Archive for September, 2013

Ons herdenk Jim Reeves se Koms na Suid-Afrika 50 jaar gelede.

Sunday, September 29th, 2013

ATKV herdenk Jim Reeves se besoek aan Suid-Afrika 50 jaar gelede.

Die ATKV Centurionsangers en -musikante o.l.v. Trevor Nasser en Gerald Meyer, bied ‘n unieke Herdenkingsprogram van Jim Reeves se besoek aan SA 50 jaar gelede. Tradisionele musiekinstrumente soos ‘n saag, trekklavier en mondfluitjie word ook gebruik om sy musiek te vertolk.

Ons sing van sy eie internasionaalbekende Engelse liedjies asook van die Afrikaanse liedjies wat hy geleer het en tydens sy besoek aan Suid-Afrika gesing het. Hy is ook genooi om terselfdertyd as hoofkarakter in die verfilming van “Kimberley Jim” op te tree.
“Adios Amigo”
“He’ll have to go”
“Blue Boy”
“Distant Drums” en
“Danny Boy”

“Ver in die ou Kalahari”
“Daar doer in die Bosveld”
“Jy is my Liefling”
“In die skadu van ou Tafelberg” en
“Blonde Matroos”

Die Herdenkingsprogram vind op Saterdag 5 Oktober om 11vm by die “Groot Gat” in Kimberley plaas waar hy 50 jaar gelede opgetree het.
Kyk na die plakkaat aangeheg.
001

ATKV-deelname vanjaar aan Groot Trek 175 Herdenking met ‘n unieke Kakebeenwa.

Saturday, September 28th, 2013

ATKV-wa Groot Trek 175 Herdenking 002

Baie dankie aan ons HK-personeel by Aardklop 2013

Friday, September 27th, 2013

ATKV-personeel op hul stukke by Aardklop 2013.

Die ATKV trek weer baie besoekers na hul Uitstalling by Aardklop.

Sakkie Kotze het die personeel gaan groet en hulle gelukgewens met die professionele voorkoms van die uitstalling en hul puik aanslag met besoekers.
Afrikaanse boeke kan o.a. daar gekoop word en besoekers kan net daar as lede by die ATKV aansluit.

Op die foto verskyn vlnr.:
Riaan Maritz, Petro Greeff, Das Badenhorst en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion en lid van die Direksie van ATKV SA)
Aardklop 2013 007

Ons kultuur by die Kultuurfees by die Voortrekkermonument

Thursday, September 26th, 2013

ATKV Centurionsangers en -musikante voeg waarde toe tot die Kultuurfees by die Voortrekkermonument op Erfenisdag 24 Sept 2013

Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion en lid van die Direksie van ATKV SA, het vir Etta Judgen van die Voortrekkermonument lof toegeswaai met ‘n baie interessante Kultuurprogram wat daar aangebied is.

Die Kultuurdemonstrasies van seepkook, broodbak, kerse maak, botter maak en koffiemaal- en sweepklapdemonstrasies het baie aftrek gekry.

Gert Coetzee, saagspeler het veral baie aandag getrek met sy saagspel. Sy pa Tjaart het die saag in 1945 by ‘n Hardewarewinkel in Pretoria-Noord gekoop. Dit is toe nooit gebruik om te saag nie, maar om musiek te maak -eers sy pa vir baie jare en nou hy, na sy pa se afsterwe. Hy is lid van ons Sangers- en Musiekforum.

Op die foto verskyn van die Centurionsangers en -musikante wat daar opgetree het. Voor vlnr.: Herman Steyn (kitaar), Willie Jooste (trekklavier) en Ricardo (sanger) Middel: Etta Judgen (Organiseerder van die Kultuurfees), Leon Arnoud en Ina Labuschagne (sangers), Gert Coetzee (Saag); Agter: Schalk (basviool) en Gerald Meyer (sanger)

Ons 006

Monday, September 23rd, 2013

Ls Kameelfontein 014

ATKV Centurionsangers gaskunstenaars by Kultuuraand van Laerskool Kameeldrif

Monday, September 23rd, 2013

ATKV Centurionsangers gaskunstenaars by Kultuuraand van L/s Kameeldrif.
Karen Meiring en Sakkie Kotze (eregaste) vol lof vir die puik musiektalent van leerders.

