Archive for December, 2013

Tuesday, December 31st, 2013

Baie dankie vir 25,000 besoeke op ons webwerf.

Monday, December 30th, 2013

Baie dankie aan u almal vir 25,000 besoeke op ons webwerf.
Ons praat en skryf, sing en lees, hoor en leer, dink en droom, bid en glo in ons eie moedertaal…!!! Ons bevorder die Afrikaanse taal en kultuur onbeskaamd en ons ondersteun en respekteer al die ander taal- en kultuurgroepe in ons land.
Ons wens u almal ‘n voorspoedige 2014 toe.
ATKV Centurion Gespreksforum, Jeugleiersforum en Musiekforum.

Saturday, December 21st, 2013

Kersfees 2013 069Kersfees 2013 074Kersfees 2013 078

ATKV-wa word ‘n Kersfeeswa vol geskenke vir swaarkrykinders.

Saturday, December 21st, 2013

ATKV Centurion se talle Omgeeprojekte vir 2013 op ‘n baie hoē Kersfeesnoot afgesluit.

ATKV-wa word ‘n Kersfeeswa…!!!
Vorentoe saam met alle Suid-Afrikaners – ook saam met ons swaarkrykinders…!!!

Kersfeesgeskenke is deur Vader Kersfees by ons Kersfeeswa aan swaarkrykinders in die weste van Pretoria uitgedeel.

Ons bedank graag ATKV-lede, wabouer Frik Swanevelder, ons omgeevennote Acorn Foundation, GloCell, Infotox, Desire Le Cointre van Santas Warehouse, Trevor Nasser Musiek, en ander individue wat ons krismiskouse in die Kersfeeswa help volstop het. Kersfees 2013 059

Dankie ATKV

Friday, December 20th, 2013

sias reineckeATKV.
Hiermee wil ek graag my opregte dank aan die ATKV oordra vir die wonderlike gebaar om die besondere toekenning aan my en Sias Reinecke te maak.

Dit was van kleintyd af my droom om veral Afrikaanse ligtemusiek te bevorder. Ek is vandag baie aan my Skepper verskuldig vir die talent wat Hy vir my gegee het en vir die geleenthede wat oor my pad gekom het.

Groep 2 het daarin geslaag om oor kultuurgrense heen Afrikaanse ligtemusiek na die mense van ons land te bring. Dit is lekker om Jode, Grieke, Portugese, en baie andertaliges te ontmoet wat dadelik van ons liedjies noem wat hulle oor jare bygebly het.
Ons was gedurende die Groep 2 jare nooit daarop ingestel om erkenning te kry vir wat ons gedoen het nie. Dit was ‘n hartsbegeerte om die musiek en ons pragtige taal daardeur te bevorder. Ek glo ons het in ‘n groot mate daarin geslaag en nou in my skadujare is dit goed om te weet dit het nie ongesiens verby gegaan nie.

Baie dankie aan Sakkie Kotze, lid van u direksie met wie ons al vir baie jare ‘n taal- en kultuurpad saam loop, wat hierdie gesogte toekenning aan ons inisieer het.
Nogmaals my opregte dank vir die groot gebaar.

Opregte Afrikaanse taal en kultuurgroete.
Gert van Tonder.
Groep 2
DSC01570-1

ATKV-gaste by ons wa-aksie by die Voortrekkermonument 16 Desember 2013

Thursday, December 19th, 2013

ATKV-gaste by ons Voortrekkerwa> Versoeningswa> Kersfeeswa.
Voortrekkermonument 16 Desember 2013.

Lede van ATKV Centurion se Jeugleiersforum het na die Geloftediens in die Voortrekkermonument, ‘n Kakebeenwa buite aanmekaargesit en die idiome wat saam met die wa ontstaan het vir die skare genoem. Die wa is ‘n 100% replika van die Marthinus Laäs-wa, gebou deur Frik Swanevelder.
Die ATKV herdenk hiermee Groot Trek 175 sowel as sy eie Simbolise Ossewatrek van 1938 wat by die Van Riebeeck-standbeeld in Kaapstad begin het en dieselfde jaar op 16 Desember hier by die Voortrekkermonument geēindig het.

