Archive for February, 2010

Befaamde Kitaarvirtuoos met Vlytige “Vyfster”-vingers vereer met ‘n “Vyfster”-toekenning.

Tuesday, February 2nd, 2010

Die bekende kitaarvirtuoos Trevor Nasser, is die week in Centurion met ‘n ATKV-toekenning vereer vir die bevordering van Afrikaanse musiek oor ‘n tydperk van 25 jaar.

Hy het destyds al bekendheid verwerf toe sy vertolking van “Vyfster” as kenwysie in die eerste Afrikaanse aandsepie op SAUK TV gebruik is.
Sedertdien het sy vertolking van “Vyfster” al vier keer Platinumstatus verwerf.
Nog vier van sy Cd’s het al goudstatus verkry.

Die ATKV Centurion het die vrystelling en bekendstelling van sy 17e Cd “Blouberg se Strand” onder blyke van groot media- en ondersteunerbelangstelling in Centurion aangebied.


Op die foto oorhandig Sakkie Kotze die voorsitter, aan hom die oorkonde.

Hy het die waarderende gehoor met sy vertolking van bekende Afrikaanse luisterliedjies en ligklassieke melodieë soos onder andere “Pampoen”, “Jantjie”, “Seeman”, “Blouberg se Strand”, “Tiritumba”, “Finiculi Finicula” en laastens “Vyfster” betower.