Archive for November, 2014

Min Shaw en vriende bymekaar om haar tagtigste verjaarsdag te vier.

Sunday, November 30th, 2014

MIN SHAW OP TAGTIG NOG STEEDS PRAGTIG EN SJARMANT…!!!

Min Shaw het verskeie sangers, musikante, akteurs, mediavriende, musiekpromotors en kultuurvennote wat dusver haar lewenspad gekruis het na haar 80e verjaarsdaggeselligheid genooi. Dit het die afgelope week in Krugersdorp plaasgevind.

Min se tydgenote soos Lance James en Gert van Tonder wat saam met haar op baie van Suid-Afrika se verhoë en in teaters en films opgetree het was ook daar. Min en Lance het die aand ook weer een van hul groot treffers “Bymekaar” saamgesing.
Ander sangers en musikante soos Chris Chameleon, Rudi Claase, Caroline du Preez en Manie Jackson, Martin Lane en Theo Erasmus het haar ook kom vereer. Manie Jackson se gevoelvolle vertolking van “How great thou art” het Min ‘n traan laat wegpik terwyl sy waar sy gesit het, saam geneurie het.
Lizz Meyring het as gasvrou opgetree.

Haar jarelange musiekpromotors Boet Pretorius, Andre Viljoen, Lydia Winchester en Dirk Swanepoel was ook daar.

Min is saam met haar tydgenote en mede senior burgers Lance James, Gert van Tonder, Sonja Herholdt, Theo Erasmus, Lieb Bester, Martin Lane, Rouel Beukes en Mimi Coertse beoordelaars van ATKV Centurion se landwye Talentkompetisie vir Senior Burgers.

Min is die aand ook deur die ATKV vereer vir haar jarelange bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur oor ‘n tydperk van meer as 50 jaar. Mnr. Japie Gouws, BD van die ATKV Groep het haar geloof vir haar jarelange verryking van ons Afrikaanse kultuurskat.
DSCN0685DSCN0691DSCN0695DSCN0703

Jongmense se voete jeuk ook op die maat van Boeremusiek

Sunday, November 30th, 2014

JONGMENSE DANS OOK OP DIE MAAT VAN BOEREMUSIEK…!!!

Boeremusiek is nie net vir ou mense nie…!!!

Tydens ‘n saamtrek van die SA Boeremusiekklub (SABK) die afgelope naweek in Pretoria, het daar ook jongmense op die maat van boeremusiek lyf geswaai.

Op die foto staan hulle voor van die musikante wat Saterdag die voetejeukmusiek gemaak het.

Karl du Toit, voorsitter van die SABK staan voor met die konsertina.
Sakkie Kotze van die ATKV het by die geleentheid ‘n groeteboodskap van “Kom ons geniet, bewaar en vertroetel ons kultuureie” oorgedra.
DSCN0746

Tradisionele Afrikaanse musiek en kos op sy beste…!!!

Sunday, November 30th, 2014

AFRIDSCN0752AFRIKAANSE KULTUURVENNOTE KUIER SAAM.

Lede van die Pretoriatak van die Boeremusiekgilde en ATKV Centurion se Musiekforum het die afgelope naweek saamgekuier.
Op die spyskaart was tradisionele Afrikaanse musiek en tradisionele Afrikaanse kosgeregte.

Op die foto verskyn van die musikante wat die geselligheid bygewoon het saam met die twee voorsitters.
Vlnr.: Danie Jacobs (voorsitter van die Boeremusiekgilde se Pretoriatak), Ben Malan (banjo, kitaar en konsertina), Willie Jooste (trekklavier en klawerbord) en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion Musiekforum)

Genl. Gert Opperman groet na 14 jaar as Bestuushoof.

Friday, November 28th, 2014

Afskeid van genl. Gert Opperman by die Voortrekkermonument 27 November 2014

Genl. Gert Operman se baie suksesvolle 14 jaar as bestuurshoof by die Voortrekkermonument en later ook die Erfenisstigting is met ‘n hoogtepunt afgesluit toe die aanbouings by die Erfenissentrum op Donderdag 27 November amptelik in gebruik geneem is.

Die biblioteek, argief, permanente uitstalling oor die Afrikaners in die 20ste eeu asook die Afrikaanse winkel, is nou uitgebrei met nog meer ruimte vir die biblioteek en die argief.
Die Erfenisstigting word toenemend deur instansies en individue beskou as ‘n veilige en professionele bergplek vir hulle argiefversamelings.

Verteenwoordigers van Afrikaanse kultuurorganisasies, Afrikaanse skole en kerke is o.a. genooi om die ingebruikneming en die afskeidsfunksie by te woon. Die ATKV, Die Afrikanerbond en Solidariteit het o.a. elk ‘n verteenwoordiger op die Direksies van die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument.

Na die amptelike ingebruikneming is gaste na die Senotaafsaal in die Voortrekkermonument waar daar van genl. Opperman afskeid geneem is. Regter L.T.C. Harms en dr. W.C. van Wyk (Voorsitter van die Direksies) het as sprekers waardering teenoor genl. Opperman se reuse bydrae tot die uitbouing van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting as Afrikanerbakens en Toerismesuksesse uitgespreek.

