Archive for November, 2009

Liriekskrywers nog meer bemagtig by ATKV Liedjieslypskool.

Saturday, November 28th, 2009

Die jaarlikse ATKV Crescendokreatief Liedjieskryfkompetisie het vanjaar weer puik lirieke opgelewer. Die tien beste liriekskrywers is genooi om die weeklange liedjieslypskool by ATKV Buffelspoort by te woon.

Die vier kategoriewenners van ATKV Centurion se tradisionele liedjieskryfkompetisie, waarin nuwe lirieke vir voorgeskrewe ou tradisionele Afrikaanse volksliedjies en christenliedjies geskryf moes word, het ook die slypskool bygewoon.


Op die foto is voor van ons land se bekendste liedjieskrywers wat as kursusdosente opgetree het vlnr. Wouter van de Venter, Lize Beekman, Christa Steyn en Stef Kruger.
Agter is vlnr. Johan Esterhuizen (ATKV Kursusorganiseerder) en van die kursusgangers, onder andere die talentvolle Cara Pistorius (Gr. 8 leerder van Hoërskool Menlopark), Christa Swanepoel (‘n tydskrifjoernalis), Tersia Welthagen (‘n onderwyser), Johan Swanepoel (‘n predikant), Martin Beyers (‘n besigheidsman) en Sakkie Kotze (ATKV Direksielid en voorsitter van die Centuriontak).

Navrae:    Johan Esterhuizen (011) 919-9000    Sakkie Kotze 082 925 1488

Centurion Vrywillige Werker van die Jaar 2009 aangewys.

Saturday, November 28th, 2009

Die ATKV Centurion het weer vanjaar die Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar namens die inwoners van Centurion aangewys.
‘n Baie belangrike voorvereiste is dat die persoon vrywillige diens, sonder betaling, op een of meer van die volgende terreine moet lewer: Gemeenskapsbeveiliging, jeugwerk, kultuurwerk, sport, en welsynswerk.
Inwoners van Centurion is weer eens genooi om inwoners wat kwalifiseer in een of meer van die kategorieë te nomineer.

Frans Esterhuyze is as Vrywillige Werker: Gemeenskapsbeveiliging vereer. Hy spandeer snags en oor naweke baie ure in samewerking met die SAPS en GPF om ons as inwoners se veiligheid te verseker. Hy kon nie die Toekenningsaand by die Ouditorium van die Lyttelton Biblioteek bywoon nie. Geen toekenning is vanjaar op Sportgebied gemaak nie.

Willem en Sarie Cronje is as Centurion Vrywillige Werkers: Kultuurbevordering vereer. Hulle woon al 35 jaar in Centurion en bevorder Afrikaanse Volksang en Volkspele al vir 55 jaar op plaaslike, nasionale, en internasionale vlak. Verskeie Centurioninwoners het ook al deur die jare Nederlandse-, Duitse-, en Belgies-Vlaandere Volksdansgroepe, wat as gaste van die Volksang- en Volkspelebeweging hier kom toer het, as gasheer ontvang en van verblyf voorsien.

Rykie Raap is as Centurion Vrywillige Werker: Jeugwerk vereer. Sy het ‘n passie vir die jeug. Sy woon al 21 jaar in Centurion en is sedertdien nog steeds met jeugwerk onder laerskool-, hoërskool- en naskoolse jeug besig. Sy was voorheen by Fleur-, Louis Leipoldt-. Polsslag en tans Rooihuiskraal Voortrekkerkommando verbonde.

Jaap Gerenger is as Centurion Vrywillige Werker: Welsyn aangewys. Hy is saam met ds. Steph Combrinck ook al vir 21 jaar verbonde aan die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) en die CAD (Christelike Afhanklikheidsdiens) waar hy hulp, ondersteuning, leiding en terapie aan mense wat maatskaplike nood en persoonlike bestaanskrisisse ervaar. Vele mense wat aan alkohol en dwelms verslaaf is, skakel elke Maandag by hulle in vir hulp en begeleiding.


Op die foto verskyn voor vlnr.: Willem en Sarie Cronje, Rykie Raap.
Agter vlnr.: Jaap Gerenger en Sakkie Kotze (ATKV Direksielid en Voorsitter van Centuriontak)

Uitreikaksie in Pretoria-Wes met volkshumor op sy allerbeste.

