Archive for March, 2013

Kyk na die video i.v.m. ons Seniors 55 Talentkompetisie. Klik op die

Saturday, March 30th, 2013

Friday, March 29th, 2013

DSC01324 - Copy

Bywoning van die Paasfees Musiekprogram deur ATKV-lede was ‘n verrykende ervaring.

Friday, March 29th, 2013

‘n Waarderende gehoor het die Goeie Vrydag Paasfees Musiekkonsert in ‘n volgepakte Mosaїekteater in Roodepoort bygewoon.

Verskeie ATKV-lede het ook die Musiekkonsert bygewoon.

Johan Heystek die regisseur, en sy produksiespan is na die program staande deur die gehoor toegejuig en bedank vir die waarde wat hulle tot sinvolle Paasviering toevoeg. Die statiese voorstelling van die Lydensgebeure in ‘n ander lokaal was ook ‘n gevoelvolle ervaring van die werklike gebeure.

Johan Heystek was vir baie jare die regisseur van die ATKV se Liertoekenning. Hy is nou ook ‘n lid van die Paneel van Beoordelaars van ATKV Centurion se Seniors 55 Talentkompetisie. Hy, Min Shaw en Wanda de Kock-Bam sal die Afrikaanse Christenliedjieinskrywings beoordeel.

Op die foto verskyn twee van die ATKV-lede en twee van die gaskunstenaars, saam met regisseur Johan Heystek.
Vlnr.: Marius van der Westhuizen (ATKV Direksielid), Christo Kritzinger en Helene Bester (gaskunstenaars), Johan Heystek (regisseur) en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion en ook lid van die Direksie)

TV-onderhoud oor ons Seniors 55 Talentkompetisie

Thursday, March 28th, 2013

Kyk Maandag 1 April om 06:15 die oggend na ons onderhoud op Kyknet se Dagbreekprogram i.v.m. ons Seniors 55 Talentkompetisie.

Video van Mediabekendstelling Seniors 55 Talentkompetisie

Thursday, March 28th, 2013

Kyk na die video op Beeld.com. Klik op Beeld Video.

ATKV Centurion Musiekforumlede gaskunstenaars by Mediabekendstelling van Seniors 55 Talentkompetisie

Wednesday, March 27th, 2013
Voor vlnr.: Wilmarie (kitaar) en  Wessel Vosloo (konsertina). Agter vlnr.: Trevor Nasser (kitaar), Lieb Bester (trekklavier) en Theo Erasmus (trekklavier) en aldrie is ook beoordelaars van die kompetisie.

Voor vlnr.: Wilmarie (kitaar) en Wessel Vosloo (konsertina). Agter vlnr.: Trevor Nasser (kitaar), Lieb Bester (trekklavier) en Theo Erasmus (trekklavier) en aldrie is ook beoordelaars van die kompetisie.

Mediabekendstelling van ons Seniors 55 Talentkompetisie by ATKV Hoofkantoor op 27 Maart

Wednesday, March 27th, 2013

Verskeie lede van ons Paneel van Beoordelaars het die Mediabekendstelling Woensdag 27 Maart by die ATKV Hoofkantoor in Randburg bygewoon.
Hulle is almal self ouer as 55 en is van ons land se bekendste en suksesvolste kunstenaars wat nog steeds op verhoё optree.
Van die musikante het tydens die Mediabekendstelling as gaskunstenaars opgetree.

Op die foto verskyn voor vlnr:  Min Shaw, Jammies Jamneck (humorstorievertelling), Manuel Escorcio, Gert van Tonder, Martin Lane (musiekinstumentspel) en Lance James. Agter vlnr.: Centurion Projekbestuurspan: Sakkie Kotze (voorsitter), Dirk Swanepoel, Beatrice Kotze en Leon Arnaud.

Op die foto verskyn voor vlnr:
Min Shaw, Jammies Jamneck (humorstorievertelling), Manuel Escorcio, Gert van Tonder, Martin Lane (musiekinstumentspel) en Lance James.
Agter vlnr.: Centurion Projekbestuurspan: Sakkie Kotze (voorsitter), Dirk Swanepoel, Beatrice Kotze en Leon Arnaud.

Vlad Kruchinsky van Moskou ons eregas by eerste Omgeemark in Centurion

Sunday, March 24th, 2013

ATKV Centurionsangers en -musikante gaskunstenaars by eerste Plaashuis-Omgeemark in Centurion.

