Archive for January, 2013

Plaaswerkers en hul gesinne in suksesverhouding met boere. ATKV Centurion ondersteun hulle.

Saturday, January 26th, 2013

ATKV Centurion se vennootskap met 17 plaasboere, plaaswerkers en hul gesinne in Ceres en Koue Bokkeveld verstewig nog meer.

 

  • Ons het verlede jaar 60 van die plaaskinders wat nog nooit op ’n trein geslaap het nie en nog nooit in Gauteng was nie, in Pretoria ontvang. Die groep is deur Allen Nicholas, ’n voltydse Berader en Christenwerker wat deur die boere aangestel en betaal word, vergesel. Een van sy take is ook om die plaaskinders t.o.v. drank, dwelms en bendeaktiwiteite te rehabiliteer.
  • Ons het hulle trakteer en onthaal, slaapplek voorsien en bekende plekke soos die Uniegebou, Vryheidspark, Krugerhuis en Voortrekkermonument gaan wys. Hulle wou ook Loftus toe gaan – toe stel ons hulle aan die Blou Bulle voor tydens hul spanoefening.
  • Ons het ATKV-direksielid prof. Edna van Harte van Stellenbosch versoek om namens ons ’n besoek te bring en aan hul groetewense te stuur. Sy het met baie aangename herinneringe van die kwaliteitsamewerking en -verhoudinge daar tussen werkgewer en werknemer, aan ons verslag gedoen en gemeld dat sy ook sterk onder die besef gekom het dat daar ’n baie sterk vennootskapsband tussen hulle en ATKV Centurion bestaan.
  • Sakkie Kotze het die groep ook verlede jaar in Ceres besoek om die Jaarkalenders te oorhandig. Ons het aan al die eenhonderd gesinne ’n Jaarkalender 2013 met al die datums van die voltydse Berader se besoekpunte, eredienste en jeugwerk daarop, geskenk.
  • Wilhelm de Kock, sameroeper van die Plaaseienaarsforum het die inisiatief geneem en drie kore onder die plaaswerkers en hul gesinne gestig nl. ’n gemengde koor, mannekoor en jeugkoor. Die Gemengde koor is verlede jaar tydens die Rapport/ATKV Koorkompetisie by die Suidoosterfees as beste Plaaskoor aangewys.
  • Nie een van die 100 Plaaswerkers van hierdie 17 boere neem tans aan die staking deel nie.
  • ATKV Centurion gaan die jeugtoer volgende jaar na Namibiё ondersteun en lede van ons Jeugleiersforum gaan ook die toer meemaak.

 

Foto 1 en 2 is geneem toe ons hulle in Pretoria ontvang het. Foto 3 is op een van die plase geneem toe van hulle hul Jaarkalenders ontvang het. Foto 4 toon die trotse Mannekoor wat as beste Plaaskoor in die Rapport/ATKV Koorkompetisie vir 2012 aangewys is.

20130126_01

 

20130126_02

 

20130126_03

 

20130126_04

 

Op die foto vlnr.
Pastoor Nicholas en mev. Dawn Allison, mnr Wilhelm de Kock (voorsitter van die Plaasforum), prof. Edna van Harte (lid van die ATKV Direksie en dr. Raymond van Diemel wat albei die groep namens ATKV Centurion besoek het)

20130126_05

ATKV Centurion Sangers- en Musiekforum vier vanjaar sy 17e bestaansjaar

Sunday, January 20th, 2013

Die ATKV Centurion Sangers- en Musiekforum gaan steeds van krag tot krag.

Sangers, dansers en musikante met bewese talent word genooi om lid van die Forum te word. Hulle word nog steeds deur Sangskole, Opname-ateljees en  Cd/Platemaatskappye na die Forum verwys.

Verskeie sangers, dansers en musikante het die afgelope jare by die talle optreegeleenthede by onder andere skole, kerke, feeste en ATKV-oorde gebaat deurdat hul eie talent en musiekprofiel daar onder die kalklig gekom en verder bevorder is.

Leiding word ook deurentyd aan lede gegee oor onder andere verhoogoptrede, klerekeuse, mikrofoontegniek, liedjiekeuse vir elke geleentheid ens.

Ledewerwing, bekendstelling van die ATKV se vele nasionale taal- en kultuurprojekte, asook die sewe puik ATKV-vakansieoorde, vind deurentyd tydens optredes van die Forum plaas.

Van die vele hoogtepunte deur al die jare sluit onder andere in:

  • ‘n Konserttoer van dorp na dorp tot by ATKV Hartenbos met ‘n Afsluitingskonsert Oujaarsaand in die Amfiteater;
  • ‘n Program van tradisionele sang, -musiek en –danse by die Voortrekkermonument, tydens die ATKV Algemene Jaarvergadering by Buffelspoort en by die SAUK-verhoog tydens die KKNK;
  • Optrede tydens die SA Regering se Nasionale Erfenisdagvieringe by die Uniegebou;
  • Optrede by Soccer City in Johannesburg met ons unieke enigste Afrikaanse Sokkerliedjie ooit “Viva Bafana Viva” ter ondersteuning van ons Bafanaspan en Sokker SA as gasheer van die Wêreldbekertoernooi;
  • Optrede in die SAUK-ateljee in Johannesburg vanjaar met ons Springbokondersteuningsliedjie “Bokke Hakke” voordat die uitsending van die Wêreldbekerkwarteindwedstryd teen Australië begin het;
  • Ons unieke Cd “Ons eer ons Senior Burgers” met die wenliedjies van ons landwye liedjiekompetisie met “Oupa en Ouma” as tema, gepaste liedjies van o.a. Jurie Ferreira, Rudi Neitz, Lance James, Min Shaw en Gert van Tonder. Nadine sing die liedjie “Tiekie se Koffie” wat deur haar ouma geskryf en gekomponeer is. Die Cd bevat ook groeteboodskappe deur die wenners van ons landwye Opstelkompetisie met “Oupa en Ouma” as tema.

