Archive for December, 2014

Ons herdenk die ABO, Rebellie en dood van Jopie Fourie 20 Desember 1914-2014

Monday, December 22nd, 2014

ATKV Centurion herdenk die dood van Jopie Fourie 100 jaar gelede met ‘n kranslegging by sy graf op 20 Desember 2014.

Jopie Fourie is op 20 Desember 1914 by die Pretoria Gevangenis in Potgieterstraat tereggestel.

Sakkie Kotze (oud-direksielid van die ATKV en voorsitter van die Centuriontak) het aan die gehoor gesê dat die Anglo Boereoorlog, die Rebellie en dood van Jopie Fourie in 1914 nie vanjaar 100 jaar daarna, so ongesiens verby kan gaan nie.
“Dit is deel van ons geskiedenis en dit moet herdenk word. Ons beoordeel en veroordeel nie die gebeure van 1914 nie – ons gedenk en herdenk dit slegs vandag met ‘n kranslegging by Jopie Fourie se graf naby die Helde Akker in die Pretoria Begraafplaas in Kerkstraat.
Ons herhaal ook nie vandag die gebeure en geskiedenisfeite nie – daarvan is ons geskiedenisboeke, akademiese studies, navorsingsverslae en die Internet volledig beskikbaar.”

Lede van die ATKV Centurion Musiekforum het as gaskunstenaars by die Kranslegging opgetree nl. : Coert Grobbelaar (tenoor) Pieter Coetzee (trompet) Willie Jooste (trekklavier), Herman Lamprecht (saag) en Rommel van der Riet (saag en mondfluitjie).
Coert Grobbelaar het Gesang 20:8 gevoelvol in Nederlands vertolk. Jopie Fourie was besig om die vers in Nederlands te sing toe hy op 20 Desember 1914 deur ‘n vuurpeleton gefusilleer is.
Hul program van gewyde musiek by die graf het o.a. ook “Gebed” van Koos du Plessis, en die Magaliesburgse Aandlied ingesluit. Pieter Coetzee (trompet) het die program met die “Laaste Taptoe” afgesluit.

Mnr. Louis Lewis het namens AVBOB ‘n krans gelê. Daar is ‘n sterk vermoede dat AVBOB (formeel gestig in 1918) dalk die begrafnis van Jopie Fourie in 1914 hanteer het.
Afrikaanse kultuurorganisasies, -kerke en -skole is genooi om ‘n verteenwoordiger na die kranslegging te stuur. Die Fourie Familiebond, Laerskool Jopie Fourie, Die Afrikanerbond, Die Afrikaanse Volkssang en Volkspelebeweging, Afriforum, die Erfenisstigting, die FAK, die GHA, die SAVF, die Voortrekkerbeweging, Vriende van die Oorlogsmuseum, die Light Horse Regiment en die Direksie van die Voortrekkermonument was onder andere by die Kranslegging verteenwoordig.

Foto: Sakkie Kotze (ATKV Centurion)
082 925 1488 (nog foto’s op webwerf ATKV Centurion
s3s4s5

ATKV Centurion Musiekforumlede gaskunstenaars by Ncome Museum op Versoeningsdag

Wednesday, December 17th, 2014

DSCN0849DSCN0863ATKV Centurionsangers en -musikante gaskunstenaars op Versoeningsdag by Ncome Museum Bloedrivier.

Van die lede van ATKV Centurion se Musiekforum was op Versoeningsdag 16 Desember gaskunstenaars by die Ncome Museum Bloedrivier. Hul Afrikaanse liedjies en -musiek is met staande waardering en toejuiging deur die hoofsaaklik Zulugehoor begroet.

Zuludansers en -musikante het saam met ATKV Centurionlede die twee kultuurgroepe by die Versoeningsdagvieringe verteenwoordig.

Mnr. Jacob Zuma en koning Goodwill Zwelethini het as gassprekers opgetree.

Die verbindingsbrug tussen Bloedriviermonument en Ncomemuseum weerskante van die rivier is ook ingebruikgeneem en deur mnr. Zuma geopen.
Genl. Gert Opperman, pasafgetrede BD van die Voortrekker/Bloedriviermonument, was voorsitter van die projek.

Die ATKV-lede was ook deel van die Erfenisstigting se afvaardiging wat saam met genl. Opperman en personeellede Cecilia Kruger en Etta Judgen mnr. Zuma en sy afvaardiging weerskante van die brug tegemoetgeloop het. Mnr. Zuma het die rooi lint in die middel van die loopbrug geknip en amptelik ingebruikgeneem.

Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488
Webwerf: ATKV Centurion DSCN0865

Ons nooi u na “Ons herdenk sy dood 100 jaar gelede”

Friday, December 12th, 2014

Jopie Fourie plakkaat

Ons herdenk Jopie Fourie se dood 100 jaar gelede.

Thursday, December 11th, 2014

ATKV CENTURION

JOPIE FOURIE SE DOOD 100 JAAR GELEDE HERDENK.

ATKV-lede, en verteenwoordigers van Laerskool Jopie Fourie help graf skoonmaak vir kranslegging op 20 Desember.

Leerders van die Laerskool Jopie Fourie het ATKV-lede Donderdag 11 Desember kom help om die graf skoon te maak vir die kranslegging wat Saterdag 20 Desember om 12:00 plaasvind. Vier leerders, ‘n lid van die Bestuursliggaam en twee personeellede wat ook oud-leerlinge is, het kom help.

Die Begraafplaas is in Kerkstraat Wes (W.F. Nkomo), baie naby aan Kerkplein geleë.

Belangstellendes word genooi om dit by te woon.
Afrikaanse organisasies word genooi om ook aan die kranslegging deel te neem. Die verteenwoordigers wat kom word versoek om vooraf met die voorsitter kontak te maak.

