Willie van Niekerk en Sakkie Kotze.
Op die ander foto verskyn dr. Danie Craven se dogter Joan Roux saam met prof. Volschenk en Sakkie Kotze.
Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488 iakotze@mweb.co.za webwerf: atkv centurion DSCN0929DSCN0938DSCN0949

ATKV-gelukwense aan Toppresteerders in hul moedertaal

Tuesday, March 3rd, 2015

Gelukwense aan 2014 se Gr. 12 Toppresteerders in hul moedertaal – Nasionaal en Provinsiaal.

Van die nasionale en provinsiale Gr. 12 Toppresteerders in hul moedertaal, het op Internasionale Moedertaaldag ATKV-gelukwense ontvang.

Die geleentheid het op 21 Februarie (Internasionale Moedertaaldag) in die Ou Raadzaal in Pretoria plaasgevind.
Sakkie Het die Toppresteerders gelukgewens met die woorde: “Ons is trots op jou taal en jou kultuur.” Hy het o.a. daarop gewys dat die behoud en voortbestaan van tale en klture verband hou en gevoed word deur volgehoue gebruik van die moedertaal ook as onderrigtaal.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Julia Alsemgeest (Afrikaans: Nasionaal 3e en Limpopo 1e – van H/s Pietersburg en Elme Ravenscroft (Afrikaans: Nasionaal 4e en Noordwes 1e – van H/s Rustenburg)
Agter vlnr.: Tholane Tsotetsi (Sesotho: Nasionaal 1e en Gauteng 1e – van Thuto Tiro Sec.), Nikita Boshoff (English: Nasionaal 3e en Gauteng 1e – van Jeppe Girls High), Maite Ramodike (Sepedi: Nasionaal 1e en Gauteng 1e – van Stanza Bopape Sec.), Belinda Lewis (Afrikaans: Nasionaal 2e en Gauteng 1e – van H/s Menlopark), Sindiswa Centane (IsiXhosa: Nasionaal 2e en Gauteng 1e – van Lodirile Sec.), Fritz Zimkhona (IsiNdebele: Nasionaal 2e en Mphumalanga 1e – van Phumzile Sec.) en Sakkie Kotze (ATKV)DSCN1042

Musiekfees ten bate van Kankerbestryding in Suid-Afrika.

Tuesday, March 3rd, 2015

Musiekfees ten bate van Kankerbestryding.
Meimaand by die Centurion Krieketstadion.
Meer besonderhede volg.
Ons gee om.