Archive for October, 2011

ATKV Centurion se optrede by die Aftree Ekspo fokus op bekendstelling van hul Cd aan Bejaardes, Ledewerwing, ATKV-oorde en ATKV-projekte.

Sunday, October 30th, 2011

Die bekendstelling van ATKV Centurion Sangers- en Musiekforum se Cd “Ons eer ons Senior Burgers” tydens die Aftree Ekspo (28 – 30 Okt.) by die Dome in Randburg was ‘n groot sukses.

Ons sangers en musikante het by twee verskillende verhoë opgetree, gesellige atmosfeer geskep en waarde tot die Aftree Ekspo toegevoeg.

 

Terselfdertyd is ledewerwing gedoen, bekendstelling van die ATKV se sewe puik vakansieoorde waar senior burgers kan afslag kry en die landwye taal- en kultuurprojekte.

 


Op die foto vertel Ryno Wepener van ATKV Eiland Spa vir Reinhard en Marita Kuhles van Pretoria, besoekers by ATKV Centurion se stalletjie, van die afslag wat bejaardes by ons oorde kan kry.

 

SA Seniors Fiksheidsvereniging by ATKV Centurion se Cd-bekendstelling “Ons eer ons Senior Burgers” tydens die Aftree Ekspo 28 – 30 Okt.

Sunday, October 30th, 2011

Die ATKV Centurion Sangers- en Musiekforum se Cd-bekendstelling by die Aftree Ekspo by die Dome in Randburg was ‘n groot sukses.

 

Lede van die SA Seniors Fiksheidsvereniging het ook bedags daar fiksheidsoefeninge op die maat van musiek gedoen.

Ons het hulle by ons stalletjie, uitgenooi om fiksheidsoefeninge op maat van die liedjies op ons CD te doen.

Wat ‘n aangename verrassing was dit nie om hul vinnige raakvatbewegings op maat van o.a. een van die musieknommers op ons Cd “Oom Nelie se Boerekonsertina” te aanskou nie.

 


Op die foto oorhandig Sakkie Kotze ‘n kopie van die Cd aan hul leier Iona Henning.

 

ATKV vereer Christa Steyn en Jannie du Toit in Centurion vir hul jarelange bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur deur hul kwaliteit sang, -musiek en -liriek.

Friday, October 28th, 2011

Verskeie bekende sangers, musikante, akteurs en musiekpromotors het die funksie as gaste van die ATKV bygewoon.

 

Die oorkondes is deur mnr. Japie Gouws, Groep Besturende Direkteur van die ATKV aan hulle oorhandig.

 

Chris Coetzer van die ATKV Centurion Sangersforum, en een van die bekende “Die Drie Tenore” het as gaskunstenaar opgetree.

 


Op die foto verskyn voor vlnr.: Anna Davel, Christa Steyn, Petru Wessels en Lydia Winchester.
Agter vlnr.: Carel Trichardt, Zelmia Reis, Jannie du Toit, Chris Coetzer en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion en ATKV Direksielid.)

 

ATKV Centurionsangers en –dansers gaskunstenaars by die Kultuurfees van die Ke-ditselana Kultuur- en Toerismesentrum in Vosloorus.

Thursday, October 13th, 2011

Musikante van al die kultuurgroepe in Suid-Afrika was by die Kultuurfees teenwoordig en het die publiek met hul kultuureie sang, musiek en danse vergas en hul tradisionele geregte opgedis.

Die ATKV Centurion Kultuurgroep het die Afrikaner daar verteenwoordig en die gehoor met Afrikaanse sang, musiek, en tradisionele danse trakteer. Die publiek het ook geleentheid gekry om ons tradisionele geregte soos o.a. bobotie en melktert te eet. Die toegangskaartjie tot die Kultuurfees  het ook as ‘n etekaartjie gedien waarmee enige persoon by enige kultuurgroep ‘n ete kon gaan koop.

Die oggendprogram is gewy aan eie tradisionele danskompetisies by elke kultuurgroep se eie verhoog en kuierstalletjie. Tydens die middagprogram het almal na die sentale hoofverhoog beweeg waar elke kultuurgroep ‘n optreegleuf gekry waar sangers in hul moedertaal opgetree het.

Die Kultuurfees is ‘n unieke uitreikgeleentheid na mekaar deur al die kultuurgroepe in ons land.


Op die foto verskyn van die ATKV Centurionsangers en –dansers wat daar opgetree het.
Vlnr.:  Max van Heerden, Elzaan Reynierse, Louis Buys en Annetjie Lombaard.

 

“Bokke Hakke”: ATKV Centurionsangers en -musikante saam met Bakkies Botha en Chester Williams in die SAUK TV-ateljee voor die Springbokke se Kwarteindwedstryd

Sunday, October 9th, 2011

Die ATKV Centurionsangers en –musikante is deur die SAUK TV genooi om hul Springbokondersteuningsliedjie “Bokke Hakke” Sondagoggend 9 Oktober in die ateljee te kom sing voordat die Springbokke se Kwarteindwedstryd teen Australië begin het.

Bakkies Botha en Chester Williams was deel van dieselfde voorprogram voordat daar na Nieu- Seeland oorgeskakel is vir die beeldsaai van die Springbokke se Kwarteindwedstryd teen Australië.