By die Laerskool Kameeldrif word leerders nie net akademies toegerus nie, maar ook op sport- en kultuurgebied ondersteun en aangemoedig.

Karen Meiring hoof van KykNet en Sakkie Kotze, voorsitter van die Centurion Sangersforum en lid van die Direksie van ATKV SA was die gaste van die skoolhoof, personeel en Bestuursliggaam. Hulle was vol lof vir die puik optrede van die skoolkoor.

Van die ATKV Centurionsangers, Marius Strydom en Eleganza het as gaskunstenaars by die Kultuuraand opgetree. Die drie dames het die gehoor met hul puik stem- en nootharmonie bekoor terwyl Johan na sy solosang ook saam met die koor opgetree het. Hy het die koor ook onlangs op hul musiektoer vergesel.

Op die foto verskyn vier van die koorlede heelvoor nl. Thuli Lengwati, Izaan van Niekerk, Unopa Chilanga en Beatibude Dumezveni.
Middel vlnr.: Lunique, Liezel en Suzanne (ATKV Centurionsangers)
Agter vlnr.: Mev. Marina van Niekerk (skoolhoof),Karen Meiring (Kyknet) en Sakkie Kotze (ATKV Direksielid) en Marius Strydom (ATKV Centurionsangers)

Kultuurvennootskap gedy.

Sunday, September 22nd, 2013

ATKV Musiek- en Kultuurvennote kuier saam.

Musiek, sang en dans is die beste bestanddele van ‘n suksesvolle vennootskap tussen die ATKV Centurionsangers en -dansers saam met die orkeste van die Boeremusiekklub van Suid-Afrika.

Die afgelope naweek is daar weer in Pretoria heerlik saamgekuier met kitaarsnare wat styfspan, konsertinas wat krom trek, voete wat jeuk en tone wat krul.

Op die foto verskyn voor vlnr.:
Stompie (O/voors van die Boeremusiekklub) en Mienkie Erasmus (ATKV)
Agter: Louis van Zyl (Boeremusiekklub) Karel du Toit (Voors van die Boeremusiekklub), Louis Buys (ATKV) en Sakkie Kotze (Voorsitter van Centurion Musiekforum en lid van die Direksie van ATKV SA)
nsmail-17

Ons kry positiewe reaksie uit Nederland oor ons Herdenkingsprogram vir Jim Reeves.

Tuesday, September 17th, 2013

Hallo Sakkie Kotze, ATKV
Mag ik jullie bericht ( met foto) over “Ons herdenk Jim Reeves se koms na Suid-Afrika 50 jaar gelede” op onze Jim Reeves fan club website plaatsen (www.jimreevesfanclub.com)?

Ik ben in 1978 op vakantie in Suid-Afrika gewees en ben geinterviewed over de fan club op springbok Radio door Lance James. Ik kan Afrikaans verstaan wanneer men statig praat. Ik heb verschillende Suid-Afrikaanse krantenknipsels over de concerten van 1962 en het maken van de film “Kimberley Jim”.

Baie groete uit Den Haag, Nederland.
Arie den Dulk

Ons herdenk Jim Reeves se koms na Suid-Afrika 50 jaar gelede

Thursday, September 12th, 2013

001

Gelukwense aan Affies Seuns.

Wednesday, September 11th, 2013

Gelukwense aan Affies Seuns met hul velerlei prestasies…!!!

Sakkie Kotze (Gautengse Onderwysdepartement en lid van die Direksinsmail-8e van ATKV SA) het die leerders gelukgewens met hul puik prestasies op akademiese, kultuur- en sportgebied. Die Seunskoor was bv. vanjaar die wenner in die ATKV se landwye Applous Koorkompetisie (kategorie Seunskore).

Op die foto verskyn vlnr.: Dr. Pierre Edwards (skoolhoof) Wihan Barnard (Hoofseun), Ivan van Zyl (Sosiaal Maatskaplik), Danie Venter (Kultuur), Lens du Plooy (Sport) en Sakkie Kotze (ATKV)