• ‘n Rus uit Moskou is ons eregas.

Die eerste Omgeemark in Centurion het Saterdag 23 Maart by die Plaashuis in Centurion plaasgevind.

Van die sangers en musikante van ATKV Centurion Musiekforum het heeldag vir die sang en musiek gesorg.

Die Omgeemark is ‘n gesamentlike projek van die Plaashuis en ATKV Centurion.
Mense wie se enigste bron van inkomste kom uit die produkte, eetgoed en handewerk wat hulle self maak, word genooi om dit daar te kom verkoop.

Die Omgeemark gaan voortaan een Saterdag per maand aangebied word asook ons “Klets en koffie-uur” wat een Sondagmiddag per maand gaan plaasvind. Interessante onderwerpe gaan op informele wyse oor ‘n koppie koffie bespreek word. Besoek ons webwerf waar al die datums in die toekoms bekendgemaak sal word.

Vlad Kruchinsky ‘n doktorale student van Moskou in Rusland, was ons eregas . Hy het die Afrikaanse sang en musiek en die tipiese Afrikaanse tradisionele geregte soos onder andere “pap en kaiings” baie geniet.
Hy was baie verbaas om te sien en te hoor dat een van ons musikante Gert Coetzee, ‘n saag wat sy pa in 1945 by ‘n Hardewarewinkel in Pretoria-Noord gekoop het, met grasie bespeel.
Almal vir wie hy gegroet het en met wie hy daar gesels het, was weer baie verbaas om te hoor dat hy Afrikaans praat.

Vlad se navorsing vir sy doktorsgraad handel oor die Afrikaner van Toeka tot Nou. Dit sluit die Afrikaanse taal, kultuur en leefwyse, verhoudinge met ander taal- en kultuurgroepe, godsdiens asook sienswyses oor nasionale en internasionale sake in.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Vlad Kruchinsky (Moskou, Rusland), Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion), Marie (mandolien) en Johan Laurens (kitaar). Agter vlnr.: Herman Steyn (mondfluitjie en kitaar), Willie Jooste (konsertina), Gert Coetzee (saag), Venetia Klopper (sanger). Heelagter: Sangers Ricardo Muller, Juan Marais, en Luzanne van Jaarsveld.

Op die foto verskyn voor vlnr.: Vlad Kruchinsky (Moskou, Rusland), Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion), Marie (mandolien) en Johan Laurens (kitaar).
Agter vlnr.: Herman Steyn (mondfluitjie en kitaar), Willie Jooste (konsertina), Gert Coetzee (saag), Venetia Klopper (sanger).
Heelagter: Sangers Ricardo Muller, Juan Marais, en Luzanne van Jaarsveld.

Ons landwye Seniors 55 Talentkompetisie 2013

Thursday, March 21st, 2013

Landwye Seniors 55 Talentkompetisie 2013.

• Enige persoon 55 jaar en ouer wat nog nie ‘n Cd by enige winkelrak laat verkoop nie, mag deelneem.
• Van ons land se bekendste en suksesvolste sangers, musikante en storievertellers is die beoordelaars – meeste van hulle is self ook Senior Burgers bo 55. Die meeste van hulle het reeds aangedui dat hulle die Mediabekendstelling Woensdag 27 Maart om 10:00 by die ATKV Hoofkantoor in Randburg gaan bywoon.

Doel met die Kompetisie:
• Ons wil met die landwye kompetisie, talent onder ons senior burgers (55jr. en ouer) identifiseer.
• Ons wil aan die talentvolles blootstelling gee en optreegeleenthede saam met ATKV Centurion Musiekforum vir hulle skep.
• Ons neem die bestes in elke kategorie op in ons volgende gratis Omgee-Cd2 “Ons eer ons Senior Burgers”
• Die Cd word gratis aan Ouetehuise en Aftreeoorde beskikbaar gestel sodat inwoners in die sentrale sitkamer daarna kan gaan luister.

Deelnamekategorieё:
• Sing enige Afrikaanse liedjie.
• Sing enige Afrikaanse christenliedjie.
• Speel enige Afrikaanse musieknommertjie met enige musiekinstrument. (solo, duet of trio)
• Vertel ‘n Afrikaanse humorstorie wat drie minute duur.