Sunday, November 22nd, 2009

ATKV Centurion se uitreikaksie in Pretoria-Wes, in samewerking met die Grafsteensangers, het ten doel om ons mense in hierdie spanningsvolle tye weer vir ‘n slag te laat ontspan deur lekker uit die maag te lag – en het hulle nie lekker onbedaard gelag nie…!!!
Dit was opmerklik hoeveel jongmense ook die humoraand by die NG-gemeente Danville bygewoon het.
Die Grafsteensangers is ook onlangs in Centurion met ‘n Afrikoontoekenning van die ATKV vir volkshumor vereer.

Op die foto verskyn van die jongmense en ‘n ouma wat ook die humoraand bygewoon het, saam met van die Grafsteensangers.

Voor vlnr. “Die weduwee se suster”, “die weduwee” en ‘n bejaarde toeskouer tant Lenie Weideman met haar kleinseun Pieter agter haar.
Agter:  Van die baie jongmense wat daar was vlnr. Elizna Hofmeyer, David van Staden, Hendrik Badenhorst, Nadia du Raan, “die stoute Kougomkouende Kleinneef met sy padda”, en Pieter Pretorius.

ATKV Saamtrek in Pretoria lok baie belangstellendes.

Sunday, November 15th, 2009

‘n Saamtrek van ATKV-lede en belangstellendes in Gauteng het die afgelope naweek by Silver Lakes in Pretoria plaasgevind.
Soortgelyke byeenkomste het ook reeds onder blyke van groot belangstelling in Kaapstad, Port Elizabeth en Bloemfontein plaasgevind.

Mnr. Japie Gouws, Besturende Direkteur van die ATKV Groep het by die geleentheid die ATKV se verskeidenheid aktiwiteite bekendgestel en onder andere aangekondig dat Aftreebehuising by die ATKV-oord Klein Kariba in die vooruitsig gestel word. Drie lede van die Direksie van die ATKV nl. Johan Kruger, Michiel Jacobs en Sakkie Kotze was ook teenwoordig.

Reyno Wepener het die baie aanwesiges lus gemaak om die nuutste van die sewe ATKV-oorde, Eiland Spa, naby die Krugerwildtuin te gaan besoek.
Marietha Snyman Besturende Direkteur van LAPA Uitgewers het weer gespog met die ATKV se groot verskeidenheid puik Afrikaanse boeke wat so in aanvraag is deur lede en die publiek.
Evelyn Ferreira het belangstellendes uitgenooi om by ‘n tak in hul omgewing in te skakel en so deel te verkry in die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur op plaaslike vlak.

Die jeug was ook verteenwoordig met Gunther Muller, voorsitter van ATKV Centurion se Jeugleiersforum wat die opening waargeneem het en as seremoniemeester opgetree het. Die twee jong musikante van Eclips het weer die gehoor se voete laat jeuk met hul opgewekte vioolmusiek.


Op die foto verskyn vlnr. Johan Kruger, Michiel Jacobs, Japie Gouws, Marietha Snyman en Sakkie Kotze.

Wenners van ATKV Centurion se landwye Afrikaanse Liedjieskryfkompetisie.

Saturday, November 14th, 2009

Baie dankie aan al die deelnemers aan ons landwye Afrikaanse liedjieskryfkompetisie wat vanjaar op ou tradisionele melodieë gefokus het.
Baie geluk aan al ons kategoriewenners. Hulle woon almal einde van November ‘n gratis weeklange liedjieskryfkursus by Buffelspoort, een van ons ATKV-oorde by.
Kategorie 1: Skryf nuwe lirieke vir twee ou tradisionele Afrikaanse liedjies ”Ver in die wêreld Kittie” en ”Daar kom die wa”.
Wenner: Christa Swanepoel van Johannesburg

Kategorie 2: Skryf ‘n nuwe liriek vir ‘n ou tradisionele Christenloofliedjie ”Daar’s ‘n dier’bre ou kruis.”
Wenner: Johan Swanepoel van Napier in die Weskaap

Kategorie 3: Skryf ‘n nuwe liriek vir die melodie ”Laat my los” op Valiant Swart en Ollie Viljoen se boeremusiek Cd ”Vuur en Vlam”.
Wenner: Tersia Welthagen van Pretoria

Kategorie 4: Komponeer ‘n nuwe boeremusiekmelodie met ‘n eie unieke liriek.
Wenner: Fanie Naude van Pretoria

Wenner van ons ”liriek vir ‘n nuwe Afrikaanse Sokkerliedjie”: Thea de Kock van Roodepoort (lid van ATKV Centurion se Sangers- en Musiekforum.)