Die ATKV se Voortrekkerwa het toe ‘n Versoeningswa geword toe hulle vir me. Sonja Lombaard (Besturende Direkteur van die Voortrekkermonument) en dr. Phillip Guma (lid van die direksie van Vryheidspark) as ‘n gebaar van versoening saam op die wa laat ry het deur hulle ‘n ent op die terrein te trek. Ina Labuschagne het vooraf eers die gepaste gebed “Gee hierdie land nuwe hoop, nuwe krag…” gesing.
Sakkie Kotze die projekleier het die baie omstanders en kykers ook na die banier op die watent verwys en gemeld dat die hele wa-aksie ook ‘n uitnodiging is “Vorentoe saam met alle Suid-Afrikaners.”

Die wa is daarna as Kersfeeswa gebruik toe geskenke in Pretoria-Wes aan minderbevoorregte kinders uitgedeel is.

Op die foto verskyn van die gaste:
Voor vlnr.: Dr. Phillip Guma (Vryheidspark), Driekie (donateur), Ina Labuschagne (ATKV)
Agter vlnr.: Lewis Meiring (Jeugleiersforum), dr. Willie van Niekerk (donateur), dr. Lukas de Kock (Adjunk Hoofleier van die Voortrekkerbeweging), Gert van Tonder (ATKV-oorkonde ontvang vir sy 50 jaarlange bevordering van Afrikaans), Sonja Lombaard (Voortrekkermonument), Frik Swanevelder (wabouer), Sakkie Kotze (ATKV)
Kersfees 2013 036

ATKV Toekennings aan Groep 2 Sias Reinecke en Gert van Tonder

Tuesday, December 17th, 2013

ATKV Toekenning aan Groep 2: Sias Reinecke (postuum) en Gert van Tonder.

Groep 2:
Sias Reinecke en Gert van Tonder het vir 15 jaar as gewilde sangpaar, die suksesvolle Groep 2 gevorm.
Groep 2 het gedurende hulle sangloopbaan sowat 17 langspeelplate en ongeveer tien kortspelers opgeneem.
Hulle grootste treffers was: “Die Oukraalliedjie”, “Die Padda wou gaan opsit…”, “Daar’s niks soos ware liefde…”, “Dink jy darem nog aan my…”, “Linda”, “Ek is lief vir die wêreld”, “Laat my weet…” en nog ‘n hele string draaitafeltreffers.

Groep 2 het die land asook Namibie deurgereis met optredes.
Hulle het 2 SARIE-toekennings ontvang, vyf goue plate, en die Midem trofee in Cannes, Frankryk gekry tydens die Cannes musiekfees, waar hulle saam met bekendes soos, Tom Jones, Vera Lynn, Die Moody Blues, Paul McCartney, Udo Jurgens, Adamo en ‘n klomp Europese kunstenaars en ‘n veertig stuk orkeslede onder leiding van die bekende franse dirigent, Franck Pourcel, opgetree het.
Hulle het ook 4 liedjies opgeneem in die Abbey straatateljee van EMI in Londen waar die Beatles ook opgeneem het.

Gert se solo-optredes: (Hy tree al vyftig jaar op)
Gert het nadat Groep 2 uitmekaar is hom meer op TV- en rolprentwerktoegespits maar het steeds as solokunstenaar landwyd opgetree.
Hy het in verskeie radiodramas asook in sowat 8 rolprente en ‘n klomp TV-reekse en -dramas opgetree en was 12 jaar mede-aanbieder van die gewilde TV-kinderprogram “Wielie Walie”.
Sy jongste Cd, “Herleef Groep 2” saam met 20 van ons top Afrikaanse sangers het sy loopbaan ‘n nuwe hupstoot gegee.

Gedurende die afgelope 50 jaar het hy ongeveer 160 Afrikaanse lirieke geskryf, asook die musiek van ‘n groot aantal daarvan, wat deur o.a. Groep 2, Carike Keuzenkamp, Rina Hugo, Sias Reinecke, Dana Winner, Die Platinums, Amanda Luyt, Ed van Wyk en verskeie ander kunstenaars opgeneem is.

Sy repertoire sluit o.a. nog die volgende produksies in: Twee langspeelplate met kinderverhale; Twee Cd’s met Bybelverhale, wat hy self verwerk het, en liedjies waarvan hy die musiek en woorde geskryf het;
Twee Cd’s “Rakker die vriendelike ruimteseuntjie”, met stories en liedjies; Verskeie liedjies geskryf vir ‘n DVD, “Haas Das hou konsert” wat hy in samewerking met Louise Smit gemaak het;
Hy het ook die lirieke en musiek van al die liedjies op ‘n Cd wat hy saam met Verna Vels gemaak het, geskryf.