Op die foto verskyn ‘n paar van die Forumlede by die ATKV-oordebanier:
20130120
Vlnr.: Elize Vos en Beverley Weber (dansers), Chrismarchė (sanger), Charnė Kemp en Junior Mulder (dansers)

ATKV Centurion Musiekforum gaskunstenaars by verskeie funksies gedurende Desembervakansie 2012

Friday, January 4th, 2013

Van die beskikbare sanger-, danser- en musikantlede van ATKV Centurion se Musiekforum het die afgelope Desembervakansie by verskeie geleenthede onderskeidelik as gaskunstenaars opgetree:

  • ‘n Program van tradisionele Afrikaanse sang-, danse en musiek op Versoeningsdag by Vryheidspark;
  • Sang en musiek tydens die herdenking van die ingebruikneming van die verbindingspad tussen die Voortrekkermonument en Vryheidspark op Versoeningsdag na die Geloftediens by die grenshek;
  • ’n Kersfees Omgeeprogram met sang en musiek aan inwoners van Betlehem Oord;
  • ’n Oujaars Omgeeprogram met sang en musiek aan inwoners van Kuriakѐ Terapie Oord;
  • Sang en musiek tydens ’n funksie op 31 Desember waartydens ons namens die inwoners van Tshwane, dank en waardering betuig het teenoor die Nooddienste in Tshwane vir hul onbaatsugtige hulp en berading tydens ongelukke en misdaadtonele.

20130104_01

 

20130104_02

 

20130104_03

 

 

Baie dankie aan Nooddienste in Tshwane.

Wednesday, January 2nd, 2013

Die ATKV Centurion het Oujaarsaand namens die inwoners van Tshwane, dank en waardering teenoor die Nooddienste in Tshwane betuig.

Sakkie Kotze, ‘n gemeenskapsleier, onderwysleier en voorsitter van ATKV Centurion, het die verteenwoordigers van die onderskeie Nooddienste in Tshwane en hul personeel geloof vir die passie en toewyding waarmee hulle hul werk verrig.
“Die inwoners en die breё publiek is nie altyd bewus van die lewensbelangrike werk wat hulle daagliks verrig nie en die baie lewens wat hulle al by ongeluks- en misdaadtonele gered het nie.
‘n Mens besef dit eers as jy by ‘n ongeluks- of misdaadtoneel teenwoordig is waar ‘n familielid of ‘n vriend van jou ‘n slagoffer is.
Namens die inwoners van Tshwane bedank ons julle vir die onbaatsugtige werk wat julle in 2012 verrig het.”

Op die foto verskyn vlnr.: Sakkie Kotze, Walter en Theresa Stander (Trauma- en Krisisberaders van Kuriakѐ Sorgsentrum), Phillip van Bosch (Distriksbevelvoerder van Tshwane Brandweer), Christine Ndlazi (Superintendent van Tshwane Metropolisie), Nerina Fourie (Gemeenskapspolisiёringsforum), Lt. Kol. Nyakala Mokonyane (SAPD), en Braam Kruger (Operasionele Bestuurder van Emer-G-Med)
20130102

ATKV Centurion reik uit na inwoners van Kuriake Sorgsentrum. Ons Gee Om vir mense in Nood.

Tuesday, January 1st, 2013

OUJAARSAAND MAANDAG 31 DESEMBER 2012.

Ons trakteer dwelmverslaafdes en ander mense in Nood met eetgoed, terapeutiese aktiwiteite, sang en musiek by kerslig.

  • Ons laat hulle lanterns maak;
  • Elkeen kry ‘n glas as geskenk en verf self hul naam daarop;
  • Elkeen spreek hul wens en bede uit vir 2013 en plaas hul kaartjie in hul eie glas.

Ons heg al ons gaste wat op een of ander wyse in nood verkeer se wense en gebede aan lanterns en kerse.

Van die inwoners van oraloor in die land, se wense en bede sluit o.a. die volgende in:
“Om vir my vrou en kinders ’n goeie lewe te gee sonder sukkel”
“Ek wil ’n goeie seun vir my pa en ma wees.”
“Ek wens vir ’n lewe sonder dwelms”
“Ek vra die Here se hulp vir ’n nuwe begin, standvastigheid, doelwitstelling en versterking in geloof.”

Ons betuig namens die inwoners van Tshwane ook dank en waardering aan die Nooddienste in Tshwane vir hul onbaatsugtige omgeewerk aan die publiek gedurende die jaar.

20130101