Die skrywer Bep du Toit ontvang ‘n ATKV-toekenning vir Afrikaanse Taal en Kultuurbevordering.

Monday, November 2nd, 2009

Bep is in Nederland gebore en verhuis in 1954 saam met haar ouers na Suid-Afrika waar sy matrikuleer en ‘n diploma in Kleuteropvoeding aan UP en ‘n BA-graad aan Unisa behaal.
Sy het as skrywer oor ‘n tydperk van 30 jaar o.a. 14 kortverhale geskryf wat in die Brandwag, Huisgenoot, Sarie en die ATKV-tydskrif Die Taalgenoot gepubliseer is. Agt van die verhale is later ook in ‘n grootdrukbundel uitgegee.
Sy het ook ‘n Kleuterboek “Die geheim van die posbus” ‘n Jeugverhaal ” ‘n Lang pad huistoe” (HAUM) en ‘n biografiese roman oor “Die verhaal van Johanna Brand” (Protea) die lig laat sien. ‘n Artikel “Die eintlike Kappiekommando” oor Johanna Brand, het reeds in 1986 in De Kat verskyn.
21 romans is die afgelope 12 jaar deur haar geskryf en deur LAPA uitgegee.
Twee romans in haar nuwe reeks “Romanza” het pas by LAPA verskyn nl. “Ridder op ‘n vosperd” en “Kinkels van die hart”
Bep is lid van die redaksie van die Christelike vrou in die Hervormde Kerk se kerkblad Konteks.

Op die foto ontvang sy die oorkonde van Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Juffrou Ester en ‘n graadeentjie van 30 jaar gelede weer saam.

Monday, November 2nd, 2009

Ester Steyn was vir baie jare ‘n Gr. 1-onderwyser. Sy het later ook as ma en ouma haar ervarings met ouers en onderwysers gedeel d.m.v. seminare, multinedia en haar jongste boek ”Kinderkrag – gee jou kind vlerke”.
Sy is onlangs deur die ATKV Centurion met ‘n toekenning vereer.

Op die foto vlnr. Sakkie Kotze (ATKV Centurion) Ester Steyn en dr. Danie Langner van Helpende Hand. Hy was 30 jaar gelede in haar Gr. 1-klas by L/s Doringkloof).

Skoliere uit verskeie provinsies presteer in ATKV Centurion en NG Lynnwoodrif se landwye Afrikaanse Skryfkompetisie

Monday, November 2nd, 2009

Drie Kapenaars presteer: Celeste de Vries van die Hoërskool Hopefield in Langebaan is as wenner in die Prosa vir Hoërskole aangewys. Carla Shawe van Edgemead High School ook in die Weskaap het in die kategorie nie-moedertaal met die louere weggestap.
In die kategorie Poësie vir Hoërskole nie-moedertaal is Lusanda Manyose van Masibambane Secondary School in Kraaifontein as wenner aangewys. In die kategorie Prosa vir Laerskole nie-moedertaal is Celeste Jobling van Kokstad Juniorskool in KZNatal die algehele wenner.

Op die foto is van die ander wenners wat by die Pryswennerskonsert op 2 November in Pretoria was.
Vlnr.: Anica Janse van Vuuren (L/s Louis Leipoldt, wenner Laerskole Prosa), Lydia van Nieuwenhuizen (H/s Uitsig, wenner Hoërskole Poësie), Dewald Groenewald (Hoër Volkskool Heidelberg, naaswenner Hoërskole Prosa), Darius Scheepers (L/s Garsfontein wenner Laerskole Poësie) Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Wenners van oraloor in landwye Afrikaanse Skryfkompetisie

