Archive for September, 2012

ATKV Centurion fokus op Onderwys en Opvoeding d.m.v. verskeie temas.

Wednesday, September 26th, 2012

’n Baie interessante gesprek met ‘n baie deelnemende gehoor het Saterdagoggend 22 September by die Emmarentia Geldenhuys Sendingsentrum plaasgevind.

Enige belangstellende kon die byeenkoms bywoon. Skole, Kerke, ATKV-lede van Bela Bela, Modimolle en die omgewing asook naweekbesoekers aan ATKV-oord Klein Kariba is na die byeenkoms genooi.

Van die lede van ATKV Centurion Musiekforum het ‘n gepaste sang- en musiekprogram aangebied.

Dr. Anke Brand van die ATKV Centurion Gespreksforum het met ouers en hul kinders gesels oor: “Speel jy met jou toekoms…???”

Sy het vroeёr vanjaar ’n Doktorsgraad oor negatiewe invloede aan die St. Clements Universiteit in Switzerland behaal. (Met Lof)

Sy het met ouers en hul kinders asook grootouers, onderwysers, predikante en jeugwerkers wat daar was hieroor gesprek gevoer en die volgende aspekte aangeraak:

  • Waaraan word u kinders daagliks blootgestel as u nie by is nie.?
  • Hoe leer ons ons kinders om te onderskei tussen positiewe en negatiewe invloede op ons.?
  • Hoe weet ek wat ek daagliks sien en hoor is goed of sleg vir my.?
  • Hoe identifiseer ons die goeie boek, tydskrif, film, radio-, televisie-, rekenaarprogram en -speletjies.?
  • Positiewe en negatiewe gewoontevorming.
  • Ons daaglikse erfenis is nie alles mooi en positief nie…!!! Sy het na onlangse gebeure in die buiteland en hier te lande verwys waar mense a.g.v. negatiewe beinvloeding op hul gemoed, uiters onverantwoordelik opgetree het.


Op die foto verskyn voor v.l.n.r.: Dirk Klopper (Bestuurder Emmarentia Geldenhuys Sendingsentrum), Marie Laurens (mandolien), dr. Anke Brand, Gert Coetzee (saag), Sakkie Kotze (Voorsitter ATKV Centurion en ATKV Direksielid)
Agter: Johan Laurens (kitaar) en Herman Steyn (sanger, kitaar- en mondfluitjie)

ATKV Centurion se voorsitter gasspreker by die ATKV-personeel se Beraad oor die Volhoubaarheid van effektiewe Takfunksionering.

Friday, September 14th, 2012

Sakkie Kotze, voorsitter van die ATKV-tak Centurion en direksielid van die ATKV, is genooi om as gasspreker op te tree by die ATKV Afdeling: Takke se personeelvergadering verlede week by die ATKV Hoofkantoor in Randburg.

Hy het gepraat oor effektiewe takfunksionering en die uitdagings en kenmerke van suksestakke.

Die Centuriontak is sedert sy stigting meer as vyftien jaar gelede, dusvêr elke jaar as een van die suksesvolste takke aangewys.
Daar is tans 300 takke van die ATKV landwyd doenig met die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur op vele terreine.
Op die foto ontvang hy ’n geskenk van Petro Greeff, namens die personeel, vir sy bydrae tot die sukses van hul beraad.

ATKV Centurion Sangersforum gee erkenning aan Chris Coetzer Sangskool se 15e jaar van sukses.

Friday, September 14th, 2012

Chris Coetzer die bekende suksessanger en een van die Drie Tenore, voeg as jarelange lid van ATKV Centurion Sangersforum, ook nog steeds waarde toe tot die suksesbestaan van die Forum.

Chris bestuur al vir 15 jaar sy eie Sangskool met groot onderskeiding. Verskeie Sangskoolkonsessies met dieselfde unieke suksesresep het ook al onder sy naam ontstaan.

Hy self het ‘n kwaliteitsstem en nooi daarom deur al die jare, slegs sangers wat ’n kwaliteitstem het, om by sy sangskool onderrig en afronding te kry.

ATKV Centurion Sangersforum handhaaf deur al die jare ook dieselfde kriteria vir lidmaatskap met groot sukses. Die Forum nooi nog al die jare slegs sangers wat deur ‘n Sangskool en/of Cd-ateljee verwys word, om lid te word. Die Forum skep optree- en bekendstelgeleenthede vir sy sangers en musikante by o.a. skole, kerke, feeste, ATKV-oorde ens.

Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion, het by vanjaar se Sangskool Spogkonsert as gasspreker opgetree en dank, waardering en gelukwense teenoor Chris Coetzer betuig.
“Jou eie sangloopbaan en die puik werk wat jy doen as mentor vir jou sangstudente met wie jy weer vanaand kon spog, dra die stempel van kwaliteit,” het hy onder andere gesê.

Sakkie het verder verwys na die baie sangers wat tot die musiekbedryf toetree en self nie ‘n kwaliteitstem het en by ‘n sangskool opleiding gekry het nie.
“Daar behoort vir sangers en musikante ook ‘n graderingstelsel en ‘n stempel van kwaliteit ingestel te word”, het hy onder groot toejuiging van die groot gehoor gesê. (KS: kwaliteitstem en kwaliteitsanger, KL: kwaliteitliedjieskrywer, en KK: kwaliteitkomponis).
Op die foto verskyn Chris saam met Marlene en Carin, twee van sy oud-studente wat ook jarelange lede van ATKV Centurion Sangersforum is.

Vlnr.: Antoinette Venter (Bugle Produksies), Chris Coetzer, Marlene Bezuidenhout, Sakkie Kotze (ATKV Centurion en ATKV Direksielid) en Carin Meyer.

ATKV Centurionsangers ondersteun KANSA se deurnagprogram in Centurion ten bate van kankerbestryding in SA.

Sunday, September 2nd, 2012

Terwyl stappers aan die deurnagaflos op Denel se sportveld deelgeneem het, het verskeie sangers en musikante ‘n warm atmosfeer geskep ten spyte van die koue wat toegeslaan het.

Op die foto verskyn van die Centurionsangers wat daar opgetree het.

Voor staan Dormarie van Heerden.
Agter vlnr.: Max van Heerden, Zelmia Reis en Venetia Klopper.