Archive for July, 2012

Retha Botha en Beatrice Kotze

Sunday, July 29th, 2012

Die Centuriontak het die ATKV Nasionale toekennings aan Steve Hofmeyr en Hennie Smit inisieer.


Op die foto is twee van die takbestuurslede vlnr.: Retha Botha en Beatrice Kotze

daantjie, steve, hennie, martin, sakkie

Sunday, July 29th, 2012


Daantjie du Toit, Hennie Smit, Steve Hofmeyr en Sakkie Kotze staan hier by Martin Lane wat ook as gaskunstenaar tydens die funksie opgetree het.

ATKV Centurion Musiekforumlede tydens die ATKV toekennings aan Steve Hofmeyr en Hennie Smit 26 Julie by die Lemon Jackteater in Centurion

Sunday, July 29th, 2012


Op die foto vlnr.
Barbara en Willie Jooste (trekklavier), Angelique Allison (Sy het gedans op die maat van Hennie Smit se trefferliedjie “Swartland en Steve Hofmeyr se trefferliedjie  Pampoen”) Johan (kitaar) en Marie Laurens (mandolien) het ‘n musiekitem gelewer.

Nasionale ATKV-toekennings aan Steve Hofmeyr en Hennie Smit vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur d.m.v. verskeie kultuurgenres.

Thursday, July 26th, 2012
  • Steve Hofmeyr en Hennie Smit se vele talente is beide reeds as skolier en student raakgesien en ingespan by vele konserte, revues, studentetoere en optredes.
  • Albei het musiek en drama studeer en dit hul voltydse en lewenslange beroep gemaak.
  • Steve en Hennie het van die begin af tot nou toe hul passie en liefde vir die Afrikaanse taal en kultuur op vele wyses en d.m.v. verskeie kultuurgenres bevorder, uitgeleef en voorgeleef.
  • Hulle doen dit vandag nog as verhoogkunstenaars: as sanger, liriekskrywer, eie musiekbegeleiding met musiekinstrument, musiekkomposisies, akteur in toneelspel, films, TV-sepies en oor die radio.
  • Albei het vele sang-, musiek-, en toneelopnames die lig laat sien wat deur die publiek as Africana beskou en bewaar word.
  • Steve Hofmeyr en Hennie Smit het lewende legendes van hul tyd geword en elkeen het op hul eie unieke wyse, persoonlikheid en styl ikoonstatus verwerf.

 

HENNIE SMIT

Hennie se musiek- en verhoogtalent is al op skool en as student ingespan, selfs as sanger, pianis, konsertregisseur, vermaakkunstenaar en maestro tot vandag toe.
Hy het oor ‘n tydperk van bykans 50 jaar sy sang-, musiek-, akteur- en verhoogtalent met ander gedeel en vir baie jare dwarsoor Suid-Afrika getoer en opgetree.
Hennie het reeds as student sy eerste akteursrol in ‘n film losgeslaan en sedert 1967 al in 35 verskillende flieks opgetree soos o.a. “Pretoria, O Pretoria…!!!”, “Die Rebel” ens.
Sy verhoog- en akteurtalent is sedert die koms van televisie ook ingespan en het hy in baie of al die episodes van TV-sepies soos “Willem”, “Swart Kat”, “Nommer asseblief” en “Egoli” opgetree.
Hy het vir vele jare die vakansieprogramme by ATKV –oord Hartenbos aangebied.
Hennie het vele musiekopnames d.m.v. plate, kassette en Cd’s die lig laat sien soos o.a. “Sprokiesland”, “Hendrik die Hoenderhaan”, “Swart Kat”, sy Lofprysinge aan die Here soos “Woord en Lied”, “Prys die Lam” ens. Sy Cd “Uiteindelik Hennie Smit in konsert” is baie suksesvol. Een van sy talle vertolkings “Swartland” is ‘n groot suksestreffer. Hy is mos in Malmesbury gebore…!!!
Hy het as sanger en musikant ook al vere kere saam met ander bekende sangers soos o.a. Bles Bridges, Carike Keuzenkamp, Sonja Herholdt, Gert van Tonder (Groep 2) en Andre Schwartz opgetree.