Wenpryse:
• 2-nagte Midweekverblyf by ‘n ATKV-oord.
• Boekpryse van LAPA Uitgewers.
• ‘n Kopie van “Ons eer ons Senior Burgers” Cd1 en Cd2.
• ‘n Kopie van Trevor Nasser se Cd “Klassieke Keur”

Inskrywings:
• Liedjies, die musiekinstrumentspel en die storievertelling kan op ‘n Cd opgeneem en ingestuur word.
• Oudisies kan plaasvind soos waar nodig.
• Stuur ‘n SMS na 082 925 1488 om jou Inskrywingsvorm te bekom. Dui duidelik aan waarheen ons dit moet faks, pos of epos.
• Die Cd en die inskrywingsvorm kan na ATKV Centurion Posbus 8773 Pretoria 0001 gestuur word.

Paneel van Beoordelaars:
• Sang: Francois van Heyningen, Gert van Tonder, Jan de Wet, Lance James, Lucille Ackerman, Manuel Escorcio, Min Shaw, Pieter van der Westhuizen, Sonja Herholdt, Rina Hugo, Wanda de Kock-Bam
• Musiek: Johan van Rensburg, Lieb Bester, Martin Lane, Nico van Rensburg, Pieter van der Westhuizen, Theo Erasmus, Trevor Nasser, Riaan Cruywagen.
• Storievertel: Elias Nel, Jammies Jamneck, Ollie Viljoen.

Pryswennerskonsert:
• Die Pryswennerskonsert sal einde Junie in Pretoria plaasvind.

Sluitingsdatum: 31 Mei 2013

Veertig van die leiers by H/s Waterkloof vir uitmuntende leierskap beloon

Thursday, March 14th, 2013

Veertig van die Leiers by Hoёrskool Waterkloof vir uitmuntende leierskap beloon.

Veertig van die Leiers van Hoёrskool Waterkloof het uitstekend presteer by die Skool se Instituut vir Leierskap en is Woensdag 13 Maart tydens ‘n glansfunksie by die skool beloon.
Na ‘n musiekuitvoering deur die skool se konsertorkes o.l.v. mnr. Danie Smith, het mnr. Wouter van Deventer as gasspreker opgetree.
Hy het onder andere die noodsaaklikheid van christenleierskap beklemtoon en op die voorlewing van christelike norme en waardes deur die leier gewys.

Die leierskapkursus bestaan uit verskeie teoretiese en praktiese aspekte van leierskap. Evaluering vind deurentyd plaas en punte word aan elke deelnemer toegeken vir die onderskeie aktiwiteite soos onder andere groepwerk, noodhulp en oorlewing.

Vier-en-dertig van hulle het ‘n Kleuresertifikaat vir Leierskap van die Skool ontvang asook ‘n Silwerpenning vir Leierskap van ATKV Centurion se Jeugleiersforum.

Ses leiers was toppresteerders in al die aktiwiteite sowel as die oorlewingskursus. Hulle is deur die Skool met Erekleure vir Leierskap bekroon en het ‘n Goue Penning vir Leierskap van ATKV Centurion se Leierskapforum ontvang.

Op die foto verskyn die skool se ses Toppresteerders in Leierskap saam met die skoolhoof en gaste.

Voor vlnr. Michelle Benson, Sonja Roos, Renѐ Kirsten, Nicole de Jager en Leana Labuschagne, Sakkie Kotze (Voorsitter van ATKV Centurion en O/voorsitter van die Direksie van die Leierskapinstituut.) Agter: Mnr. Burger Lindeque (Adjunkhoof en Voog van die Leierskapinstituut) , mnr. Daan Potgieter (Hoof), Tom Sephton, mnr. Wouter van Deventer (Voorsitter van die Direksie en BD van Camp Discovery)

Voor vlnr. Michelle Benson, Sonja Roos, Renѐ Kirsten, Nicole de Jager en Leana Labuschagne, Sakkie Kotze (Voorsitter van ATKV Centurion en O/voorsitter van die Direksie van die Leierskapinstituut.)
Agter: Mnr. Burger Lindeque (Adjunkhoof en Voog van die Leierskapinstituut) , mnr. Daan Potgieter (Hoof), Tom Sephton, mnr. Wouter van Deventer (Voorsitter van die Direksie en BD van Camp Discovery)