Archive for November, 2012

Vorige sprekers tydens die W.A. Landman Gedenklesing saam met dr. Anke Brand, vanjaar se gasspreker.

Saturday, November 24th, 2012

Die ATKV Centurion se dertiende W.A. Gedenklesing is op 18 November deur ATKV Centurion in Centurion aangebied.
Dr. Anke Brand, voorsitter van ATKV Centurion Gespreksforum was vanjaar die gasspreker.
Die tema van haar Gedenklesing was Inligtingstegnologie en Etiek.

Op die foto verskyn sy saam met drie van die vorige gassprekers
20121124

Prof. Christina Landman, dr. Anke Brand, dr. Hermie Burgers, prof. Kas Landman, Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion en Lid van die Direksie van ATKV SA)

Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar 2012

Thursday, November 22nd, 2012

Die Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar is op 21 November tydens ‘n Toppresteerderfunksie van ATKV Centurion, in Centurion bekendgemaak.

ATKV Centurion nooi inwoners van Centurion elke jaar om iemand as Vrywillige Werker van die Jaar op die volgende terreine te nomineer:
Gemeenskapsbeveiliging
Welsynswerk
Kultuurwerk
Jeugwerk
Sport

Die volgende kriteria word konsekwent toegepas:
Nominante moet in Centurion woonagtig wees.
Vrywillige werk moet binne die grense van Centurion verrig word.
Die Vrywillige Werker ontvang GEEN betaling vir hierdie werk nie.

Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion het inwoners wat op een of ander wyse vrywillige werk in Centurion doen, bedank.

20121121_a
Op die foto verskyn die inwoners wie vanjaar as Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar aangewys is voor vlnr.: Theresa Stander (Welsynswerk), Johanna van Biljon (Kultuurwerk), Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion)
Agter: Walter Stander (Welsynswerk), Phillip de Kock (Jeugwerk), Krisjan Korf (Gemeenskapsbeveiliging).

ATKV Centurionsangers en –musikante saam met akteur Deon Coetzee by ATKV-Toppresteerderfunksie in Centurion

Wednesday, November 21st, 2012

Op die foto verskyn van die ATKV Centurionsangers en -musikante wat as gaskunstenaars opgetree het.

20121121
Vlnr.: Herman Steyn (sanger en kitaarspeler), Branvon du Toit (sanger), Deon Coetzee, Willie Jooste (trekklavier), Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion).

ATKV Centurion se dertiende W.A. Landman Gedenklesing fokus op Inlingtingstegnologie en Etiek

Sunday, November 18th, 2012

Die dertiende jaarlikse W.A. Landman Gedenklesing is vanjaar op 18 November deur ATKV Centurion in Centurion aangebied.
Dr. Anke Brand, voorsitter van ATKV Centurion Gespreksforum, was vanjaar die gasspreker.

Sy het vroeёr vanjaar ‘n Doktorsgraad in Teologie (Cum Laude) aan die St. Clements Universiteit in Switzerland behaal. Sy het navorsing oor alle vorme van verslawing (ook die Internet), voorkoming, moontlike nagevolge en die terapie daarvoor vanuit die toepassing van bepaalde norme en waardes gedoen.

Die tema van haar Gedenklesing was Inligtingstegnologie en Etiek.
Die referaat is binnekort op die webwerwe: www.tak.co.za en www.landmanwa.co.za beskikbaar. Navrae: 082 925 1488

Op die foto verskyn dr. Anke Brand saam met twee lede van ATKV Centurion Sangersforum Herman Steyn en Marlene Bezuidenhout wat as gaskunstenaars opgetree het.
20121118
Vlnr.: Herman Steyn, dr. Anke Brand, Marlene Bezuidenhout en Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion).

ATKV Centurion Musiekforumlede by Noot-vir-Noot opname

Thursday, November 8th, 2012

Van die ATKV Centurionsangers en –musikante het vroeёr die week ‘n Noot-vir-Noot opname by die SAUK in Johannesburg bygewoon.
Op die foto verskyn van hulle saam met Johan Stemmet die veteraanaanbieder.
20121107
Vlnr. : Johan Stemmet, Max van Heerden (sanger), Willie Jooste en Kobus Paulsen (albei musikante) en Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion)

ATKV Centurionsangers en -musikante voeg waarde toe tot die Dorpsfees in Centurion Sa. 3 Nov.