STEVE HOFMEYR

Steve se vele verhoogtalente as sanger en akteur is ook reeds op skool en as student raakgesien en benut. Hy het ook as student drama bestudeer.
Hy het al 200 lirieke geskryf, self gekomponeer en 25 Cd’s die lig laat sien. In 2008 het hy alreeds meer as 2 miljoen verkoop. Sy “Waarmakertoer” dwarsoor Suid-Afrika in 2008 was ook ‘n groot sukses.
Sy duetoptrede en sangtoer saam met die Belgiese sangeres Dana Winner in Suid-Afrika en Belgiё was ‘n groot treffer. Hy het self ook al in Australiё, die Comores, Dubai, Egipte, Kanada, Kenia, Namibiё, New Zeeland, Seychelle, die VSA en Zimbabwe gaan optree en Afrikaanse sang en musiek wêreldwyd bevorder en uitgedra.
Sy akteurtalent op televisie, in films en op die verhoog getuig van meesterskap soos o.a. in “Agter elke Man” (140 episodes), “7e Laan” (30 episodes), “Kampus”, “Dis hoe dit is”, “Dis hoe dit was”, “Platteland”, “Lied van my Hart”, “Pretville” ens. ens.
Steve het ook as TV-programaanbieder, skrywer en digter bekendheid verwerf. Hy is akteur van ses boeke en het reeds ‘n digbundel “Valkuns” publiseer.
Sy webwerf word baie druk besoek en deur miljoene mense hier en oorsee gelees en met positiewe kommentaar beantwoord.


Op die foto oorhandig Sakkie Kotze, Nie-Uitvoerende Direkteur, die oorkondes namens ATKV SA aan Hennie Smit (links) en Steve Hofmeyr (regs).

ATKV Centurionsangers se groeteboodskap aan Anneli van Rooyen

Thursday, July 12th, 2012

Anneli van Rooyen  is gister met ‘n verrassingsbesoek begroet toe  ATKV Centurion Sangersforum aan haar ‘n groeteboodskap oorhandig het.

Anneli word volgende week in die hospitaal opgeneem vir ‘n opvolgoperasie.

Sy word in die groeteboodskap bedank vir haar vertolking van “Span jou seil in die Wind” – die wenliedjie in ATKV Centurion se landwye liriekkompetisie met oupa en ouma as tema.
Haar vertolking van die  liedjie is ook op die Sangersforum se Cd : “Ons eer ons Senior Burgers” ingesluit.
Die Cd is uniek en is nie in die handel beskikbaar nie. ‘n Kopie word aan al die ouetehuise landwyd geskenk as deel van ons Omgee- en Uitreikprojek. Inwoners kan dan in die gemeenskaplike sitkamer na die “goue oues” gaan luister.

Anneli het in 1979 die gesogte ATKV Crescendotitel gewen terwyl sy nog ‘n St.9-leerling by Hoёrskool Menlopark was. Dawie Weyers was toe die ATKV se Projekorganiseerder van o.a. Crescendo. Andre van Dyk is Anneli se klank- en beligtingsregisseur. Hy doen ook deur al die jare klank- en beligtingsregie by verskeie ATKV-aktiwiteite, ATKV-oorde ens.
Tydens die ATKV Centurionsangers en -musikante se vakansietoer ‘n paar jaar gelede, het hy die groot groep vergesel en elke aand op elke ander dorp die regie behartig. Die toer het toe Oujaarsaand in die Amfiteater by Hartenbos geёindig.

Die groeteboodskap lui soos volg:

Anneli van Rooyen,
Jy bly voortdurend in ons gebede en gedagtes.
Jou kwaliteitstem en jou puik sang weergalm nog volstoom oor die radiostasies,  in die huise en motors van duisende ondersteuners.
Ons dink met nostalgie aan ATKV Crescendo 1979 toe jy as St.9-leerling aan Hoёrskool Menlopark, die gesogte sangtitel bo baie volwasse en ervare sangers verower het.
Baie dankie dat jy “Span jou seil in die Wind”- die wenliedjie van ons landwye liriekkompetisie oor senior burgers, op hierdie Omgee Cd sing – die enigste unieke opname beskikbaar.
Ons Sangersforum wens jou voorspoed en volle herstel toe sodat jy weer na ons sangverhoё en opname-ateljees kan terugkeer.

Op die foto oorhandig Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion en Direksielid van die ATKV, aan haar die gemonteerde Cd met die groeteboodskap.

Op die foto vlnr. Dawie Weyers, Anneli van Rooyen, Sakkie Kotze en Andre van Dyk.

KV Centurion Jeugleiersforum ontvang Patmos Jeuggroep uit die Bokkeveld naby Ceres (Junie/Julie 2012)

Thursday, July 5th, 2012

ATKV Centurion Jeugleiersforum ontvang Patmos Jeuggroep uit die Bokkeveld naby Ceres (Junie/Julie 2012)

Die groep is met ‘n warm ontvangs in die warmer Pretoria met ‘n warm kombers as geskenk begroet en daarna met ‘n  warm aansitete by die Plaashuis in Centurion trakteer.


