Archive for October, 2013

Wengedig: “Traan” deur prof. P. Verster

Wednesday, October 30th, 2013

Verster Snr 1

Thursday, October 24th, 2013

SAMSUNG CAMERA PICTURES

ATKV Toekenning aan Chris Chameleon.
ATKV liedjie- en gedigskryfkompetisie:
“Emily” en “Traan” as wentreffers tydens Eeufeesviering by Vrouemonument aangewys.
(Die wenliedjie is as aanhangsel hierby aangeheg. Die wengedig en Chris Chameleon se toonsetting is nog nie beskikbaar nie. Hou ons webblad www.tak.co.za dop))

“Emily” geskryf, gekomponeer en gesing deur pastoor Leon Arnaud van Pretoria, is as die wentreffer van die ATKV se landwye liedjieskryfkompetisie aangewys.

“Traan”, die inskrywing van Prof. Pieter Verster van die Departement Sendingwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat is as die wengedig aangewys. Sy seun Pieter Verster jr. is die naaswenner met sy gedig “Stofengele”.

Die wenners is Sondag 20 Oktober tydens die Eeufeesviering by die Vrouemonument in Bloemfontein bekendgemaak.
Die ATKV Centurionsangers en -musikante het by die geleentheid ‘n saamsingprogram van Psalms, Gesange en Hallelujaliedere wat uit die Anglo Boereoorlog en Groot Trek dateer, aangebied en met bekende eietydse liedere soos “Die Oorwinningslied”, “Houtkruis” en “Hoe groot is U” afgesluit.

Chris Chameleon het op versoek van die ATKV die gedig van Totius “Vergewe en Vergeet” getoonset en dit tydens die program vir die eerste keer onder groot toejuiging van die gehoor in die openbaar gesing.
Hy het ook een van die treffers op sy nuutste CD “Herleef”, met sy eietydse komposies van sekere “Psalms en Gesange gesing.

Chris Chameleon is ook deur die ATKV vereer met ‘n ATKV-toekenning en het ‘n oorkonde van mnr. Japie Gouws, Besturende Direkteur van die die ATKV Groep, ontvang vir sy jarelange uitmuntende lirieke, komposisies en kwaliteitsang en musiek ter bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

082 925 1488 www.tak.co.za

Foto: Conrad Bornman

CBO_NUUS_VOLKSBLAD_Vrouemonument-100_Bfn_002 (2).jpg

ATKV Toekenning aan Chris Chameleon tydens ons Musiekprogram by die Vrouemonument.

Thursday, October 24th, 2013

SAMSUNG CAMERA PICTURESDie ATKV het op Sondag, 20 Oktober Chris Chameleon vereer vir sy bydrae tot Afrikaans.

Sanger en akteur Chris Chameleon het min bekendstelling nodig. As een van die kreatiefste Afrikaanse kunstenaars slaag Chameleon sedert sy buiging as akteur in Frans Marx se Sonkring in die vroeë negentigs steeds daarin om gehore te bekoor. Met sy eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ‘n reputasie om gehore met sy vier-oktaafstem en stemtoertjies te betower, het sy uitsonderlike talent hom die afgelope agt jaar uitstekende resensies en vele toekennings besorg.

As lid van die baskitaarspeler en voorman van Boo!, ‘n musikale drietal wat ‘n wêreldwye kultusaanhang verwerf het, het Chris tydens meer as 800 vertonings in sewentien lande opgetree, insluitende Hongarye, Kroasïe en in veertien state van die VSA. Boo! is ook in 2002 met ʼn Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) bekroon vir Beste Popalbum. Die groep het na sewe jaar saam besluit om hul musiekinstrumente weg te pak.

Chris het in 2005 sy eerste solo-album uitgereik. Met Ek herhaal jou – verwerkings van die poësie van Ingrid Jonker, die ikoniese digter uit die Sestigerjare – het Chris feitlik oornag sterstatus bereik. Sedertdien het verskeie Afrikaanse albums (7de Hemel, Ek vir jou, Kyk Hoe Lyk Ons Nou, As Jy Weer Skryf en Droomland) gevolg. ʼn Engelse album, verskeie DVD’s en verskeie eenmanvertonings en verhoogproduksies het daartoe bygedra dat Chris Chameleon ʼn huishoudelike naam is in Afrikaanse huishoudings.

