Archive for May, 2010

ATKV Centurionsangers trots op Bafana

Wednesday, May 19th, 2010

Die ATKV Centurionsangers het Cd- en DVD-kopieë van hul drie Bafana Ondersteuningsliedjies aan die Bafanaspan oorhandig.
Aldrie die liedjies (Afrikaans, Engels en Sesotho) is deur lede van die groep geskryf en spreek van trots op ons Bafanaspan, trots op ons SA Reëlingskomitee en trots op ons land Suid-Afrika as die Gasheerland.

Die unieke Afrikaanse Bafanaliedjie “Viva Bafana Viva” is ook op DVD beskikbaar. Die DVD bevat ook insetsels van sokkerspelers van Rosina Sedibane Sportskool, dowe sokkerspelers van Transoranje Skool vir Dowes wat die liedjie in gebaretaal tolk, en leerders van Hoërskool Wonderboom en Prinshofskool vir Blindes wat saamsing. Swaksiende leerders van Prinshof vertoon ook Bafanavaandels wat hulle vir die DVD-opname gemaak het.

Die Cd en DVD is nie te koop nie. Dit word slegs aan die media en skole beskikbaar gestel. Skole word uitgenooi om die liedjies van hul webwerf  af te laai en die leerders dit te laat sing en te geniet.

Bykans ‘n duisend Ballonne met groeteboodskappe aan Bafana word Dinsdag 8 Junie in Pretoria losgelaat as verdere ondersteuning aan ons Bafanaspan.


Op die foto oorhandig Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion, kopieë van hul Cd en DVD aan mnr. Dennis Mumble, Spanbestuurder van die Bafanaspan.

ATKV Centurionsangers en leerders van Prinshofskool vir Blindes sing Afrikaanse Bafanaliedjie met trots saam.

Friday, May 14th, 2010

Leerders van die Prinshofskool vir Blindes in Pretoria ondersteun Bafana Bafana…!!!
Nie net het hulle die Afrikaanse Bafanaliedje “Viva Bafana Viva” geesdriftig saamgesing nie, maar het van die swaksiende leerders vaandels gemaak om ook hul ondersteuning aan ons Bafanaspan te toon.

Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion het skole uitgenooi om die liedjies van die webwerf  af te laai en die leerders dit saam te laat sing en te geniet.


Op die foto in die middel sit ATKV Centurionsangers Tiaan Grundling en Andre Mostert weerskante van Prinshofskool se hoofsanger, Reinette Taljaard.
Swaksiende leerders by Prinshofskool vertoon die Bafanavaandels wat hulle op eie inisiatief vir die DVD-opname gemaak het.