Monday, November 2nd, 2009

Die Afrikaanse Skryfkompetisie van ATKV Centurion en NG Lynnwoodrif het landwyd inskrywings gekry en landwyd prestasies opgelewer.
‘n 69-jarige dame van Van Rhynsdorp in die Weskaap is as wenner in die kategorie Prosa vir volwassenes aangewys met haar prosa ” ‘n Sonstorie. Izak Nel van Tygervallei is as naaswenner aangewys met sy prosa “Reëndans vir die siel”
Op die foto is twee van die landwye wenners wat op 2 November by die Pryswennerskonsert in Pretoria was.:
Ockie van Schalkwyk is as wenner id kategorie Poësie vir volwassenes aangewys met sy poësie “Lofsange in die Nag”.
Bernice Kruger is naaswenner met haar poësie “Fronsdoder”

Op die foto verskyn vlnr. dr. Ockie van Schalkwyk, Bernice Kruger en Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Uitslag van ATKV Centurion se landwye Lewensvreugde Afrikaanse Prosa- en Poësiekompetisie.

Monday, November 2nd, 2009

Ons nooi enige belangstellende na ons Pryswennerskonsert Maandag 2 November om 7nm. by die NG gemeente Lynnwoodrif.
Wenprosa en wenpoësie word voorgedra deur bekende stemkunstenaars Mariette Engelen, Elma Potgieter en Evert Snyman
Sang en musiek deur ATKV Centurionsangers Ina Myburg en Tiaan, Nylstroom Mannekoor en sopraan Yvonne Lombaard.

Prosa: (Volwassenes) Tema: Lewensvreugde (eie interpretasie)
Wenner:         Elna Nieuwoudt van Van Rhynsdorp Weskaap
Naaswenner: Izak Nel van Tygervallei Weskaap
3e plek:         Lijlanie Stander van Nieu Zeeland

Poësie: (Volwassenes) Tema: Lewensvreugde (eie interpretasie)
Wenner:         Ockie van Schalkwyk van Pretoria Gauteng
Naaswenner: Bernice Kruger van Pretoria Gauteng
3e plek:         Antoinette Venter van Astonbaai Ooskaap

Poësie: (Volwassenes) Tema: Lewensvreugde in die werkplek.
Wenner:         Johann Oelofse Nasionale Krugerwildtuin Skukuza Mphumalanga

Prosa: (Hoërskole) Tema: Ek is lief…
Wenner:         Celeste de Vries Gr. 11 Hoërskool Hopefield Langebaan Weskaap
Naaswenner: Dewald Groenewald Gr. 9 Hoër Volkskool Heidelberg Gauteng
3e plek:         Esmarie Fouche Gr. 9 Kokstad Kollege KZNatal
Wenner nie-moedertaal: Carla Shawe Gr. 12 Edgemead High School Weskaap

Poësie (Hoërskole) Tema: Ek is lief…
Wenner:         Lydia van Nieuwenhuizen Gr. 11 H/s Uitsig Centurion Gauteng
Naaswenner: Pierre Rocher Gr. 10 H/s Jim Fouche in Bloemfontein Vrystaat
3e plek:         Santie Rheeders Gr. 10 H/s Brits Noordwes
Wenner nie-moedertaal: Rochelle Sekhwela Gr. 9 St. George College Mopani Limpopo
Naaswenner nie-moedertaal: Lusanda Manyose Gr. 10 Masibambane Sec. School Kraaifontein Weskaap
3e plek nie-moedertaal: Risuna Hlungwani Gr. 11 St. George College Mopani Limpopo

Opstel: (Laerskole) Tema: Ek is bly…
Wenner:         Anica Janse van Vuuren Gr. 7 L/s Louis Leipoldt Centurion Gauteng
Naaswenner: Yolandi Wessels Gr. 5 Kokstad Juniorskool KZNatal
3e plek:         Zandri Jackson Gr. 6 Kokstad Juniorskool KZNatal
Wenner nie-moedertaal: Celeste Jobling Gr. 7 Kokstad Juniorskool KZNatal
Naaswenner nie-moedertaal: Mantwa Chauke Gr. 7 Sekutupu Primary School Groothoek Limpopo
3e plek nie-moedertaal: Praises Khosa Gr.6 St. George College Mopani Limpopo

Gedig: (Laerskole) Tema: Ek is bly…
Wenner:         Darius Scheepers Gr. 6 L/s Garsfontein in Pretoria Gauteng
Naaswenner: Linda van der Spuy Gr. 6 Kokstad Juniorskool KZNatal