Archive for September, 2014

ATKV-rieldansers en -Centurionmusikante gaskunstenaars by die Erfenisfees Voortrekkermonument.

Wednesday, September 24th, 2014

Foto: Die Rieldansers van Wupperthal is die huidige juniorkampioene van die ATKV se jaarlikse landwye Rieldanskompetisie.
Foto: Van die ATKV Centurionsangers en musikante het ook daar opgetree, met Lance James en Gert van Tonder op die voorpunt…!!!
Foto: Ons maak geskiedenis. Dit is die eerste keer dat ‘n Boeredansers, Volkspelers en Rieldansers op dieselfde dag by dieselfde Fees optree. Op die foto verskyn twee lede van elke dansgroep saam met twee lede van die PUK-dansgroep wat in moderne styl kom dans het – alles op die maat van Afrikaanse liedjies.DSCN0336DSCN0340DSCN0339

Lance James en Gert van Tonder ook by Erfenisfees.

Monday, September 15th, 2014

Lance James en Gert v Tonder saam met ATKV Centurionmusikante op Erfenisdagverhoog Wo 24 September by die Voortrekkermonument.
Hulle is albei ook beoordelaars van die ATKV Talentkompetisie vir Senior Burgers.

Erfenisdag 24 September

Monday, September 8th, 2014

Erfenisdag Woensdag 24 September.
Erfenisfees by die Voortrekkermonument.

Van die ATKV Centurionsangers en -musikante gaan ook by die Erfenisfees optree.
Asook die junior wenners (2013) van die ATKV Rieldanskompetisie – al die pad van Wupperthal in die Noordkaap…!!! Hul eerste besoek aan Gauteng…!!!

Tukkie as algehele wenner van ATKV Muziq aangewys.

Sunday, September 7th, 2014

Tukkie as algehele wenner van ATKV Muziq 2014 aangewys.

Willem de Beer, musiekstudent (klavier) by Tukkies is die afgelope naweek by die Musaion as algehele wenner van die ATKV se Muziq Nasionale Instrumentale Klassiekemusiekkompetisie aangewys.

Baie geluk aan Willem en die kategoriewenners.
Baie geluk ook aan Johannes Slabbert (bariton), algehele wenner van ATKV Muzicanto wat as gaskunstenaar opgetree het.
Baie geluk ook aan Ilse Schuurman, projekorganiseerder van die ATKV wat Muziq en Muzicanto al vir baie jare uiters professioneel, smaakvol en suksesvol organiseer en aanbied.

ATKV Centurionsangers en -musikante gaskunstenaars by Montana NG.

Saturday, September 6th, 2014

ATKV Centurionsangers en -musikante gaskunstenaars by Montana NG-kerk.

Afrikaanse sang en musiek wat die voete laat jeuk en die feesatmosfeer Saterdag 6 September by NG Montana nog meer aangenaam maak…!!!

Drie ATKV Centurionsangers en twee -musikante het waarde toegevoeg tot die heerlike kuier Saterdag 6 September by die NG-gemeente Montana.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Rommel van der Riet (Mondfluitjie en saag), Trevor Nasser (kitaar en banjo).
Agter: Sangers Max van Heerden, Ina Labuschagne en Chris Myburg.

Navrae: Sakkie Kotze (voors. ATKV Centurion Musiekforum) 082 925 1488
Webwerf: ATKV Centurion
20140906_113616