Op die foto verskyn:

Voor vlnr.:  Chester Williams, Elzaan Reynierse (sanger), Bakkies Botha en Tiro (sanger)

Agter:         Theo Erasmus (trekklavier), Jude Wilkenson (mondfluitjie), Paul Beukes (kitaar), Petronel Baard (sanger en klawerbord. Sy het ook die musiek en liriek geskryf), Herman van Vuuren (trommme), Max van Heerden (sanger)

Die Cd word nie verkoop nie, maar was deel van ons Ondersteuningsprojek aan die Springbokke in opvolging van verlede jaar se Ondersteuningsliedjie aan die Bafana tydens die Wêreldbekersokker.

ATKV Centurion se Cd “Ons eer ons Senior Burgers” tydens Aardklop by Potchefstroom Dienssentrum bekendgestel.

Thursday, October 6th, 2011

Die ATKV Centurion het met die oog op Seniorsweek in Suid-Afrika en Internasionale Dag van die Bejaarde, ‘n unieke Cd saamgestel ter ere van ons Senior Burgers in Suid-Afrika.

Die Cd is Maandag tydens Aardklop, by die Potchefstroom Dienssentrum onder blyke van groot belangstelling, genot en waardering deur die gehoor, almal Senior Burgers, bekendgestel.

Die Cd bestaan uit veteraan- en huidige Afrikaanse sangers wat ‘n liedjie oor “Oupas en Oumas” sing soos onder andere Jurie Ferreira, Lance James, Min Shaw, Gert van Tonder, Nadine ens.

Simeon Hamman sing namens die kinders ‘n liedjie vir oupas en oumas. (snit 3)

Twee wenliedjies van ons landwye liriekkompetisie oor dieselfde tema, is ook op die Cd. Die een wenliedjie is deur Vic Trollip, self ‘n Senior Burger geskryf en gekomponeer. Dit word deur Koos van der Merwe, Innes en Franna Benade gesing. (snit 1)

Die ander wenliedjie is deur Lynette van Huyssteen gekomponeer en geskryf en word deur Anneli van Rooyen gesing. (snit 19)

Die twee wenners van die ATKV se landwye Redenaarskompetisie lewer namens die Laerskool- en Hoërskooljeug onderskeidelik, ‘n groeteboodskap aan ons Senior Burgers. ( snitte 2 en 8 )

Die twee wenners van ons landwye Opstelkompetisie met dieselfde tema, word op die Cd  deur Marintha Labuschagne voorgelees. (snitte 4 en 15)

Dr. Koot Greyling, vorige voorsitter van Gryskrag, is ook genooi om ‘n groeteboodskap aan ons bejaardes te rig. (snit 22)

Veteraanmusikante Nico van Rensburg en sy pa Nelie speel die boerekonsertina (snit 16) en die Kalfiewals weergalm met saagspel deur oom Tjaart Coetzee en trekklavierspel deur Willie Jooste.

Die Cd word nie verkoop nie maar landwyd grastis aan Ouetehuise. Aftree-oorde en Dienssentrums beskikbaar gestel sodat al die inwoners en besoekers geleentheid kry om daarna te luister.


Op die foto oorhandig Ina Myburgh, een van die ATKV Centurionsangers, ‘n kopie van die Cd aan mev. Minette van der Westhuizen, Bestuurder van die Potchefstroom Dienssentrum.

ATKV Gelukwense aan Nadine met haar tiende Afrikaanse Cd “Eindeloos”

Saturday, October 1st, 2011

Nadine se tiende Cd “Eindeloos” is ook ‘n groot treffer. Sy het haar weer eens onderskei as een van ons land se topsangers en Afrikaanse liedjieskrywers.

 

Sy was verlede jaar met die Wêreldbekersokker in Suid-Afrika, medesanger in ATKV Centurion se unieke en eerste Afrikaanse Sokkerondersteuningsliedjie “Viva Bafana”. (kyk en luister daarna op ons webwerf. Klik op die skakels regs op die openingsbladsy.)

 

Tydens ATKV Centurion se onlangse Huldigingsprogram aan ons land se Senior Burgers en Cd-bekendstelling “Ons eer ons Senior Burgers” in die Centurionteater, was haar optrede met “Dankie liewe Ouma” en “Tiekie se Koffie” weer eens groot treffers. Haar ouma Heleen het die laaste liedjie geskryf en gekomponeer.

 

Nadine het reeds Internasionale roem verwerf met haar liedjie “This time I know its for real”  wat verlede jaar tydens ‘n Internasionale liedjiekompetisie in Italië as wenner aangewys is.

 

Sy het ook baie ondersteuners in Nederland en België.

 

‘n Duet saam met Gerhard Steyn “Rooi Roos – Tien van Harte”, is ook deel van die Cd. Ander nuutskeppinge van Nadine met haar eie musiek en liriek, soos “Ek soek na jou” en “Honderdduisend woorde” is verdere waardetoevoeging tot haar sukses Cd “Eindeloos”.

 


Op die foto wens Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion Sangersforum en ATKV Direksielid haar geluk met die Cd vrystelling wat Woensdag 28 September by Emporer’s Palace plaasgevind het.