Archive for July 14th, 2013

Neem deel aan ons liedjieskryf-, dig- en storievertelkompetisie.

Sunday, July 14th, 2013

Ons ondersteun die Eeufeesviering van die ABO-museum en Vrouemonument 2013.

Deelname aan ons Liedjieskryf-, dig- en storievertelkompetisie.

Tema: Enige tema, persoon i.v.m. die Anglo Boereoorlog, ABO-museum en Vrouemonument.
Sluitingsdatum: Erfenisdag Dinsdag 24 September 2013
Pryswennerskonsert: 19 Oktober op die terrein van die ABO-museum en Vrouemonument in Bloemfontein.
Navrae: SMS of epos u kontakbesonderhede en ons epos dan die inskryfvorm aan u.
Selnr. 082 925 1488 eposadres: iakotze@mweb.co.za

Ons kuier by voormalige Oordbestuurder van Hartenbos, Klein-Kariba en Drakensville

Sunday, July 14th, 2013

ATKV Centuriongroete aan Timon en Louise Janssonius.

Sakkie en Beatrice Kotze het Timon en Louise in Ficksburg gaan besoek en ATKV-groete aan hulle gaan oordra.
Dit gaan goed met hulle. Louise het mooi herstel na haar onlangse siekte.

Timon was oor ‘n tydperk van dertien jaar Oordbestuurder by Hartenbos, daarna by Klein-Kariba en toe by Drakensville.

Hulle stuur groete en goeie wense aan ATKV-personeel, ATKV-lede en gereelde besoekers aan ons oorde.
DSC01545

Ons besoek Hennie Smit in Bloemfontein

Sunday, July 14th, 2013

Ons kuier by Hennie Smit van die Broodhuis in Bloemfontein.

Die Broodhuis in Bloemfontein het ‘n gesogte kuierplek vir christene geword. Daar vind gereeld gesprekke en praatjies oor Christenwees plaas.

Die brood uit hul bakoond word met ‘n resep uit die Bybellande gebak. Brood word met al die spyskaartetes bedien.

Hennie Smit is verlede jaar saam met Steve Hofmeyr deur die ATKV in Centurion vereer vir hul jarelange bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur d.m.v. hul sang-, musiek- en akteurspel in talle verhoogoptredes dwarsoor Suid-Afrika, TV-spel en verskeie films ens.

Op die foto sit Hennie voor met Sakkie en Beatrice Kotze wat agter hom staanDSC01541. Sakkie is voorsitter van ATKV Centurion, en lid van die Direksie van ATKV SA.