Archive for July 26th, 2013

Friday, July 26th, 2013

Mnr Kotze 2

Geluk Affies Meisies…!!!

Friday, July 26th, 2013

GELUKWENSE AAN DIE SENIORKOOR VAN AFRIKAANSE HOËR MEISIESKOOL MET HUL INTERNASIONALE PRESTASIE…!!!
Die koor van die Afrikaanse Hoër Meisieskool het die afgelope skoolvakansie aan ‘n Internasionale Koorkompetisie deelgeneem en puik presteer. Die koor bestaan uit eenhonderd meisies wat daar hul skool en Suid-Afrika se naam hoog gehou het.
Hulle het aan die Northen Bell Canto Koorkompetisie in St. Pietersburg in Rusland gaan deelneem en as Algehele Wenners teruggekeer met die gesogte Grand Prix-toekenning. Hulle was die wenners in die kategorie meisieskore en die kategorie tradisionele musiek.
Die koor het vanaf 1998 tot 2010 o.l.v. Hannelize du Plessis ook puik prestasies op Internasionale gebied behaal:
Die koor is o.a.in 2002 aangewys as Algehele Wenner van die “Groot Kore” afdeling tydens die Praag Internasionale Koorkompetisie.
Met die 2006 Wêreldkoorspele in Xiamen China, is die koor as algehele Olimpiese Kampioene in die afdeling Volksmusiek aangewys.
In 2009 tydens die “International Festival of Advent and Christmas Music” in Bratislava is die koor aangewys as Algehele Wenner van die kompetisie.
Michael Barrett is sesert Januarie 2011 die dirigent van die koor met Gisela Scriba wat sedert 1998 steeds as pianis optree.
Nogmaals baie geluk.
Op die foto verskyn vlnr.: Michael Barrett (dirigent), Mej. Marna Jordaan (skoolhoof), Nadia Deale en Melize Cronje (koorleiers) en Sakkie Kotze (Gautengse Onderwysdepartement).