Die grafsteen is in 1971 opgerig en op 18 September deur die destydse Eerste Minister mnr. B.J. Vorster onthul.

Op die foto is lede van ATKV Centurion en verteenwoordigers van L/s Jopie Fourie besig by die graf.

Navrae: Sakkie Kotze (Voorsitter)
082 925 1488 webwerf: ATKV Centurion
DSCN0815

DSCN0824

Oud-Centurion toppresteerder in Australie

Wednesday, December 3rd, 2014

Oud-Centurioninwoner ‘n Toppresteerder in Australië ten spyte van terugslae en hartseer.

Ingrid Potgieter was ‘n leerling by Cornwall Hill College in Centurion voordat haar ouers ‘n paar jaar gelede na Australië verhuis het.

Sy het vanjaar Graad 12 aan die Northside Christian College in Brisbane met hoogste lof voltooi. Sy is die toppresteerder en dux leerling van die skool, waar sy in vier van haar vakke volpunte behaal het. Sy
ontvang ook akademiese sertifikate in al die vakke wat sy geneem het as
top student.

Ingrid was ook die ontvanger van die gesogte Australiese Weermagprys vir die Gr. 12-student met die hoogste gemiddeld in Australië vir akademie, leierskap, spanwerk en gemeenskapsdiens.

Sy is ook die wenner van die Australiese Instituut se Fisika- en Chemieprys vir die beste Graad 12-student in Australië. Dan is sy ook die Universiteit van Queensland se top eerstejaar in die vakke Fisika en
Chemie terwyl sy nog in matriek was.

Haar ouma Dollie en haar pa se oudste broer Johan is onlangs oorlede.

ATKV Centurion gee jaarliks namens die inwoners van Centurion gelukwense aan Centurions wat presteer – op skool en in die gemeenskap en wens haar ook geluk met hierdie puik prestasies.

Eben Potgieter, broer van haar pa, dien tans op die Direksie van ATKV SA. Sakkie Kotze, oud-Direksielid wie se termyn vanjaar verstryk het, het vir hom en Anton Redelinghuys huidige Direksievoorsitter, na hul
gelukwensfunksie namens die inwoners van Centurion genooi.

Ons het Eben versoek om ons almal se gelukwense en goeie wense aan haar oor te dra.

Op die foto verskyn vlnr.: Anton Redelinghuys (Direksievoorsitter), Sakkie Kotze (ATKV Centurion) en Eben Potgieter (Direksielid)
ANTON SAKKIE EBEN

Hennie Smit weer op die been.

Monday, December 1st, 2014

HENNIE SMIT-KONSERT VOL NOSTALGIE, DANKBAARHEID EN WAARDERING.

Die konsert ten bate van die akteur/sanger/musikant Hennie Smit, Sondag
30 November in die Atterburyteater in Pretoria was voorwaar ‘n belewenis.

Frans Swart, regisseur van “My Boetie se Sussie se Ou”, en van die ander
akteurs soos o.a. Dawid Rees en Francois van Rensburg was daar om Hennie
Smit terug te verwelkom as “Dêda” op die verhoog.
Akteurs soos Brūmilda van Rensburg, Julie Strydom en verskeie sangers
soos o.a. Arina de Witt, Gert van Tonder, Sonja Herholdt, Andre Schwartz
en Laurika Rauch het in die program opgetree. Hannes van Wyk en Rian van
Heerden was die seremoniemeesters.

Hennie was die afgelope twee maande in Die Wilgers Hospitaal in Pretoria
gewees, daarna in ‘n hersteloord en het toe sodanig herstel dat hy self
die konsert kon bywoon, kon opstaan om met die gehoor te gesels en sy
waardering uit te spreek teenoor almal wat hom ondersteun en vir hom
gebid het. Hy was vol lof vir die akteurs en sangers se optrede, Arina
de Witt se bystand en organiseerder van die konsert saam met Frans Swart.
Die mediese dokter wat oorhoofs na hom omgesien het, was sy eregas vir
die aand en het ook langs hom gesit.
Toe Elizabeth Fourie die liedjie wat sy oor “Malmesbury” (Hennie se
tuisdorp) geskryf het, vir Hennie sing, het hy opgewek saamgesing. Dit
is ook een van die liedjies wat op sy eie Cd voorkom.

Hennie Smit, Sonja Herholdt en Sakkie Kotze kom ook ‘n lang pad. Hulle
was aldrie studente by die Goustadse Onderwyskollege in Johannesburg.
Sakkie was Hennie se eerstejaar en Sonja was weer ‘n eerstejaar terwyl
Sakkie finale jaar en op die Studenteraad was. Hy was o.a.
verantwoordelik vir die Eerstejaarkonsert en het daarna met die puik
talent wat daar was op verskillende plekke in die stad en platteland
gaan toer. Daar het Sonja se sangloopbaan toe met spoed en sukses
toegeneem.

Hennie Smit het ook onlangs ‘n ATKV-toekenning vir sy bevordering van
die Afrikaanse taal en kultuur oor ‘n tydperk van meer as vyftig jaar
ontvang. Dit is deur Sakkie Kotze, wat lank op die Direksie van die ATKV
was geïnisieer. Hy het toe ook namens die Direksie die oorkondes tydens
‘n glansfunksie aan hom en Steve Hofmeyr in Centurion oorhandig.

‘n Oud-leerling en twee van sy onnies was ook bymekaar. Frans Roothman,
‘n oud-leerling van Hennie toe hy by Laerskool Joubertpark in
Johannesburg skoolgehou het, was ook in die gehoor om sy ou meneer te
kom ondersteun. Hy was ook ‘n leerling van Sakkie Kotze toe hy op
Helpmekaar skoolgehou het.
DSCN0767DSCN0765DSCN0761