As akteur was hy te sien as 7de Laan, Binnelanders en Fanie Fourie’s Lobola. Chris was ook ʼn spesiale aanbieder van die kykNET-dokumentêr Kyk hoe lyk ons nou.
Chris het verskeie oorsese toere onderneem na onder meer Holland, België en New York, waar hy by die 46664-konsert ter ere van Nelson Mandela opgetree het. Hy was ook die ster van ʼn spesiale Innibos Feesproduksie saam met die Drakensberg Seunskoor in die Sudwala Grotte. Hiervoor is hy bekroon met ʼn Innibos-toekenning vir Grootste Kunsbydrae tot die fees. Sy produksie Droomland, saam met die Suid Kaapse Kinderkoor, is met ‘n KANNA-toekenning vir Beste Musiekproduksie bekroon by die KKNK.
In Augustus 2011 is Chris aangewys as ‘n LCA (Leierskap vir Bewaring in Afrika) glanspersoonlikheids-ambassadeur, ‘n hoedanigheid wat hy ook kan benut om sy passie vir bewaring verder te voer. Hy het onder meer al ʼn video opgeneem saam met Samini, een van Ghana se grootste sterre, waarin hulle die bewaringsboodskap uitdra.
Chris spog met ʼn indrukwekkende lys van toekennings, waaronder meer as twintig musikale toekennings en ʼn Erepenning wat deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken is vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

Sy nuutste Afrikaanse album Herleef – Psalms en Gesange word vandeesmaand uitgereik. “Dit is die album met die meeste skop wat ek nog in Afrikaans opgeneem het. Ek hoop dit herinner mense hoe groot God is. Ek hoop die saambindende krag van musiek laat ons verby ons verskille kyk en eerder na mekaar se harte,” het hy hieroor gesê.

ATKV Centurionsangers en -musikante gaskunstenaars by Eeufeesviering v Vrouemonument.

Thursday, October 24th, 2013

SAMSUNG CAMERA PICTURESATKV Liedjie- en Gedigskryfkompetisie:
“Emily” en “Traan” as wentreffers tydens Eeufeesviering by Vrouemonument aangewys.

“Emily” geskryf, gekomponeer en gesing deur pastoor Leon Arnaud van Pretoria, is as die wentreffer van die ATKV se landwye liedjieskryfkompetisie aangewys.

“Traan”, die inskrywing van Prof. Pieter Verster van die Departement Sendingwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat is as die wengedig aangewys. Sy seun Pieter Verster jr. is die naaswenner met sy gedig “Stofengele”.

Die wenners is Sondag 20 Oktober tydens die Eeufeesviering by die Vrouemonument in Bloemfontein bekendgemaak.
Die ATKV Centurionsangers en -musikante het by die geleentheid ‘n saamsingprogram van Psalms, Gesange en Hallelujaliedere wat uit die Anglo Boereoorlog en Groot Trek dateer, aangebied en met bekende eietydse liedere soos “Die Oorwinningslied”, “Houtkruis” en “Hoe groot is U” afgesluit.

Chris Chameleon het op versoek van die ATKV die gedig van Totius “Vergewe en Vergeet” getoonset en dit tydens die program vir die eerste keer onder groot toejuiging van die gehoor in die openbaar gesing.
Hy het ook een van die treffers op sy nuutste CD “Herleef”, met sy eietydse komposies van sekere “Psalms en Gesange gesing.

Chris Chameleon is ook deur die ATKV vereer met ‘n ATKV-toekenning en het ‘n oorkonde van mnr. Japie Gouws, Besturende Direkteur van die die ATKV Groep, ontvang vir sy jarelange uitmuntende lirieke, komposisies en kwaliteitsang en musiek ter bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

Twee ATKV-takke kuier saam.

Monday, October 7th, 2013

ATKV: Twee takke kuier saam met kultuurvennote in Bethlehem.

Die ATKV Centurionsangers, dansers en -musikante was van die gaskunstenaars wat die afgelope naweek by die Kultuuraand van die Bethlehemtak opgetree het.

Takke Centurion en Bethlehem, die Rapportryers en die Sonskyn Volkspelelaer van Bethlehem het ‘n besonderse Kultuurprogram aan die waarderende gehoor aangebied.

Die Volkspelers se program het uit ‘n aanskoulike volkspele-, beesvelgooi- en sweepslaanvertoning bestaan.

Lede van die Musiekforum van Centurion het weer bekende tradisionele Afrikaanse liedjies met hul unieke samespel van saag, kitaar, trekklavier en mondfluitjie, asook sang deur Herman Steyn aangebied.
Angelique Allison, professionele danser van die groep het weer met haar unieke dansstyl verdere grasie aan elke liedjie verleen.

Die tradisionele musiekinstrumente is daarna ingespan om die gehoor uit te nooi om op die maat van boeremusiek die dansvloer te betree. Dit was duidelik dat die aand se vrolike sang en musiek die gehoor se voete behoorlik laat jeuk het.

Die program is afgesluit met christensang en -musiek soos o.a. “Hoe Groot is U” en “Die Oorwinningslied”.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Gert Coetzee (saagspeler) Willie Jooste (trekklavier) en Herman Steyn (sanger, kitaar- en mondfluitjiespeler)
Agter: Danie Eichstadt (Bethlehem Rapportryers), Angelique Allison (Centuriondanser), Pieter en Irene Olivier (Sonskyn Volkspelelaer).
Heelagter: Ben Venter en Sakkie Kotze, die voorsitters van ATKV-takke Bethlehem en Centurion.
kimberley en bloemfontein 037

Jim Reeves-konsert by die Groot Gat ‘n groot sukses.