Op die foto verskyn vlnr.: Sakkie Kotze en Japie Gouws (Bestuurshoof van die ATKV), Sonja Lombaard (Sy neem as Bestuushoof van die Voortrekkermonument nou ook beheer van die Erfenisstigting) en genl. Gert Opperman. DSCN0679

Huiskonserte op sy beste en geselligste…!!!

Sunday, November 23rd, 2014

Huiskonserte op sy beste met gesellige luistermusiek en smaaklike kuierkos…!!!

Musikante en musiekliefhebbers kom gereeld in Boksburg aan huis van Frank en Ellen van Rooy bymekaar vir gesellige musiek- en etekuiers.
Lede van ATKV Centurion Musiekforum is ook al genooi om saam te kom musiek maak, te luister, te eet en te kuier.

Op die foto verskyn van die musikante wat die afgelope naweek daar opgetree het.
Op die ander foto verskyn van die aanwesiges wat die musiek en smulkos kom geniet het.

Voor vlnr.: Weltie Welthagen (kitaar), Frank Taylor (konsertina) en Brendan Bouwer (klawerbord)
Agter: Joggie Pretorius (kitaar), Cobie Muller (kitaar), Hans Lewis (kitaar), Ollie Venter (tromme), Dawie Beukes (kitaar), Sakkie Kotze en trekklavierspeler Willie Jooste (albei van ATKV Centurion Musiekforum). 20141122_12312020141122_112653-1

Eerste buikdans op die maat van ‘n Afrikaanse liedjie…!!!

Thursday, November 20th, 2014

Buikdans op die maat van ‘n Afrikaanse liedjie…!!!

Zelmia en van haar studente by die Zelmia Dansskool het Woensdag 19 November as gaskunstenaars by ATKV Centurion se Erkenningsfunksie vir Toppresteerders van Centurionskole opgetree.

Zelmia het self vir ‘n “eerste” gesorg toe sy ‘n buikdans op die maat van ‘n Afrikaanse liedjie uitgevoer het – “Dans op die tafel” van Kurt Darren.
DSCN0600

Johan Fourie gaskunstenaar by ATKV-funksie

Thursday, November 20th, 2014

Johan Fourie gaskunstenaar by ATKV Centurion se Erkenningsfunksie vir Toppresteerders van Centurionskole.

Johan is lid van ATKV Centurion se Sangersforum en het vanjaar as gaskunstenaar by die ATKV se funksie vir Toppresteerders van Centurionskole opgetree.

Hy het ook die oorhandigings en gelukwense aan vanjaar se Toppresteerders: Kultuur van Centurionskole hanteer.
Johan was self op skool Toppresteerder Kultuur by Laerskool Bakenkop en ook Toppresteerder Kultuur by H/skool Swartkop.

Hy is tans met graadstudie besig en tree gereeld as gaskunstenaar by funksies op. Foto: Johan in aksie
DSCN0625

Gelukwense aan Toppresteerders van Centurionskole

Thursday, November 20th, 2014

ATKV Centurion vereer Toppresteerders van Centurionskole namens die inwoners van Centurion.

Die Toppresteerders word elke jaar namens die inwoners gelukgewens met hul prestasies en voorspoed toegewens met hul verdere loopbaan na skool.

Op die foto verskyn van die gaste wat genooi is om namens die inwoners gelukwense aan hulle oor te dra en ‘n sertifikaat aan elkeen te oorhandig.

Op die foto voor vlnr.: Mnr. Eben Potgieter (ATKV Direksielid), dr. Willie van Niekerk en Sakkie Kotze (ATKV Centurion). Agter: Johan Fourie en Ghapi (ATKV Centurion Musiekforum) mnr. Leon van Staden (Adj. Hoofbestuurder (Capital Media) en Thys Kotze (Professionele fotograaf)
DSCN0669

Senior Burger van Centurion is Centurion Vrywillige Werker van die Jaar.

Thursday, November 20th, 2014

DSCN0649Mev. Maureen Coosner is as Centurion Vrywillige Werker van die Jaar aangewys.
Sy is die afgelope sewe jaar by die Centurion Hospice betrokke waar sy konsekwent een keer ‘n week vrywillige werk lewer.
Sy is 82 jaar oud.

ATKV Centurion het jare gelede met die projek begin en hanteer die aanwys van die Vrywillige Werker van die Jaar namens die inwoners van Centurion.
Nominasies word van die inwoners aangevra via die media, kerke, skole en gemeenskapsorganisasies.
‘n Genomineerde moet self in Centurion woon, sy/haar vrywillige werk in Centurion verrig en mag geen vergoeding daarvoor ontvang nie.

Vrywillige gemeenskapswerk kan op enige van die volgende terreine verrig word:
gemeenskapsveiligheid,
jeugwerk,
kultuurwerk,
welsynswerk.

Foto: Sy ontvang gelukwense van Sakkie Kotze die voorsitter. Haar man Syd staan regs ewe trots en toekyk.
Die toekenningsgeleentheid het Woensdagaand 19 November in Centurion plaasgevind.
Daar is by dieselfde geleentheid ook erkenning aan die Toppresteerders van Centurionskole gegee.