Archive for December, 2010

“Ons gee Om” Kersaand vir swaarkrymense Donderdagaand 23 Desember 2010

Friday, December 24th, 2010

(In samewerking met SAPD Sektorpolisiëring en donateurs uit die Wesmootgemeenskap)

Ons het Donderdag 23 Desember tweehonderd mense uit drie verskillende Nedersettings in Pretoria soos BBP’s by ‘n Kersaand onthaal.
Vader Kersfees (Rouel Beukes as “Oupa” in die film “Liefling”) het per helikopter daar aangekom. Al ons gaste het toe ‘n kersgeskenk gekry.

Ballonne met kersgroete aan die publiek is in die lug losgelaat met ‘n versoek daarby:
Reik ook soos ons uit na iemand in jou omgewing wat in nood verkeer.
“Laat ons dan terwyl ons geleentheid het, aan ander goed doen.” Gal. 6:10

Ds. Wimpie Steyn het die Kersboodskap gebring. Daarna is Groeteboodskappe deur Kol. de Villiers (Bevelvoerder van SAPD Hercules), Thys Kotzé (‘n Gemeenskapsleier), en Sakkie Kotze (Voorsitter van ATKV Centurion en Nie-Uitvoerende Direkteur van die ATKV) aan ons gaste oorgedra.

Agt van ons ATKV Centurionsangers het toe buite ‘n Kerssangprogram by Kerslig aangebied. Rouel Beukes het die program met “Somerkersfees” en “Stille Nag” afgesluit.
Na die Vuurwerkskouspel, het almal gaan aansit vir ‘n Kersete uit die boonste rakke.
Daar is nog tot laat gekuier met Kersmusiek in die agtergrond.


Op die foto verskyn die Centurionsangers vlnr.:
Petro Liebenberg, Carike Schoeman, Suzanne Labuschagne, Japie du Plessis, Elindi van den Heever, Ina Labuschagne, Pauli van Niekerk en Max van Heerden.


Op die foto deel Rouel Beukes kersgeskenke aan die kinders uit.

Jo Roos, wêreldbekende Beeldhouer en Skilder is Donderdag 21 Desember by sy Kunsateljee naby De Wildt begrawe.

Wednesday, December 22nd, 2010

Die ATKV Centurion het vanaf 18 tot 24 Oktober vanjaar ‘n weeklange uitstalling van sy werke by die Voortrekkermonument aangebied.
Jo het ‘n paar dae voor dit siek geword en is in die Eugene Marais Hospitaal opgeneem vir waarneming.
Ons het toestemming gekry dat hy die Amptelike Opening op 18 Oktober kon bywoon waartydens hy ‘n ATKV-toekenning vir Kultuurbevordering ontvang het.
Toe ek hom na die funksie terugneem hospitaal toe, toe sê hy vir my: “Sakkie dit was die grootste dag in my lewe – dis die eerste keer dat ek erkenning kry vir kultuurbevordering d.m.v. my beeldhou- en skilderwerk.”

Jo is Dinsdagoggend 21 Desember in dieselfde hospitaal oorlede.

Hy is Donderdagmiddag 23 Desember by sy ateljee naby De Wildt begrawe.


Op die foto, wat by die begrafnis geneem is, verskyn vlnr. Willie en Driekie van Niekerk (mede-outeurs van ‘n biografie oor Jo Roos), Dingi sy gade en Sakkie Kotze (Nie-Uitvoerende Direkteur van die ATKV)
Agter hulle hang ‘n vergroting van die voorblad van die program tydens die Amptelike Opening van die Kunsuitstalling by die Voortrekkermonument.

ATKV Centurionsangers gee erkenning en gelukwense aan medelid Chris Coetzer en sy sangstudente wat presteer

Wednesday, December 8th, 2010

Een van die Centurionsangers en lid van die Drie Tenore, Chris Coetzer, het al puik prestasies met sy sangstudente behaal.

Sy Sangskool bestaan alreeds vyftien jaar en het in die tydperk puik talent opgelewer.

Sakkie Kotze, voorsitter van die ATKV Centurionsangers en Musiekforum het by ‘n spoggeleentheid van die Sangskool in Pretoria, as gasspreker opgetree. Hy is ook ‘n beoordelaar by die Rapport/Vonk Afrikaanse Musiektoekennings en lid van die ATKV Direksie.
Sakkie het Chris Coetzer geloof as een van ons skitterende suksessangers, wat sy talent met ander deel en sy eie optredes as een van die Drie Tenore afskaal, om jong sangers met kwaliteitstemme met mentorskap, opleiding en afronding vir die verhoog gereed te kry.
Chris is self jare lank al lid van die ATKV Centurionsangers en het ook al ‘n ATKV toekenning ontvang. Sy studente kry gereeld die geleentheid om by verskeie ATKV-geleenthede saam in die openbaar op te tree.

Benewens talle gereelde binnelandse optredes, het vyf van sy studente al saam met hom in Swede gaan opgtree nl. Charl Roux, Jaco Bresler, Ilana van Wyk, Monique Benadie en Anushka Smit.
Charl Roux, Ilana van Wyk, Jaco Bresler, Martin Schoerie, Beyers Collet, Liezel Steyn en Monique Benadie was al verskeie kere saam met hom in Namibië. Jaco Bresler en Martin Schoerie het weer saam met hom in Mosambiek gaan optree.

Chris Coetzer lei sy studente ook om in die gemeenskap waar hulle woon en werk, by liefdadidheidsprojekte betrokke te raak. So het Charl Roux, Jaco Bresler en Ilana van Wyk op 1 Desember ten bate van Jan Harm, ‘n 12-jarige met spierdistrofie opgetree sodat ‘n rolstoel vir hom aangekoop kan word.
Martin Schoerie en Jaco Bresler ondersteun weer gereeld aksies op Rayton vir kankerlyers en babas met hartprobleme.
Martin was ook al deel van ‘n Kankerbewusmakingsprojek op Postmasburg waar daar deurnag ten bate van kankerlyers gesing is en hulde aan kankerlyers op die dorp wat reeds gesterf het, gebring is.


Op die foto verskyn vlnr.:
Heelvoor sittende: Dàna Swanepoel
1e ry:     Bertus en Beyers Collet, Marius Schoombie , Armand Mienie, Jaco Bresler en Christo Botha
2e ry:     Charl Roux en Martin Schoerie
3e ry:     Marlene Briel, Liezell Steyn, Monique Benadie, Ilana van Wyk, Chris Coetzer, Susanne Labuschagne, Luzanne van Jaarsveld, René v.d. Walt, en Wilru Pienaar.
4e ry:     Stefan Visagie, Ruahne Goosen, Eithel Schulenburg en Janine v.d. Heever.