Archive for July, 2013

Baie geluk Menlopark…!!!

Sunday, July 28th, 2013

Baie geluk aan die koor van H/s Menlopark. Hulle is die wenners van ATKV Applous in die kategorie Gemengde Kore. Die koor van 97 lede het die afgelope skoolvakansie aan die Summa Cum Laude Musiekkompetisie in Wenen gaan deelneem. Hulle is ook daar as die beste gemengde koor aangewys. Ons is trots op julle…!!!

Neem deel aan ons liedjieskryf-, dig- en storievertelkompetisie oor die Vrouemonument en ABO-museum

Saturday, July 27th, 2013

100jr
EEUFEESVIERING VAN DIE
NASIONALE VROUEMONUMENT EN ANGLO BOEREOORLOGMUSEUM
IN BLOEMFONTEIN 2013

Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is op 16 Desember 1913 ingewy. Die monument is opgerig ter nagedagtenis van die meer as 26,000 vroue en kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) in interneringskampe gesterf het. President M.T. Steyn het die monument verwoord as ‘n nasie se eerbetoon en nagedagtenis aan diegene wat hulle liefgehad het. Die monument is ook die viering van ‘n toekomsvooruitsig, opstaan vanuit moeilike omstandighede, handevat, versoening en nasiebou.

Benewens die monument kan die Anglo-Boere Oorlogmuseum ook besoek word. Dit bevat talle kunswerke, artefakte en standbeelde wat besigtig kan word. Tans is daar ‘n speelgoeduitstalling wat ewe veel deur alle ouderdomsgroepe geniet word.Talle kunstenaars het onlangs skilderye en beeldhouwerke aan die museum geskenk. Tans is ‘n keur daarvan in die Johannes Stegmann Kunsgallery by die Universiteit van die Vrystaat se Biblioteek op uitstalling. Talle ander kan ook by die ABO-museum besigtig word.

Daarbenewens vra ons dat alle kunstenaars, skrywers, akteurs, sportsterre en openbare persoonlikhede wat voorsate uit en of ‘n verbintenis met die Anglo-Boereoorlog en of interneringskampe het, met ons kontak te maak.
Stel vas of jou voorsate betrokke was by die Oorlog, kyk na die feesprogram, lees meer oor die Vrouemonument en die ABO-museum deur die volgende webblaaie te besoek: www.vrouemonument.co.za en www.anglo-boer.co.za

Die ATKV in samewerking met die Vrouemonument en die ABO-museum, nooi teen hierdie agtergrond kunstenaars uit om by hierdie inisiatief aan te sluit.
• Liedjieskryf-, gedigskryf-, storievertelkompetisie oor enige aspek van die ABO, ABO-museum en/of Vrouemonument. Sluitingsdatum: Vrydag 20 September 2013.
• Die Finaal van die kompetisie vind op Saterdag 19 Oktober tydens die Vrouemonument- en ABO-museum se Feesvieringe in Bloemfontein plaas. Die ATKV Centurionsangers en musikante tree o.a. dan ook as gaskunstenaars op.
• Die kompetisie word aangebied en gekoördineer deur ATKV Centurion. Besoek ons webblad www.tak.co.za vir meer besonderhede en ‘n inskryfvorm.
• Navrae: Sakkie Kotze ATKV iakotze@mweb.co.za 082 925 1488

Friday, July 26th, 2013

Mnr Kotze 2

Geluk Affies Meisies…!!!

Friday, July 26th, 2013

GELUKWENSE AAN DIE SENIORKOOR VAN AFRIKAANSE HOËR MEISIESKOOL MET HUL INTERNASIONALE PRESTASIE…!!!
Die koor van die Afrikaanse Hoër Meisieskool het die afgelope skoolvakansie aan ‘n Internasionale Koorkompetisie deelgeneem en puik presteer. Die koor bestaan uit eenhonderd meisies wat daar hul skool en Suid-Afrika se naam hoog gehou het.
Hulle het aan die Northen Bell Canto Koorkompetisie in St. Pietersburg in Rusland gaan deelneem en as Algehele Wenners teruggekeer met die gesogte Grand Prix-toekenning. Hulle was die wenners in die kategorie meisieskore en die kategorie tradisionele musiek.
Die koor het vanaf 1998 tot 2010 o.l.v. Hannelize du Plessis ook puik prestasies op Internasionale gebied behaal:
Die koor is o.a.in 2002 aangewys as Algehele Wenner van die “Groot Kore” afdeling tydens die Praag Internasionale Koorkompetisie.
Met die 2006 Wêreldkoorspele in Xiamen China, is die koor as algehele Olimpiese Kampioene in die afdeling Volksmusiek aangewys.
In 2009 tydens die “International Festival of Advent and Christmas Music” in Bratislava is die koor aangewys as Algehele Wenner van die kompetisie.
Michael Barrett is sesert Januarie 2011 die dirigent van die koor met Gisela Scriba wat sedert 1998 steeds as pianis optree.
Nogmaals baie geluk.
Op die foto verskyn vlnr.: Michael Barrett (dirigent), Mej. Marna Jordaan (skoolhoof), Nadia Deale en Melize Cronje (koorleiers) en Sakkie Kotze (Gautengse Onderwysdepartement).