Sunday, October 6th, 2013

ATKV: Jim Reeves se musiek eggo weer by die Groot Gat in Kimberley soos 50 jaar gelede.

Lede van die ATKV Centurion Sangersforum o.l.v. Trevor Nasser, het Saterdag 5 Oktober ‘n Musiekprogram ter ere van Jim Reeves by die Groot Gat in Kimberley aangebied.

Die kunstenaars het nie net van sy internasionaalbekende Engelse trefferliedjies soos o.a. “Danny Boy”, “Adios Amigo”, “Distand Drums” en “He’ll have to go” vertolk nie, maar ook van die Afrikaanse liedjies wat hy hier in ons land gesing het en ook op ‘n CD opgeneem het.

Sakkie Kotze, voorsitter van die Forum en lid van die Direksie van ATKV SA was vol lof vir die feit dat Jim Reeves, terwyl hy in 1963 in Suid-Afrika was vir die verfilming van “Kimberley Jim”, ook Afrikaanse liedjies soos o.a. “Sarie Marais”, “Blonde Matroos”, “Ver in die ou Kalahari” en “Daar doer in die Bosveld” geleer en gesing het.

Mnr. Eben van Heerden, HUB van De Beers Mynmaatskappy, was baie dankbaar teenoor die ATKV Centurionsangers, dansers en -musikante wat die unieke Herdenkingsprogram vir Jim Reeves by die myn aangebied het.

Op die foto verskyn voor vlnr.:
Willie Jooste (trekklavierspeler), Gert Coetzee (saagspeler), Herman Steyn (sanger, kitaar- en mondfluitjiespeler).

Agter: Heinrich Steenkamp en Gerald Meyer (sangers), Angelique Allison (danseres), Trevor Nasser (kitaar en banjo), Mnr. Eben van Heerden (HUB van de Beers Mynmaatskappy) en Sakkie Kotze (ATKV)

kimberley en bloemfontein 009

Danny Jordaan wil sokker onder Afrikaanse mense bevorder. Ons doen dit met ons liedjie

Friday, October 4th, 2013

Sokker: Danny Jordaan wil sokker onder Afrikaanssprekendes bevorder.
“VIVA BAFANA VIVA” Enigste Afrikaanse Sokkerliedjie deur ATKV Centurionsangers op die wysie van “Sarie Marais”

Ons het tydens die Wêreldbeker Sokker in SA ‘n liedjiekompetisie gehou waarin enigeen Afrikaanse woorde kon skryf op die maat van die wysie van “Sarie Marais”.

Ons doel met die kompetisie was om:

‘n Eerste Afrikaanse Sokkerliedjie daar te stel;

Sokker onder Afrikaanssprekendes te bevorder;

Sokker SA geluk te wens met hul aanbieding van die Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika;

Ons eie Bafanaspan te ondersteun met hul deelname aan die Wêreldtoernooi.

‘n Pensionaris, Thea de Kock se inskrywing is as die wenliedjie aangewys.

Die liedjie is in ‘n ateljee opgeneem met van ons ATKV Centurionsangers en -musikante as die gaskunstenaars:
Nadine
Steyn Fourie
Ghapi
Tiro
Max van Heerden en
Ina Myburgh

Sokkerspelers van Rosina Sedibane Sportskool en Trans Oranje Skool vir Dowes kan ook op die DVD gesien word.
Die DVD is op Youtube en ons webwerf www.tak.co.za

Gaan na www.tak.co.za Klik dan op ATKV Centurion.
Klik dan op die eerste bladsy op die skakel “sokkerliedjie” aan die regterkant van die bladsy.

Navrae: Sakkie Kotze
082 925 1488

Ons Musiekforum verteenwoordig die Afrikaanse Kultuurgroep by Vryheidspark.

Tuesday, October 1st, 2013

ATKV Centurionsangers en -musikante verteenwoordig die Afrikaanse
Kultuurgroep by Vryheidspark 29 September 2013

Verskeie kultuurgroepe van Suid-Afrika het die Kultuurdag by
Vryheidspark hul kultuurgoedere aan die waarderende gehoor bekendgestel
by wyse van sang, dans en musiek.

Op die foto verskyn drie van die Kultuurgroepe wat daar was se leiers
saam met die ATKV Centurionsangers en-musikante.

Voor vlnr.:
Mizo Phyll (Xhonga), Poppy Mudau (Venda), Katrina Esau al die pad van
Upington (Khomani San), Herman Steyn en Willie Jooste (ATKV)
Agter vlnr.: Max van Heerden, Gerald Meyer en Sakkie Kotze (ATKV)
nsmail-35