Van sy bekendste liedjies/lirieke is: “Sproetjies”, “Haas Das se nuuskas”, “Jakkals en wolf”, “As die kitare speel”, “Liewe ou maan”, “Ek is lief vir die wêreld”.
Gert het ook twee van Boerneef se gedigte getoonset nl. “Van al my land se Tafelberge” en “Hoe stil kan dit word”.

Gert bied deesdae ‘n “Onthou jy nog”-program van Afrikaanse liedjies aan. Sy repertorium sluit byderwetse verwerkings van Groep 2 se grootste treffers in asook nuwe skeppings in Afrikaans. Hy vind dat mense steeds die immergroen liedjies van Groep 2 nog terdeë geniet.

“Ons eer ‘n sanger en akteur van formaat. Gert, jy het die toets van die tyd met jou kwaliteitsang, -lirieke, -toonsettings, puik akteur- en verhoogwerk dusver oor ‘n tydperk van 50 jaar met grasie en baie groot sukses voltooi. Jy het die Afrikaanse taal en kultuur deurentyd met trots en eer bevorder.
Baie dankie vir jou jarelange volgehoue en reuse bydrae tot en verryking van ons taal en kultuur.” Sakkie Kotze namens die Direksie van ATKV SA.

Op die foto oorhandig Sakkie Kotze die oorkondes en wens hy hulle geluk namens die ATKV. Johnlee, seun van Sias Reinecke, staan links. Hy het die oorkonde aan sy pa in ontvangs geneem. Gert van Tonder staan langs hom en Sakkie Kotze heel regs.
DSC01570-1

Lede v Centurion Jeugleiersforum besig met voltooiing van die wa. 16 Desember

Tuesday, December 17th, 2013

nsmail-87

ATKV Voortrekkerwa se onderdele gereed om deur lede v Centurion Jeugleiersforum aanmekaargesit te word.

Tuesday, December 17th, 2013

nsmail-85

ATKV Voortrekkerwa > Versoeningswa > Kersfeeswa

Tuesday, December 17th, 2013

ATKV Versoeningswa: “Gee hierdie land nuwe hoop, nuwe krag…”

Die ATKV Voortrekkerwa het Maandag 16 Desember op Versoeningsdag ‘n Versoeningsrol simboliseer.

Nadat lede van Centurion se Jeugleiersforum die wa ten aanskoue van baie besoekers, voor die Voortrekkermonument in Pretoria aanmekaargesit het, het hulle vir dr. Guma, Raadslid van Vryheidspark en me. Sonja Lombaard, Besturende Direkteur van die Voortrekkermonument op die wa laat ry en as ‘n versoeningsgebaar, ‘n ent op die terrein getrek.

“Dit was ook ‘n versoeningsgebaar teenoor al die inwoners van Suid-Afrika” was Sakkie Kotze, die projekleier se opmerking n.a.v. hul banier op die watent met die woorde: “Vorentoe saam met alle Suid-Afrikaners…!!!”

Die ATKV herdenk vanjaar met hierdie wa ook Groot Trek 175 sowel as sy eie Simboliese Ossewatrek wat in 1938 by die Jan van Riebeeck standbeeld in Kaapstad begin en op 16 Desember dieselfde jaar hier by die Voortrekkermonument geeïndig het.

Die wa is 25 jaar gelede op versoek van Sakkie Kotze deur sy vriend Frik Swanevelder, ‘n Houtverwerker van beroep, met inheemse bosveldhout gebou. Dit is ‘n 100% replika van die Marthinus Laäswa wat in die slag van Bloedrivier gebruik is. Sakkie was toe vir die navorsing, beplanning, loodsing en bekendstelling van die projek verantwoordelik.

Die wa is na die verrigtinge by die monument, as ‘n Kersfeeswa ingespan en na ‘n gebied in Pretoria vervoer waar Vader Kersfees en lede van ons Jeugleiersforum geskenke uit die wa aan minderbevoorregte kinders uitgedeel het.

Heelvoor sit Ina Labuschagne, een van die Centurionsangers wat die gepaste lied “Gee hierdie land nuwe hoop, nuwe krag …” gesing het. Sakkie Kotze staan agter haar en Frik Swanevelder, die wabouer staan aan die regterkant.
Dr. Guma sit aan die linkerkant op die wakis en me. Lombaard sit langs hom. Sy het een van die talle kinders wat daar die “wabou” bewonder het, opgetel en op haar skoot laat sit.
nsmail-83