Ons verwelkom Heinrich Coetzee as nuwe lid van ons Musiekforum

Saturday, July 20th, 2013

ATKV Centurion Musiekforum verwelkom Heinrich Coetzee – liriekskrywer, sanger en musikant.

Nuwe talent is altyd welkom.
Op die foto word Heinrich deur van ons senior lede verwelkom.
Hy het bewese liriekskryf-, sang- en musiektalent.
Heinrich is ewe tuis met die kitaar en voor die klavier. Hy begelei homself.
DSC01568

Saturday, July 20th, 2013

DSC01563

Ons lag te min…!!!

Saturday, July 20th, 2013

Annale van ‘n Windgat: “Verhoogspel is bakgatlagterapie op sy allerbeste.”

“Gat, Gatter, Gatste…!!!”
‘n Slaggat en ‘n gatsometer kan deesdae vir ons as motoriste ‘n gatslag wees…!!!
Is jy ‘n Banggat, ’n Hardegat, ‘n Slapgat of ‘n Windgat…???

Hierdie eenmankomedie is Vrydag 19 Julie tot groot vermaak en genot van die gehoor, in die Pierneefteater in Pretoria opgevoer.
Neels Clasen is die enigste akteur maar hy vertolk vier karakters.

“Ons lag te min. Hierdie verhoogspel is bakgat lagterapie op sy allerbeste. Ons is almal daagliks ‘n rolspeler van een of meer van hierdie karakters. Baie geluk aan teksskrywer Barry van Rensburg en akteur Neels Clasen met briljante spel en tipering van alvier karakters” was Sakkie Kotze se kommentaar.

Op die foto staan Beatrice Kotze (ATKV), Neels Clasen (Akteur), Barry van Rensburg (Teksskrywer en regisseur) en Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion en lid van die Direksie van ATKV SA) tussen die vier karakters.)

Foto’s van Senior Burger Talentkompetisie

Friday, July 19th, 2013

http://foto24.co.za/atkv-seniors-55-talentkompetisie/

Neem deel aan ons liedjieskryf-, dig- en storievertelkompetisie.

Sunday, July 14th, 2013

Ons ondersteun die Eeufeesviering van die ABO-museum en Vrouemonument 2013.

Deelname aan ons Liedjieskryf-, dig- en storievertelkompetisie.

Tema: Enige tema, persoon i.v.m. die Anglo Boereoorlog, ABO-museum en Vrouemonument.
Sluitingsdatum: Erfenisdag Dinsdag 24 September 2013
Pryswennerskonsert: 19 Oktober op die terrein van die ABO-museum en Vrouemonument in Bloemfontein.
Navrae: SMS of epos u kontakbesonderhede en ons epos dan die inskryfvorm aan u.
Selnr. 082 925 1488 eposadres: iakotze@mweb.co.za

Ons kuier by voormalige Oordbestuurder van Hartenbos, Klein-Kariba en Drakensville

Sunday, July 14th, 2013

ATKV Centuriongroete aan Timon en Louise Janssonius.

Sakkie en Beatrice Kotze het Timon en Louise in Ficksburg gaan besoek en ATKV-groete aan hulle gaan oordra.
Dit gaan goed met hulle. Louise het mooi herstel na haar onlangse siekte.

Timon was oor ‘n tydperk van dertien jaar Oordbestuurder by Hartenbos, daarna by Klein-Kariba en toe by Drakensville.

Hulle stuur groete en goeie wense aan ATKV-personeel, ATKV-lede en gereelde besoekers aan ons oorde.
DSC01545