Archive for May, 2012

ATKV Centurion se Omgeeprojek sluit sang en musiek aan bejaardes in.

Monday, May 21st, 2012

Sestig inwoners van Louis Trichardt Ouetehuis is deur die ATKV Centurion en Die Plaashuis met ‘n plaasete, sang en musiek onthaal en trakteer.

Die sangers en dansers se liedjies en musiek het in die gaste se smaak geval.


Op die foto sit Herman Steyn heelvoor met agter vlnr.: Ricardo, Branvon du Toit, Gert van Tonder, Lee-Anne Haywood, Anita vd Merwe en Louwrens Smit (dansers) en Gerald.

ATKV Centurionsangers, -dansers en -musikante en die Plaashuis onthaal en trakteer inwoners van Louis Trichardt Tehuis.

Monday, May 21st, 2012

Ons gaste is met ’n plaasete onthaal en met sang, musiek en danspassies uit vervloё dae vergas.

Gert van Tonder se liedjies soos o.a. “Sproetjies” en “Die padda wou gaan opsit” en danspassies soos die polka, setees en die boerewals het hul gedagtes ver teruggevoer.


’n Kopie van ons CD “Ons eer ons Senior Burgers” is aan een van die inwoners dr. Eben Burger (sittende voor saam met sy vrou Jeanette) oorhandig vir gebruik deur al die inwoners in die sitkamer van die Tehuis.

ATKV Centurion Sangersforum se geledere word verder versterk.

Thursday, May 10th, 2012

Vier dames met suiwer stem en bewese sangtalent is onlangs deur Chris Coetzer Sangskool na ons verwys vir oorweging as lede van ATKV Centurion Sangersforum.
Ons laat juis slegs sangers en musikante toe wat deur ’n sangskool of platemaatskappy na ons verwys is.

Chris Coetzer is self ook lid van ons Forum en het as enigste gaskunstenaar opgetree tydens ons verering van Christa Steyn en Jannie du Toit.

Die vier dames sing benewens ligte Afrikaanse luisterliedjies ook ligklassieke liedere.
Ons beplan tans ’n konsert met die vier dames en vier mans van “Romanz” in ‘n gesamentlike konsert.


Op die foto verskyn v.l.n.r.: Jessica Lunique, Susanne Labuschagne, Liezl Steyn en Carinda vd Berg

ATKV Centurionsangers en –musikante deel van Musiekfees ten bate van Huis Oase.

Sunday, May 6th, 2012

ATKV Centurion ondersteun Huis Oase as deel van hul Omgeeprojek.

Huis Oase bied huisvesting aan hoofsaaklik pensioenarisse.

Die “Oase” is in ‘n landelike omgewing in Gerhardsville aan die westekant van Erasmia in Centurion geleё.


Op die foto verskyn van die sangers en musikante wat daar opgetree het vlnr.:
Rickerd Muller, Eva-Marie Opperman (harpspeler), Mortimer van der Westhuizen en Branvon du Toit.

ATKV-vriende ondersteun Huis Oase

Sunday, May 6th, 2012

Verskeie jarelange ATKV-vriende (sangers en musikante) het die afgelope naweek Huis Oase ondersteun en aan die Musiekfees deelgeneem.

ATKV Centurion het Huis Oase al by verskeie geleenthede ondersteun. Sakkie Kotze en Fanie Vosloo verskyn hier saam met van die ATKV-vriende wat ten bate van Huis Oase opgetree het


Op die foto verskyn voor vlnr.: Trevor Nasser en Rina Hugo.
Agter vlnr.: Sakkie Kotze (ATKV Centurion), Paul Jordaan, Jammies Jamneck, Fanie Vosloo (Huis Oase) en Hennie Smit.

Fanie Smit van RSG deur ATKV vereer vir sy jarelange bevordering van die Uitvoerende Kunste.

Sunday, May 6th, 2012

Fanie Smit bied die program “Loof die Here” al vir 40 jaar elke Sondag na die agtuurnuus op RSG aan.

Die ATKV het hom die afgelope naweek, tydens ‘n Feeskonsert in die Z.K. Matthews Ouditorium by Unisa, voor ‘n waarderende gehoor vereer.

Fanie Smit is vereer vir sy jarelange samewerking met RSG in die verruiming van Afrikaanssprekendes se kennis en waardering van gewyde koorsang van Internasionale gehalte d.m.v. die radioprogram “Loof die Here”. Op hierdie wyse ondersteun hy die ATKV-visie wat ‘n suksesvolle Suid-Afrika uitbou d.m.v. onder andere die Uitvoerene Kunste.

Kore, sangers en musikante wat onder andere aan die suksesprogram deelgeneem het, sluit o.a. in:

Die Magaliesberg Kinderkoor, Pretoria Mannekoor, soprane Hannetjie van Zuydam en Corli Venter, Dewald von Solms (tenoor) en Daniёl Verster (bariton), Wim Viljoen (orrel) en Zanta Hofmeyr (viool). Die gehoor het ook geesdriftig  saam gesing tydens die uitvoering van “Besing die lof van Jesus saam” en “Jerusalem”.

Die Centuriontak van die ATKV het weer soos met vorige “Loof die Here”- konserte vir Fanie Smit, wat deesdae in die Kaap woon, ondersteun met logistieke reёlings, reklame, gedrukte programontwerp, programdruk ens.


Op die foto verskyn vlnr: Japie Gouws (Besturende Direkteur ATKV Groep), Fanie Smit en Sakkie Kotze (ATKV Centurion en ATKV Direksielid)

ATKV Centurionsangers komplimenteer Steve Hofmeyr met sy puik optrede in die hoofrol in “Lied van my Hart” by die Staatsteater in Pretoria.

Saturday, May 5th, 2012

Twee van die ATKV Centurionsangers, Mortimer van der Westhuizen en Branvon du Toit het ook die musiekproduksie “Lied van my Hart” by die Staatsteater in Pretoria bygewoon.

Hulle het na die vertoning vir Steve Hofmeyr gaan gelukwens met sy puik optrede.

Nadine, ook ‘’n lid van ons Sangersforum, vertolk saam met Steve die hoofrol in hierdie Musiekkomedie. Dit word nog tot 19 Mei in die Staatsteater aangebied. Kaartjies by Computicket.


Op die foto verskyn v.l.n.r.: Mortimer van der Westhuizen, Steve Hofmeyr en Branvon du Toit.