Archive for August, 2013

Die Bybel in Afrikaans 80 jaar jonk…!!!

Wednesday, August 28th, 2013

005Baie geluk en baie dankie aan die FAK met hul Gedenkprogram van die 80e bestaansjaar van die Bybel in Afrikaans.

Die Gedenkprogram het Sondagmiddag 25 Augustus in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument plaasgevind.
Die publikasie “De Bijbel in het Afrikaans” met dr. Danie Langner as eindredakteur, is ook tydens die program bekendgestel.
Prof. Cas Vos het die erediens gelei terwyl die koor van die Afrikaanse Hoër Seunskool verdere glans aan die geleentheid verleen het.
Op die foto verskyn vlnr.: Prof. Danie Goosen (Voorsitter van die FAK), ds. Murray Louw en dr. kálmán papp van die Bybelgenootskap, prof. Cas Vos (gasspreker), dr. Danie Langner (HUB van die FAK) en Sakkie Kotze (ATKV Direksielid)