Op die foto oorhandig Armand Hofmeyr namens die Jeugleiersforum, en Sakkie Kotze namens ATKV Centurion, die eerste komberse aan twee van die jeugleiers, Jacoba Fritz en Ricardo Mankopan.

Die jeuggroep word deur past. Allen Nicholas, sy vrou Dawn, Grietjie en Jakob-Reitz van der Westhuizen en Ellen Ruiters vergesel.

Die groep is daarna op ‘n besigtigingstoer deur Pretoria geneem. Die Uniegebou, Vryheidspark en die Voortrekkermonument en SA Munt is onder andere besoek. Hulle het ook die Gautreinrit baie geniet en gevra dat hul ook Loftus wil besoek. Groot was die opgewondenheid toe hulle die Blou Bulle kon sien oefen. Die Blou Bulle het tot ondersteuners in die Koue Bokkeveld…!!!

Dit was die groep plaasjapies se eerste besoek aan Gauteng. Hul vervoer hierheen en terug is deur hul ouers se werkgewers, die wit plaasboere, moontlik gemaak.

 

Ons gee om…!!!

Van die jeuglede in gesellige luim tydens die warm aansitete.

Thursday, July 5th, 2012

ATKV Centurion ontvang Patmos Jeuggroep uit die Koue Bokkeveld in Ceres

Thursday, July 5th, 2012


Die Jeuggroep is vergesel deur  pastoor Allen Nicholas en sy vrou Dawn (heel regs op die foto), Grietjie en Jakob-Reitz vd Westhuizen (heel links) en Ellen Ruiters (sittende)

ATKV Centurion trakteer Patmosjeug uit Ceres in die Kaap met ‘n aansitete by die Plaashuis in Centurion

Thursday, July 5th, 2012

ATKV Centurion se Omgeeprojekte strek ver terug.

Sunday, July 1st, 2012

Ons ontvang Maandag 25 Junie 40 Plaasjapies van die Patmos Jeuggroep uit die Bokkeveld naby Ceres –  met ‘n Warm ontvangs.

  • Ons verwelkom hulle in ‘n Warmer Pretoria met ‘n Warm ontvangs, Warm aansitete, ‘n Warm kombers, ‘n geskenkpakkie en besoeke aan onder andere Vryheidspark, die Uniegebou, Voortrekkermonument, die Blou Bulle wat oefen op Loftus, ens.

Verskeie Omgeeprojekte is die afgelope tyd suksesvol afgehandel:

Ons reik uit, gee om, bemoedig, ondersteun, toon empatie en belangstelling, knoop geselsies aan met mense wat om een of ander rede in nood verkeer;

Ons gee Bybels, kos, klere, komberse, bied ‘n sang- en musiekprogram vir ons mense in nood.

  • Ons reik uit na inwoners van die Phyllis Robertson Tehuis vir liggaamlik- en verstandelikgestremdes;
  • Ons ondersteun jong meisies in die Armstrong Berning Traumasentrum;
  • Ons besoek en onderskraag psigiatriese jeugpasiёnte by Weskoppies en jeugpasiёnte in die kankersaal by Tshwane Distrikshospitaal (ou HF Verwoerd);
  • Ons gee Slimwordtassies aan kinders in ‘n plakkerskamp;
  • Ons skenk ‘n TV-stel aan die inwoners van Bethlehem Nedersetting;
  • Ons besoek inwoners in ‘n Xenofobiese Vlugtelingskamp noord van Pretoria;
  • Ons fokus tydens die Pretoriaskou op omgee- en welsynswerk en kry ’n Saal as geheel tot ons beskikking; Ons nooi vrywillige welsynswerkers om deel te neem;
  • Ons trakteer minderbevoorregte jeug soos BBP’s met ‘n treinrit op die eerste dag wat die Gautrein uit Pretoria vertrek;
  • Ons neem ‘n treinvol kinders en jongmense wat nog nooit by die see was nie, Durban toe vir ‘n onvergeetlike seevakansie.

Ons ondersteun bejaardes.

  • Ons bied gereeld sang- en musiekprogramme by verskeie Ouetehuise en Aftree-oorde aan;
  • Ons trakteer bejaardes met ‘n Kersmusiekprogram;
  • Ons skenk ‘n kopie van ons Omgee Cd “Ons eer ons Senior Burgers” aan Ouetehuise regoor Suid-Afrika.

Navrae:      Sakkie Kotze       082 925 1488
Voorsitter ATKV Centurion en ATKV Direksielid