Sunday, November 4th, 2012

Die ATKV Centurionsangers en musikante wat beskikbaar was, het met hul optrede bygedra tot die skep van ‘n karnavalatmosfeer by die Dorpsfees wat op die terrein van Pierre van Ryneveld NG kerk aangebied is.

Die groot verskeidenheid kos- en kosmetiekstalletjies, huishou-, tuinmaak-, speel- en vermaakapparaat vir die kinders, het verseker dat daar saam met die voetejeukmusiek iets vir almal was om te geniet.


Op die foto verskyn van die sangers en musikante wat daar opgetree het vlnr.:
Max van Heerden, Heman Steyn, Leon Arnoud en Riekerd Muller.

ATKV-Centurion Musiekforumlede vol lof vir Rina Hugo en Dewald von Solms by die Kerskonsert in die Aula Vrydag 2 November.

Saturday, November 3rd, 2012

Die November Kerskonsert in die Aula was ‘n belewenis…!!!

Rina Hugo en Dewald von Solms het vir die eerste keer saam in duet gesing. Hulle het onder andere die bekende kerslied “Met Middernag”  asook  “Nuwe Jerusalem”  saamgesing.  Dewald  het ook onder  andere “Jesus bron van al my vreugde” van Bach  met passie en grasie vertolk terwyl Rina  ook  “Mary, did you know”, ‘n Engelse Kerslied gesing het.

Die koor van Hoёrskool Wonderboom  onder leiding van Albert Morland, het deurentyd saam met die sangers opgetree,  maar  die “Halleluja -koor” van Handel  baie gevoelvol  op  hul eie saam met die orkes vertolk.

Die orkes het gestaan onder leiding  van orrelis, Ockie Vermeulen (wat ook al die verwerkinga gedoen het) met Juan Oosthuizen(kitaar), Jacques Fourie(viool), Christi-Louise Swanepoel (kontrabas), asook  Noot-vir-Noot se Johan van Rensburg (elektroniese klavier) en Riaan van Rensburg (dromme).

Die vervaardigers,  Giep van Zyl en Ilse Schűrmann, het die puik Kersprogram saam met UP Kunste in die Aula aangebied.


Op die foto verskyn van die ATKV Centurion Sangersforumlede wat die Kerskonsert bygewoon het saam met Rina en Dewald.
V.l.n.r.: Max van Heerden, Ina Myburg, Rina Hugo, Dewald von Solms en Dor-Marie van Heerden.

Waardering vir Afrikaanse digters se bydraes tot die Anglo Boereoorlogmuseum in Bloemfontein

Thursday, November 1st, 2012

Graniettablette van die gedigte “Vergewe en Vergeet” deur Totius en “By die Monument”  deur N P van Wyk Louw versier die terrein om die Anglo Boereoorlogmuseum in Bloemfontein.  Die twee bekende digters se gedigte oor die Anglo-Boereoorlog verwoord die tragiese gebeure, die val en die opstaan van ons mense, op meesterlike wyse.


Op die foto staan Vicky Heynis en Sakkie Kotze van ATKV Centurion, weerskante van die graniettablet van Totius se gedig:” Vergewe en Vergeet”.
Vicky is Hoof van Versamelings by die Anglo Boereoorlogmuseum.

ATKV-groete en gelukwense aan die Kantgilde met hul Kloskantuitstalling in Bloemfontein.

Thursday, November 1st, 2012

Sakkie Kotze, lid van die Direksie van die ATKV en voorsitter van ATKV Centurion het die ATKV by die Kantgilde se Konvensie en Kloskantuitstalling in Bloemfontein verteenwoordig.

Wat is Kloskant ? ‘n Patroon word op ‘n spesiale kussing geplaas. Spelde word strategies op die patroon geplaas terwyl die gare met klossies om spelde geknoop word.

Hierdie unieke handewerk en kultuurskat is al in 1913 deur Emily Hobhouse in Suid-Afrika bekend gestel toe sy haar oor vrouens en kinders in die konsentrasiekampe kom ontferm het.


Op die foto demonstreer Erika Duxbury van Birchleigh en Louis Oosthuizen van Pretoria die kuns van kloskantwerk aan Beatrice en Sakkie Kotze.
Erika kloskant die rand vir ‘n paneel wat aan die Vrouemonument geskenk gaan word en Louis kloskant die rand vir ‘n tafeldoek. Hy is ook die voorsitter van die Witwatersrand Kantgilde.