Archive for July 8th, 2013

Die hare waai al vir meer as vyftig jaar…!!!

Monday, July 8th, 2013

Oudste Manshaarkappery in Centurion verskuif na ‘n halfeeu se harewaai…!!!

Prinsloo Manshaarkappery is een van die vyf oudste besighede in Centurion wat in 2008, tydens die Eeufeesviering van die dorp, deur ATKV Centurion die organiseerders, namens die inwoners vir gehaltediens vereer is.

Mnr. Gert Prinsloo het die haarkappery aanvanklik in Bothalaan bedryf en later oorgeskuif na die nuwe Lytteltonsentrum. Na sy dood het sy dogter Annalie met die besigheid voortgegaan en 50 jaar daar in dieselfde gebou voltooi. Sy skuif nou na oorkant die Sentrum in Cradockstraat.

Diѐ Haarkappery is nog steeds ’n interessante kuierplek en geselsplek. Daar praat manslede van die gemeenskap kopstukke oor die rugby, landsake ens. – terwyl die hare waai…!!!

Menige soldaat, van korporaal tot generaal, in die Suid-Afrikaanse Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisie sny hul hare daar of het hul hare daar laat sny. Diѐ wat nog in Centurion en omliggende voorstede woon ook – al is hulle afgetree.

Mnr. Gert Prinsloo was vir baie jare ook die amptelike haarsnyer van al die troepe op Voortrekkerhoogte.

Op die foto sny Annalie op haar laaste dag in die Sentrum, die hare van Sakkie Kotze, een van die gemeenskapsleiers en voorsitter van ATKV Centurion.
IMG_0834 (2)

Baie geluk Affies…!!!

Monday, July 8th, 2013

Baie geluk aan die koor van Afrikaans H Meisies. Hulle is die Algehele Wenners van ‘n Internasionale Koorkompetisie wat in Moskou plaasgevind het. Welgedaan, ons is trots op julle.